Minister sê oor parool vir Janusz Walus

Die foto van Walus is in November 1997 geneem. Foto: AP Photo/Cobus Bodenstein, File

Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het vir die soveelste keer geweier dat Janusz Walus op parool vrygelaat word.

Walus het reeds 25 jaar van sy lewenslange tronkstraf in die Kgosi Mampuru-gevangenis uitgedien vir die moord op die SAKP-leier Chris Hani in April 1993.

Die minister het sy besluit Woensdag tydens ʼn mediakonferensie bekend gemaak. Hy het gelas dat die twee kenners wat voorheen sielkundige verslae oor Walus opgestel het hom dié keer gesamentlik assesseer en ʼn gesamentlike verslag opstel oor die risiko dat hy weer ʼn oortreding sal begaan en sy berou oor wat hy gedoen het. Hy soek binne ses maande die verslag waarna hy Walus se aansoek weer sal oorweeg.

Masutha het intussen gelas dat Walus individuele sielkundige behandeling ondergaan en dat spesifiek gefokus word op kwessies wat in die kenners se verslae uitgelig is. Die kenners het bevind dat Walus depressief kan raak, selfmoordgedagtes het en uitbarstings beleef.

Walus toon glo berou dat Hani se kinders en vrou nou nie meer ʼn pa of ʼn man het nie, maar volgens Masutha is bevind dat hy nie berou het oor die moord op Hani nie. Volgens Masutha was dit vir hom moeilik om tot ʼn besluit te kom en het hy om die rede besluit daar moet verdere oorweging in die verband wees.

Michael Masutha, minister van justisie (Foto: Chantall Presence/ANA)

Die hooggeregshof in Pretoria het in September gelas dat die minister sy besluit om Walus parool te weier moet heroorweeg.

Regter Selby Baqwa het Masutha se weiering om parool aan Walus toe te staan tersyde gestel. Die hof het Masutha 120 dae kans gegee om Walus se aansoek te heroorweeg. Walus sal kon insae gee, asook die SAKP en Hani se weduwee, Limpho.

Walus het aan die begin van Augustus vir die derde keer aansoek om parool gedoen. Deur sy regsverteenwoordiger het Walus gesê hy het al verskeie kere sy berou uitgespreek aan die Hani-familie en die samelewing. Hy het sewe jaar gelede ʼn positiewe aanbeveling ontvang van die paroolraad, maar sy parool is in 2013 ook deur die minister afgekeur.

Masutha het in November 2017 weer Walus se paroolaansoek afgekeur. Dit nadat die Pretoriase hooggeregshof beslis het Walus moet vrygelaat word. Masutha se aansoek om verlof tot appèl is aanvanklik afgekeur waarna hy die appèlhof direk genader het. Die appèlhof het die saak na Masutha terugverwys en gesê hy het 90 dae tyd om te besluit of Walus vrygelaat moet word of nie.

Baqwa is dieselfde regter wat in 2015 mediese parool toegestaan het aan Clive Derby-Lewis, wat Hani se moord saam met Walus beplan het. Die regter het in daardie stadium gesê hy glo die 79-jarige Derby-Lewis het berou getoon vir die moord. Hy is in November 2016 dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

38 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Die man moet vrygelaat word, hy sit reeds 25-jaar. Duidelik word teen hom gediskrimineer. As jy ‘n hond wil slaan sal jy ‘n stok vind. Is daar ander gevalle wie se parool ook so uitgerek word? Ek weet van gevalle wat vrygelaat is en weer dieselfde misdaad pleeg, hoekom hom uitsonder?

Joe Olivier

Kyk bietjie na die perskonferensie op youtube. Die minister sê sy hele toespraak uit sy kop . Elke keer dieselfde storie. Hy is gekaap deur die SAKP en die Hani familie.

Ella

Dis so belaglik.

Chris

Wys net hoe hatig hulle teenoor die witmense in die land is. Niks sal verander nie en die afgelope week se gebeure rol soos water van ‘n eend se rug, hulle voel ‘n veer.

Thinus Erasmus

Min. Masutha, net een vragie: het die ANC kollektief of enige van sy lede erken en om verskoning gevra vir die moorde en bomme deur die ANC op gewone mense gedurende die “vryheidstryd” met politieke doelwitte of nie?