Minister sê oor parool vir Janusz Walus

Die foto van Walus is in November 1997 geneem. Foto: AP Photo/Cobus Bodenstein, File

Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het vir die soveelste keer geweier dat Janusz Walus op parool vrygelaat word.

Walus het reeds 25 jaar van sy lewenslange tronkstraf in die Kgosi Mampuru-gevangenis uitgedien vir die moord op die SAKP-leier Chris Hani in April 1993.

Die minister het sy besluit Woensdag tydens ʼn mediakonferensie bekend gemaak. Hy het gelas dat die twee kenners wat voorheen sielkundige verslae oor Walus opgestel het hom dié keer gesamentlik assesseer en ʼn gesamentlike verslag opstel oor die risiko dat hy weer ʼn oortreding sal begaan en sy berou oor wat hy gedoen het. Hy soek binne ses maande die verslag waarna hy Walus se aansoek weer sal oorweeg.

Masutha het intussen gelas dat Walus individuele sielkundige behandeling ondergaan en dat spesifiek gefokus word op kwessies wat in die kenners se verslae uitgelig is. Die kenners het bevind dat Walus depressief kan raak, selfmoordgedagtes het en uitbarstings beleef.

Walus toon glo berou dat Hani se kinders en vrou nou nie meer ʼn pa of ʼn man het nie, maar volgens Masutha is bevind dat hy nie berou het oor die moord op Hani nie. Volgens Masutha was dit vir hom moeilik om tot ʼn besluit te kom en het hy om die rede besluit daar moet verdere oorweging in die verband wees.

Michael Masutha, minister van justisie (Foto: Chantall Presence/ANA)

Die hooggeregshof in Pretoria het in September gelas dat die minister sy besluit om Walus parool te weier moet heroorweeg.

Regter Selby Baqwa het Masutha se weiering om parool aan Walus toe te staan tersyde gestel. Die hof het Masutha 120 dae kans gegee om Walus se aansoek te heroorweeg. Walus sal kon insae gee, asook die SAKP en Hani se weduwee, Limpho.

Walus het aan die begin van Augustus vir die derde keer aansoek om parool gedoen. Deur sy regsverteenwoordiger het Walus gesê hy het al verskeie kere sy berou uitgespreek aan die Hani-familie en die samelewing. Hy het sewe jaar gelede ʼn positiewe aanbeveling ontvang van die paroolraad, maar sy parool is in 2013 ook deur die minister afgekeur.

Masutha het in November 2017 weer Walus se paroolaansoek afgekeur. Dit nadat die Pretoriase hooggeregshof beslis het Walus moet vrygelaat word. Masutha se aansoek om verlof tot appèl is aanvanklik afgekeur waarna hy die appèlhof direk genader het. Die appèlhof het die saak na Masutha terugverwys en gesê hy het 90 dae tyd om te besluit of Walus vrygelaat moet word of nie.

Baqwa is dieselfde regter wat in 2015 mediese parool toegestaan het aan Clive Derby-Lewis, wat Hani se moord saam met Walus beplan het. Die regter het in daardie stadium gesê hy glo die 79-jarige Derby-Lewis het berou getoon vir die moord. Hy is in November 2016 dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Pieter ·

Die man moet vrygelaat word, hy sit reeds 25-jaar. Duidelik word teen hom gediskrimineer. As jy ‘n hond wil slaan sal jy ‘n stok vind. Is daar ander gevalle wie se parool ook so uitgerek word? Ek weet van gevalle wat vrygelaat is en weer dieselfde misdaad pleeg, hoekom hom uitsonder?

JohanL ·

Stem saam Pieter. Jy som dit 100% reg op – Masutha soek elke keer ‘n stok om hom mee te slaan. Hoeveel ander moordenaars word na minder as 25 jaar vrygelaat? Dit verstom my dat ‘n individu soveel mag het om so finale besluit te neem – skokkend. Punt is hy rek die proses uit en uit en uit. ANC is goed daarmee.

Frikkie Geld en huis ·

Soos ek dit het, is 25 jaar lewenslank en is die DKD dus verplig om hom nou vry te laat, of is ek verkeerd ??

Joe Olivier ·

Kyk bietjie na die perskonferensie op youtube. Die minister sê sy hele toespraak uit sy kop . Elke keer dieselfde storie. Hy is gekaap deur die SAKP en die Hani familie.

Chris ·

Wys net hoe hatig hulle teenoor die witmense in die land is. Niks sal verander nie en die afgelope week se gebeure rol soos water van ‘n eend se rug, hulle voel ‘n veer.

Thinus Erasmus ·

Min. Masutha, net een vragie: het die ANC kollektief of enige van sy lede erken en om verskoning gevra vir die moorde en bomme deur die ANC op gewone mense gedurende die “vryheidstryd” met politieke doelwitte of nie?

JPV ·

Ek kyk so na daai foto van Masuta wat op Maroela verskyn en ek dink by myself, …….. ………… …..!

Willie ·

Hoekom dink ek nou aan Shabir Shaik? Hy is nou al presies 10 jaar terminaal siek!

Swapie ·

Met alle respek:
Toon die duisende moordenaars wat na n tyd vrygelaat word werklik berou? Hoeveel keer gebeur dit dat sulkes maar net weer moor?
Ons regs stelsel is n grap.

Fryingfrog ·

Een van my beste vriendinne se dogter en dié se man is in 2008 in hul eie huis in Rustenburg vermoor. Die polisie was só pateties dat die moordenaars eers gevang is nadat sy ‘n privaatspeurder aangestel het. Albei die moordenaars het 15 jaar gekry vir ‘n DUBBELE moord. Hulle is na 7 jaar vrygelaat sonder dat sy geraadpleeg is, waarna hulle ‘n skrikbewind teen haar gevoer het sodat sy haar besigheid moes verkoop en gedurig van adres moes verander. Dat Janusz Walus ‘n gevaar vir die samelewing sal wees is BELAGLIK! Dis mos duidelik wat hier aan die gang is! Wanneer sal die Afrikaner se oë oopgaan? Wanneer dit te laat is?

Sputnik ·

Hierdie minister(tjie) gooi darem lekker jakkalsdraaie! Hy speel net vir tyd. Veragtelik!

Willehond ·

Maar ons moes mandela vry laat! Hy het baie meer van ons mense laat doodmaak as Janus!

Hendrik ·

Gelykheid voor die reg bestaan nie meer nie. Wallus, Koster, Sparrow, en baie ander voorbeelde.

Hoc est bellum ·

Departement van Justisie en Korrektiewe Dienste gaan hom agter tralies hou totdat hy eendag sy laaste asem uitblaas. Punt. Oor en uit!

Onnie ·

Hulle gaan hom nooit vrylaat nie. Dit was ‘n belofte aan sy weduwee deur ANC hoës

EP ·

Solank die ANC aan bewind is, sal Janusz nie parool kry nie. Hulle sal eerder die plaasmoordenaars parool gee.

PJC ·

Hierdie wys weereens daar is afsonderlike regstelsels vir wit en swart sover dit die regering aanbetref. Dit sal interressant wees om te sien wat gebeur as hierdie weer voor die hof land.

Ampie ·

Janus is ‘n politieke gevangene. Hy is 25 jaar in die tronk met geen opsie vir parool nie. In aaklike omstandighede by Sentraal gevangenis. Hy het die Malema van 25 jaar terug uitgehaal en vir die blankes tyd gekoop.

Piet ·

Baie akurate opsomming Ampie. Valus het meer soos n soldaat opgetree as n moordenaar. Die waarheids & versoenings kom. was n klug want B Stydom wat lede van die publiek vermoor het word oorgesien maar hierdie persoon word gestraf. Dit dui op n politieke agenda. Steeds dryf hierdie agenda prosesse i.p.v dat die wet gevolg word.

jaco ·

Walus het kommunisme gehaat. Dis waarom hy vir Hani vermoor het. Wat egter vreemd is, is dat kommunisme reeds in 1990 in Pole beëindig is. Dis dieselfde jaar wat die ANC en die SA Kommunistiese Party gewettig is. As hy dan reeds in 1990 gesien het hoe die wind in SA waai, waarom is hy dan nie net terug Pole toe nie? Sy geboorteland was dan toe reeds vry van kommunisme.

jaco ·

Die kommunisme waaronder walus in Pole geleef het, was ook nie so erg nie. Dit was kommunisme SONDER:
-Plakkerskampe
-30% werkloosheid
-beurtkrag
-Regstellende aksie
-Swak vuil staatshospitale
-Swak lae standaard onderwys
-Skole waar leerders die onderwysers amper “mag” aanrand
Ek gee toe, dit was nou nie ‘n wonderlike paradys daar nie, maar klomp tipiese nonsens wat in SA voorkom en waaraan ons al amper gewoond is, het nooit in Pole voorgekom nie. En anders as in meeste ander kommunistiese lande, was daar selfs ‘n groot mate van godsdiensvryheid.

Kobe Candido ·

Janus Walusz en Clive Derby Lewis het Hani , “assassinate” ONDER AANVOERING van die ANC…..Wat Bang was, dat Hani die President van die land sou word!! Die ANC- is AANDADIG vir die MOORD op Chris Hani!!….ANC orkestreer , en laat die moord plaas-vind!! …Nou vrees hulle dat Janusz Walus die waarheid sal vertel !!…Dit is die REDE hoekom die arme man. nie vry-gelaat word nie!!

Winx ·

As dit inderdaad so is, waarom expose hy dan nie sy ANC opdraggewers nie? There is no man as dangerous as he who has nothing to lose…

JohanL ·

Kobe – heeltemal moontlik. Het ook al daaraan gedink.

Net so was die ANC “verlig” dat die SAP vir Steve Biko in aanhouding laat sterf het. Biko was verantwoordelik vir die “opstaan van swartmense binne in SA” en die ANC het gevrees dat Biko se gewildheid meer gaan word as die ANC wat te disorganiseerd was om iets ordentliks te doen vanuit die buiteland.

Nico ·

Kan nie sien hoe die ANC regering Walusz sal vrylaat voor ‘n verkiesing nie…. Dis hoekom die minister speel vir 6 maande tyd.
Moord is verkeerd, maar om sekere slagoffers se waarde hoër te ag as ander is ewe verkeerd. Sal graag wil sien hoeveel ander moordenaars uit daardie tyd sit nog en indien wel, die redes daarvoor.

Devill ·

Geen moordenaar, maak nie saak wie nie, moet nooit ooit toegelaat word om uit die tronk te kom nie.

Walus moet sit.

Brutus ·

@Devill – ja ou en wat van die moordenaars wat reeds op parool vrygelaat is moet hulle dan terug gaan ,vra net.

DeVill ·

As ek die land regeer het sou dit inderdaad so gewees het!

jakes ·

Masutha en die Hani gesin moet besef dat Chrs Hani dood is en dat hy nooit weer sal terugkom nie. Hy was n politikus en die risiko was altyd daar dat sy lewe in gevaar kon wees. Moordenaars in SA word na willekeur vrygelaat sonder om berou te toon en meer dikwels pleeg hulle weer moord. Wallus staan by sy beginsels en ek respekteer hom daarvoor. Hordes onskuldige mense is voor 94 vermoor en die ANC self toon nie berou daarvoor nie.

Jacques ·

Streng gesproke is Walus onwettig in SA hool want sy alles het al jare terug verval en is nie meer geldig nie . Sodra hy vry gelaat word moet hy terug gaan na sy geboorte land en ek dink die anc is bang hulle kan nie sy doen en late dop hou nie , dus sal hulle nie weet as hy iets beplan nie . My vraag is egter net wat van die landros wat 15 jaar gekry het en net n paar maande gesit het ?? Is dit nou hoe julle die wetlike ding doen in die land NVG ????

jaco ·

in 1990 is die ANC en die SAKP in SA gewettig. dit was ook dieselfde jaar waarin kommunisme finaal uit Pole verdwyn het, nadat dit reeds sedert 1970 toenemend afgewater is. As Walus, wat toe reeds n paar jaar in SA was, net na getalle gekyk het, sou hy geweet het dat die ANC-SAKP alliansie maklik ‘n verkiesing in SA kon wen. WAAROM is hy dan nie toe terug Pole toe nie? Waarom nog 3 jaar wag en toe vir Hani vermoor?

Die kommunisme wat hy so gehaat het, was in elk geval in Pole SONDER die volgende goed:
30% werkloosheid
plakkerskampe
swak vuil staatshospitale
swak lae standaard onderwys met leerders wat wegkom daarmee wanneer hulle onderwysers aanrand
beurtkrag
Nkandla styl korrupsie
Ek gee toe, Pole was nie n paradys nie en mense het swaargekry daar, maar die lewensstandaard was veel hoër as in ander kommunistiese lande soos Roemenië, Bulgarye en Kuba. Daar was ook ‘n groot mate van godsdiensvryheid – andersins ongekend onder kommunisme. En klomp van die nonsens in SA sedert die ANC-SAKP alliansie die land regeer, het ook nie in Pole onder kommunisme voorgekom nie.

Dit maak my vies dat mense wat die “agterdeur” van ‘n buitelandse paspoort het, in SA aanbly en aanbly en allerhande nonsens aanvang, terwyl hulle net kon terugkeer het na hulle geboorteland. Dis mos nou veel minder moeite, makliker en sonder gevolge soos lewenslange tronkstraf.

Piet ·

Mens moennie altyd kerm nie. Onder sy bewind sou jy lankal reeds uit die land moes vlug. Se eerder dankie dat iemand sy geld gesit het waar sy mond was.

Sjn ·

Terwyl Masutha besig is met borgvoorwaardes moet hy Sheik sin ook terug trek aangesien hy wonderbaarlik herstel het van sy terminale siekte.

J J Schoeman ·

Kan die minister, of dalk die nuwe Staatspresident, vir ons sê of die “Boere” wat al ‘n paar jaar gelede opgesluit is, nog lewe? Hoe gaan dit met daardie manne? Hoe lank sit hulle nou al en wag vir ‘n hofuitslag en gaan hulle ooit vrygelaat word? Is hulle al ooit skuldig bevind, nie sover ek onthou nie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.