Minister sê oor Rhodes-standbeeld

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die minister van kuns en kultuur het gesê sy departement ondersteun nie die gewelddadige verwydering van die Cecil John Rhodes-standbeeld van die Universiteit van Kaapstad se kampus nie.

“Ons ondersteun of moedig nie die gewelddadige verwydering van enige standbeeld aan nie aangesien ons mense so aanmoedig om reg in eie hande te neem nie,” het min. Nathi Mthethwa in ʼn verklaring gesê.

“As regering moedig ons burgerlike deelname aan in ʼn poging om ʼn vriendskaplike oplossing vir die saak te vind deur dialoog en onderhandeling.” Volgens Mthethwa het sy departement nie ʼn amptelike aansoek ontvang vir die verwydering van die standbeeld nie.

Mthethwa het gesê enige entiteit of gemeenskap wat ʼn standbeeld wil skuif of verwyder moet ʼn 30 dae lange openbare konsultasieproses van stapel stuur met voorleggings aan die owerheid en insette van geaffekteerde en belangstellende partye.

Studente aan die universiteit het die afgelope twee weke betoog vir die verwydering van die beeld. Ekskrement is vroeër op die Rhodes-beeld se voetstuk uitgekeer en die beeld is ook met swart plastieksakke bedek.

Max Price, visekanselier van die universiteit, het verlede week gesê die beeld moenie vernietig nie maar net geskuif word. Die Rhodes Must Fall Movement het egter dié voorstel verwerp. “Ons is hier omdat ons die legitimiteit van die sogenaamde demokratiese proses wat dr. Max Price in plek gestel het vir die verwydering van die Rhodes-standbeeld in twyfel trek,” het hulle gesê. “Wit studente kan nie in die proses geraadpleeg word nie aangesien hulle nooit werklik sal kan empatiseer met die diepgaande geweld wat op die psige van swart studente uitgeoefen is nie.”

Rhodes was ’n Britse kolonialis, sakeman, mynmagnaat en politikus in Suid-Afrika. Rhodesië (nou bekend as Zimbabwe) is na hom vernoem. Die Rhodes-Universiteit in Grahamstad is ook na hom vernoem en die Rhodes-studiebeurs word uit sy boedel gefinansier.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Rhodes-standbeeld op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Nadia Verster ·

Die standbeeld moet vernietig word, maar die Rhodes-Studiebeurs is seker nog welkom?

zahn ·

Wat word nou van klasbywoning terwyl hulle om die dooie klip vergader? Vir mense wat toelating gekry het tot universiteit, laat hulle ogal groot vraagtekens ontstaan. Die drang om te vernietig oorheers die bietjie verstand wat daar kon gewees het. Welcome to Africa.

Hennie ·

Laat beurse ook dan val of soos Dr. Max Price sê, skuif standbeeld, skuif ook beurse na ‘n instansie wat dit sal waardeer.

pop ·

Die spul in zim wat sy beendere wil opgrawe is net so idioties. Wonder as hulle nou die beendere uit het, of gaan die landery skielik vol gesaaides staan. rakke gaan vol goedere wees en al die honger mae gaan vol kom. Ek hoop van harte iemand gaan daai studie beurse vir n ander instansie gee wat dit sal waardeer.

Theresa ·

Hulle maak my siek met hulle barbaarse ongevraagde optrede. Maar soos in die verlede (en die toekoms) mag hulle mos maar doen wat hulle wil. Almal is te bang om op te tree. Al wat hulle ken is vernietiging. Net om ook te kan sê : “ons het dit gedoen en ons het dit reggekry!”

Christie Joubert ·

Jy is op universiteit….. En tog wys jy vir die hele wêreld presies hoe onnosel jy is! Jy is veronderstel om n geleerdheid te kry, en jy hou jou op met snert!
Wys jou net waarheen hierdie land oppad is. Geen fokus op die groter prentjie nie….

Gert van der Merwe ·

Selfde met myne hulle sal dit nie plaas want dis waar

CHRISTA ·

Wat se diepgaande geweld is op swart studente se psige uitgeofen?? Waarvan praat hulle? Vra hulle ‘n bietjie. Ek dink nie hulle weet waarvan hulle praat nie!!!
Laat die fondse wat in sy boedel oorgebly het aan sy naasbestaandes uitbetaal word!!

Gert van der Merwe ·

Stem saam gebruik die geld om die varsity geboue ook af te breek , dis mos Rhodes se geboue. As hulle die geboue nie afbreek steel die klomp mos die Rhodes TRUST

Gert van der Merwe ·

Al weer n modereering. Lol “Face it or leave it” asseblief dis hoe ons voel.

Elfie ·

Nie EEN van daardie studente het in elk geval onder apartheid gelewe nie, hulle is te jonk. So wat se diepgaande geweld dan nou op hul psige uitgeoefen is weet g’n mens nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.