Minister sê Poskantoor sal toelaagbetalings oorneem

Siyabonga Cwele, minister van telekommunikasie (Foto: Chantall Presence/ANA)

Siyabonga Cwele, minister van telekommunikasie en posdienste, het Maandag takbestuurders van die Suid-Afrikaanse Poskantoor gemaan om hul sokkies op te trek en die nodige infrastruktuur te installeer te voorbereiding om welsynstoelae aan miljoene begunstigdes uit te betaal.

Cwele het Maandag die Poskantoor by Pan Africa Mall in Alexandra besoek om self te kyk hoe die betalingstelsel werk en terugvoer te kry om behoorlike betalingsplanne te verseker.

Die minister van maatskaplike ontwikkeling en Cwele het Vrydag in ʼn gesamentlike verklaring gesê die Poskantoor en die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) sal op 30 September gereed wees om die betalings oor te neem, en dat die CPS-kontrak nie hernu sal word nie.

Die betrokke poskantoortak het egter nog steeds nie die nodige toerusting gehad nie en was nog nie gereed om welsynsbetalings aan honderde begunstigdes uit te betaal nie. Cwele hou egter vol die Poskantoor is gereed vir die taak.

Die Pan Africa Mall-tak het slegs twee (uit vier) werkende rekenaars, het nie stoele of banke nie (wat beteken bejaardes en siek persone moet in lang rye staan), en het eers om 08:30 sy deure oopgemaak, terwyl welsynstoelaagbegunstigdes al van 07:00 voor die poskantoor in ʼn ry gestaan het. Die begunstigdes het wel hul betalings ontvang, al was dit teen ʼn slakkepas.

“Plaaslike bestuurders moet met Sassa gesels indien masjiene nie werk nie. Ons glo die stelsel sal verbeter hoe langer ons daarmee werk. Ons is vol vertroue dat ons van 1 Oktober die betalings by CPS kan oorneem,” het Cwele gesê.

Volgens hom sal ʼn tegnikus ontbied word om die rekenaars by die betrokke poskantoor te herstel. “As vier rekenaars werk, dan sal dit baie vinniger wees. Dis die dinge wat ons moet oplos sodat ons die druk kan verlig op die begunstigdes en op ons werknemers.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

John ·

Gesels met Sassa as die masjiene nie werk nie… Soveel onderduimsgeit is orals aan die orde van die dag en die poskantoor is nie eintlik ‘n rooi weerligstraal nie. Pak maar padkos in.

Wilma ·

Hierie easypay groenkaarte is n euwel. Raak ontslae van dit. Mense raak al armer met easy pay kaarte

Nettie ·

@Wilma, behalwe vir pensioen- en ongeskiktheidsvoordele, is hierdie SASSA-geld ‘n verdekselste EUWEL!

Dis kinders wat kinders wat kinders kry sodat “Ouma of Oupa” na hulle kinders kan kyk (en dus kinder- en/of pleegsorg-grants kry) is ‘n “thing-to-do” in sekere gemeenskappe. Volgens wet is omgang met enige persoon onder die ouderdom van 16 statutêre verkragting, maar gaan kyk maar by die klinieke, hoeveel meisies van die ouderdomme 13 – 16 is daar wat hul eerste (soms al tweede) baba kry. En daai babatjies is defnitief nie die resultaat van selfoonbestuiwing nie!

Hoekom krý mens ‘n kind/kinders as jy wel weet jy kan nie vir daai kind sorg nie? Want: in SA is ‘n kind jou paspoort tot ‘n paar honderd rand ekstra per maand of selfs ‘n ID-document, want as jy kind maak by ‘n SA-vrou, kan jy outomaties kwalifiseer vir burgerskap (as jy uit ‘n ander land afkomstig is).

Hansie Slim ·

En as hy sê trek sokkies op dan gebeur alles wonderbaarlik… asseblief!!!
Jy sal nog leer as jy nie reeds het nie!!!

Vryheid ·

Hier kom n sirkus. Poskantoor kan nie eers hulself help nie en wie gebruik nog die Poskantoor?

zoom zoom ·

Poskantoor kan nie eerd posaflewer nie. Nou wil hulle toelaas uitbetaal tot hulle weer besluit dit tyd om te strike.

Ondersteunet ·

En wat van al die mense wat nou rondhang in besigheidsareas en wag dat die toelae uitbetaal word. Honderde mense rondom n poskantoor. En wie sorg vir ekstra veiligheid? Stuur maar beter jou goed met n kurier en vermy inkopies op hierdie dae in areas met n poskantoor.

Gonna ·

O my gonna! As dit gaan reen by my Poskantoor, gaan die mense deur poele water moet loop om by die deur in te gaan, die water sak nie weg nie en daar is baie modder.

Bob ·

Poskantoor??????? Jy moet sien hoe pataties is hulle hier by ons. Dit gaan n SIRKUS wees. Ahahahahahaaaaaaaaaaaaa! !!!!!!!!!

Snowball ·

Die Poskantoor is lankal op sy laaste bene; hierdie lyk soos ‘n tragiese poging om lewe te blaas in iets wat al die gees gegee het. Verstommende waarnemingsvermoë – as vier rekenaars werk en nie net twee nie sal dit vinniger gaan – dié man ken sy storie… Ek wil nou ook sê, soos tant Mietie altyd vir Veldsman gesê het, “Hier kom ‘n ding..”

Christien vd Westhuizen ·

Hy moes al laaaaankal uit getree het maar nee die soustrein ry heerlik

Moedeloos ·

Weet hierdie man wat in sy departement aangaan! Van Desember af het ons poskantoor nie meer seëls nie. Ek wag al van April vir pakkie wat nog op die lughawe nie deur poskantoor afgehaal word nie. En nou will hulle vir my sê hulle is gereed vir hierdie ekstra TAAK as hulle nie eers hulle normale takies kan verrig nie. Ons kry ook nou net 1 keer in 2 weke pos!

marous ·

Hulle kan net sowel duikpakke verniet uitdeel in die Sahara woestyn .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.