Minister se seksuele teistering-saak onder die loep geneem

Enoch Godongwana, minister van finansies (Begrotingsrede 2022) (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Aanklaers het Maandag gesê hulle sal bevindings van ’n polisieondersoek na bewerings van seksuele aanranding teen Enoch Godongwana, minister van finansies, ondersoek om te besluit of hy verder vervolg moet word.

Godongwana word daarvan beskuldig dat hy vroeër vandeesmaand  ʼn personeellid by ʼn hotel se masseerdienste in die Krugerwildtuin seksueel geteister het.

Hy ontken die bewerings en sê sy vrou was in dieselfde kamer toe hy die massering ontvang het.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het gesê hy sal na verwagting Maandag die saakdossier van die polisie ontvang.

“Die vervolging het tyd nodig om die dossier te bestudeer en die bewyse na te gaan wat hulle het,” het Monica Nyuswa, woordvoerder van die NVG, bevestig.

Godongwana het gesê hy sal bedank as aanklagte teen hom aanhangig gemaak word.

“Ek het op geen manier of op enige tydstip iemand onvanpas aangeraak, seksueel geteister of aangerand nie,” het die minister verlede week in ’n verklaring gesê.

“Ek neem die bewerings baie ernstig op. As sodanig wag ek in afwagting vir die nodige regsprosesse om te ontvou.”

Godongwana het verlede jaar die leisels as minister van finansies oorgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Fran ·

Hulle dink mos as hulle ministers is kan hy doen wat hy wil. Buig, boetie, buig! Die arme vrou wat hom moet masseer! Hierdie klomp is tot in die wortels toe korrup.

007 ·

Was jy daar? Sy vrou was dan saam hom in die vertrek. Moenie net aannames maak nie. Dis swak

Nie Verbaas ·

Bedank solank asseblief. Niemand glo n woord wat uit die ANC regering se monde kom nie.

Oosieoos ·

Watch nou die lieg storie wat weer hier gaan uitkom. Vroulief gaan saam lieg

Karel Kobus Kruger ·

Hierdie hele sogenaamde “geslagsgebaseerde” geweld raak nou vervelig. Tyd vir n nuwe bandwagon.

Alma ·

Ek stem nogal saam, ongeag wie hy is en van watter party, party dames sien ook maar net n lekker manier om geld te maak as hulle iemand met status sien. Ek sê nie sy jok nie, ek sê nie hy jok nie, maar ja enige een van die twee kan skuldig wees.

Pannies ·

Natuurlik sal sy vrou vir hom getuig en lieg, anders stop haar soustrein ook.

melaney ·

Dalk ‘n ander persoon wat daadie pos wou beklee en nou hierdie klag opsetlik laat gebeur het. Wonder maar net.

annie ·

Om darem wildtuin toe te gaan net vir ‘n massering? Sulke dienste in die wildtuin nogal? En nou gaan dit glo verskriklik moeilik wees om iemand anders in sy plekkie aan te stel?

Oshol ·

Ha ha sy sal mos nie sulke aantuigings maak as dit nie water dra nie

Waarnemer ·

Ja neh…as dit Jan publiek was het hy lankal met sy gat in die tronk gesit maar omdat hy n hogere posisie beklee moet daar eers nagedink word of hy aangekla gaan word of nie.0

Chris dupreez ·

Hoekom maak hy dan nie n saak ,teen die vrou , van naam skending, valse en kwaadwillige aantuigings ens.

Kobus ·

Hy is nogal een van die ministers wat goeie werk doen. Sy sê, hy sê. Die waarheid sal wel uitkom. Hierdie is ‘n gevaarlike spel. ‘n Kollega van my was jare gelede afgedank oor vals verklarings deur vroue kollegas omdat hy een berispe het. Na sy huwelik ook in die slag gebly het en sy lewe aan skerwe was het een van ” klaagsters” paar jaar daarna gebieg dat hulle hom wou ” terugkry”

Samuel ·

Hierdie sg seksuele teistering en geslagsgebasseerde teistering is nou eenmaal vervelig. Die vrou het seker ‘n geldjie gesien.

Koos 100 ·

As jy as getroude man ‘n massering in jou hotel kamer bestel/ontvang is daar klaar vir my vraagtekens so groot soos sy salaris!
Nou as jy nie lieg nie, dan lieg die klaer, so maklik soos dit. Nee wat minister, jy moet nog die ANC ontkenning aanleer. Jy moes gehuil het en gesê het dat jy nog nooit in daai hotel of naby daai hotel was nie!
Snaaks genoeg is die klaer doodstil terwyl hy sy onskuld in die media bepleit. Dit laat my dink dat hy skudig is.

Nettie ·

Ek wonder soms…. in God se Koningkryk wanneer dit op die aarde opgestel word, gaan sommige mense leuens 100% kan uitken? Want hoe gaan geregtigheid altyd geskied in gevalle soos hierdie, waar daar nie betroubare getuienis of video materiaal is nie, en waar dit ‘n “hy sê sy sê” geval is?

Ek hoop maar in hierdie geval kom die waarheid ook uit. Ek vertrou geen, maar geen, ANC lid se woorde meer nie, maar daar is ook gevalle waar vrouens kanse vat. Persoonlik is ek geneig om in sulke gevalle meer kere die vrou te wil glo, want die vernedering en “back lash” is baie, baie erg. Sterkte aan haar, ek hoop die waarheid seevier.

melaney ·

In God se Koningryk sal net wedergeborenes bly. Geen haat, kwaad, siekte, leuens ens sal bestaan nie. Die res sal ‘n nuwe tuiste vind wat by hulle lewensstandaard pas.

Louise ·

Ag jong altyd die vreeslike groot onskuld… Dan glo ek seker nog aan die tandemuis.

007 ·

Hy is ‘n gerespektreerde man en sal nie sy reputasie op die spel plaas nie. Ek dink die ou meisietjie vat ‘n vet kans. Sy het net geld gesien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.