Minister se seun vermoor

Minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die 23-jarige seun van Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, is Saterdag vermoor.

Die departement het Sondag in ʼn verklaring die nuus bevestig. “Dit is met groot hartseer en swaar harte waarmee ons u in kennis stel van die skielike heengaan van Chumani Nqakula.” Chumani is die seun van die minister van verdediging, Mapisa-Nqakula, en voormalige kabinetminister, Charles Nqakula.

Volgens die departement is Chumani glo deur iemand wat hom geken het in Bezuidenhout Valley in Johannesburg vermoor. Die verdagte is reeds in hegtenis geneem en is in polisie-aanhouding.

“Die ministerie van verdediging en militêre veterane betuig sy innige medelye met minister Mapisa-Nqakula en haar familie,” lui die verklaring. “Mag God haar die vertroosting en vrede gee in hierdie moeilike tyd en mag Chumani se siel in vrede rus.”

Meer besonderhede oor die moord sal mettertyd bekendgemaak word, het die departement gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Drieks ·

Anc, jul het die deure oop gemaak vir ons om te moor soos ons wil. Dit wat jy saai….. al vir 21 jaar lank…

yster 74 ·

Dit het die realitiet geword in ons land. Gun so iets vir niemand, maar mense word links en regs vermoor. Niemand maar niemand is meer veilig.

Weskaper ·

Ja dit is vreeslik as ‘n ouer ‘n kind so moet verloor en ek kry die ouers bitter jammer en sal vir hulle bid.
Daar behoort geen maars te wees, maar ek kan nie anders om te vra: ANC maak julle oe oop wat in ons land gebeur en bring as dit moet, die doodstraf terug om orde te handhaaf.

Valkie ·

Regtig ? wil jy werklik mense se lewens in die hande van ons korrupte, sadistiese barbaarse government (regsstelsel) se hande plaas ? Dit sal mos die vervolmaking van WHITE GENOCIDE baie vinnig afhandel. Dink net hoe sal ons blankes dan ge”frame” en voor die voet gehang word ;-)

GES ·

Dit is die resultaat van ‘n ruggraadlose willose regering wat misdaad net laat gaan het. Wie moet bedank word, ‘n korrupte leierskap met weinig of geen integriteit. Ons moes dit al vir 21 jaar lank verduur, nou pluk hulle self die vrugte daarvan. Wat is volgende ?

nou hoe nou ·

Maar hier is mos nie ‘n geweld probleem in die land nie ………………

Irene ·

Minister jammer vir wat gebeur het in my hart kry ek seer vir jou. Sterkte vir jou die Vader loop saam met jou seer.

vermeende ·

Nee, hy is nie vermoor nie, dit was net normale misdaad!!!!!
Net ‘n vraag aan die redakteur.
Hoekom kom “”VERMEENDE” nie een keer in die artiekel voor nie maar wanneer swart op wit geweld gepleeg word dan is dit vermeende net voor en agter.

Ek wil sien of die verdagte borg toegestaan sal word???

Sarie ·

Ek kan my geensins indink hoe ‘n ouer moet voel om jou kind te verloor en dit nog op so ‘n manier. Dalk sal die ANC en in besonder die minister van polisie Nathi Nthleko nou besef daar is ‘n ernstige problem met gewerldadige misdaad in hierdie land. Hy se mos heeldag alles is onder beheer. Wanneer laas is die vermeende moordenaar van ‘n wit persoon so vining aangekeer en toegelsuit? Word wakker ANC die gogga wat julle geskep het kan julle aan eie bas ook knyp!!

Lindie Lourens ·

Wat my nogal opgeval het is dat God nou goed genoeg is om te vertroos en vrede te gee ( alias die berig), maar dat Hy uit ons skole gelaat moet word.
Is Hy dan net ‘n “gerieflikheidsgod”!!!!!

Paul ·

Dit is werklik pateties om iemand anders se smart te gebruik om ‘n hou na die regering in te kry. Ek kan nie anders as om sulke optrede in die sterkste denkbare taal te veroordeel nie. Minister, ek bid dat die Here jou in hierdie moeilike tyd sal onderskraag.

Swanna ·

Sorry Paul. Daar is seker nog nie persone of geliefdes op die wredste denkbare wyse vermoor wat jy nie eens kan aan dink nie deur hierdie tipe persone nie. Dit is maklik om te se dat jy hulle vergewe maar jy vergeet nie. En die god wat sy van praat is die duiwel en sy trawante. Dit is wie sy aan bid en glo. Vra haar aan watter kerk sy behoort dan praat ons weer.

Lindie Lourens ·

Ek het niemand gekritiseer nie. Dit was vir my net opvallend. Dit was in elk geval ook nie sy wat iets gesê het nie, maar die ministerie van verdediging en militêre veterane. So my “hou” ,as dit bedoel was as ‘n hou, was dus op die regering gemik, nie op die hartseer familie nie.

GES ·

Daar sal baie minder konflik wees as ons minder tussen die lyne probeer lees. Wetteloosheid en die wil om misdaad uit te roei is die primêre oorsaak van al die trane en verdriet. Ongelukkig sit ons met ‘n korrupte topstruktuur wat alles eensydig beoordeel. Waag iemand om iets te sê word die persoon veroordeel en gebrandmerk as ‘n smartuitbyter. Hoe gouer mense die groter prentjie begin sien sal daar ‘n verandering kom. Laat ons tog net oor ons ego’s kom en dit wat saak maak aanspreek. Behandel die oorsaak en nie die simptome nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.