Minister se woordvoerder skiet glo homself

Joe Maila (Foto: ANA)

Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid het Vrydag bevestig dat Joe Maila, woordvoerder van Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, dood is in ʼn skietvoorval.

Motsoaledi het dié nuus in ʼn verklaring bevestig. Volgens die verklaring is Maila Donderdagaand dood.

“Die presiese omstandighede rakende sy dood is nog nie aan die ministerie bekend nie. Maila word oorleef deur sy vrou en twee kinders. Ek doen ʼn beroep op die media en lede van die gemeenskap om die gesin ruimte te gee om sy dood te verwerk,” het Motsoaledi gesê.

Maila het homself glo per ongeluk by ʼn skietbaan in Pretoria geskiet.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie ondersoek egter bewerings dat hy met opset sy eie lewe geneem het. Dlamini het ook bevestig dat ʼn geregtelike nadoodse ondersoek begin is.

“Die polisie is bewus van die bewerings dat hy sy eie lewe geneem het deur homself te skiet en dit word tans ondersoek. Ons kan egter niks in dié stadium bevestig nie,” het hy gesê.

Die departement het gesê meer besonderhede oor sy roudiens en begrafnis sal weldra bekend gemaak word.

Maila was sedert Mei 2012 woordvoerder vir Motsoaledi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Lientjie ·

Hoekom? Hy het volgens Netwerk24 selfmoord gepleeg lees daar wat presies op die baan gebeur het.

hendrik ·

Ek wonder hoeveel woordvoerders daar is en hoeveel kos dit die belastingbetaler.

Antjie ·

…homself perongeluk geskiet op ‘n skietbaan? Dit klink perongeluk bietjie vreemd. Wie was roekeloos? Of was hy dalk aspris?

Haan ·

Pel van my het op n skietbaan gewerk. Het in sy 4 jaar daar twee gevalle van selfmoord gesien. Die persone het nie hul eie wapens nie en gebruik daarom die skietbaan se wapens om die daad te pleeg.

Corne Barnard ·

Sjoe was jy daar Pel? Doen jou huiseerk voordat jy oordeel. Wil jou gou help hy het sy eie wapen gebruik….geseende dag vir jou ….

Corne Barnard ·

R.I.P Joe…..dankie dat ons jou kon ontmoet by die skietbaan….so jammer dat ons nie geweet het van jou groot seer nie….Rus in Vrede

Lientjie ·

Hy het nie gese hy het nie sy eie vuurwapen gehad nie. Hy noem wat in die verlede al op ‘n skietbaan gebeur het met mense wat nie met hulle eie vuurwapens kom skiet nie. Volgens Netwerk24 het hy sy eie vuurwapen gehad.

Ander Annie ·

Dit is so hartseer. Joe was ‘n wonderlike mens. My diepe medelye aan sy geliefdes, familie, vriende en kollegas. Rus In Vrede Joe. Jy het diep spore getrap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.