Minister skok met nuwe plan oor grondbesit

Minister Gugile Nkwinti. Foto: GovernmentZA/Flickr

Minister Gugile Nkwinti. Foto: GovernmentZA/Flickr

Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming het Vrydag aangekondig dat die regering grondeienaarskap verder wil beperk en het gewaarsku dat die land ’n keuse waag tussen herverdeling en grondonteiening.

Min. Gugile Nkwinti het tydens sy begrotingsrede in die Nasionale Vergadering gesê klein-, medium- en grootskaalse grondeienaars sal onderskeidelik toegelaat word om 1 000 ha, 2 500 ha en 5 000 ha grond te besit terwyl die regering die res sal onteien.

Nkwinti het gesê die maksimum grondplafon van 12 000 ha wat vroeër deur die regering genoem is, sal nie op landbougrond nie maar op bosbou-, wilds- en hernieubare-energie-plase van toepassing wees. Pres. Jacob Zuma het tydens sy staatsrede in Februarie melding van die 12 000 ha-plafon gemaak.

Nkwinti het gesê besware teen die regering se voorstel om ʼn verbod te plaas op buitelandse grondbesit is ongegrond. “Die grondslag van hul verwerping is dat dit buitelandse beleggings sal verhinder. Ons stem nie hiermee saam nie. Ons oortuiging is dat enige belegger, hetsy plaaslik of internasionaal, beleidsekerheid wil hê. Wanneer hulle eers verstaan wat die beleid is, dan pas hulle dienooreenkomstig aan.”

Die debat het vurige reaksie ontlok van opposisiepartye, veral die Vryheidsfront Plus se Pieter Groenewald wat gesê het die regering het nie geld om verdere grondonteiening toe te pas nie. Hy het gevra of die regering dus beplan om grond sonder vergoeding af te neem.

Nkwinti het tydens ’n mediakonferensie ná sy begrotingsrede gesê sy departement het navorsing in Afrika en oor die hele wêreld gedoen en dat 1 000 ha groot ’n kleinskaalse boerdery behels. “Jy kan nie ’n situasie hê waar jy meer Suid-Afrikaners wil betrek en dan reuseplase met leë ruimte het wat aan individue behoort nie.”

Volgens Nkwinti is dit ’n resep vir konflik. “Hoewel mnr. Groenewald dink ons skep konflik, kan ons nie konflik skep wanneer ons die meerderheid van mense dien nie. Ons kan slegs konflik skep wanneer ons dit nie doen nie, want die meerderheid sal self onteien in die toekoms. Die aanduidings is daar, dit kan gebeur. Indien jy ’n meerderheid Suid-Afrikaners het wat geen basis of produksiemiddele het nie … gaan hulle dit gryp van iemand en daardie iemand is die paar wat dit het.”

Nkwinti het ook gesê hy is ten gunste van die idee dat plaaswerkers voorkeur kry wanneer dit by herverdeling kom.
Annette Steyn, DA-LP, het gesê sy sal die parlementêre portefeuljekomitee oor landelike ontwikkeling en grondhervorming vra om Nkwinti te nooi om te kom verduidelik onder watter gesag hy beplan om die nuwe beleid rakende grondplafonne in werking te stel. Sy het gesê dit is gemik op wit boere, maar dat dit ook later hul opkomende swart eweknieë sal belemmer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Bruno Stef ·

Tipies kommunis drie tree vorentoe in onderhandelings en een tree terug was al van 1994 die taktiek en die witman was elke keer met slappap onder die wip gevang.Die kommuniste onderhandel met n gevurkte tong en verskuif die doelpale net elke keer na die aanvaarding van sy vorige eise. Dit is wat die kommuniste noem gemeenskap plase soos in die Soviet/China/Kuba waar alles aan die staat behoort.

HEVW ·

Gedurende 1994 is nie maar net n ander politieke party aan bewind gestel nie. Ons vyand is aan bewind gestel. Die vet katte wat verantwoordelik is vir hierdie oorgawe is seker maar al te bly dat hul lewensjare besig is om uit te loop, want hul sal die oewerlose gemors waarin hul die land gedompel het nie volledig belewe nie. Maar onthou die geskiedenis kan wreed wees.

Elmarie ·

Hierdie. Is SA en hier betaal ons vir als en so ontheining soder vergoeding hhhhhaaa sal maar moet sien. Maar dit gaan nie sommer nt gevat word nie Jammer ons sal bankvas staan agter ons BOERE!!!

Jan-L ·

Sal blankes sonder “grond” ook in aanmerking kom vir 1000 hektaar gratis grond? As elke persoon 5000 hektaar mag hê maak dit voorsiening vir die meeste plase en as ek wil groter gaan kan my vrou en my kinders mos elkeen ook 5000 kry. Die regering moet weet daar is altyd baas bo baas en boere kan saamstaan en planne maak.

Wonder net ·

Wat ek voorstel en verstaan. Elke boer moet baie kinders hê en aan elkeen 5000 ha op sy of haar naam registreer dan het die staat minder om te eis. Gee ook sommer so n 5000 vir jou broer en suster, oom en tannie en so hou jy als. Maak dit n familie besigheid. Net n gedagte.

scalla ·

Sy oggend en aandpraatjies stem glad nie ooreen, het geen benul wat aangaan

Neptunus ·

Leë ruimte wat aan individue behoort? Klink eerder of dit tussen die ouens wat hierdie snert beplan se ore geleë is. Die staat kan nie eers water en ligte vir die land waarborg nie, maar wil grondeienaars voorskryf, eish.

Alles om die gepeupel tevrede te hou en stemme te werf. Nou wys ons hoeveel van die plase wat oorgedra is produseer voedsel?

Peet Schabort ·

Ek sien hy dra ‘n goue ring. Daar is mos daardie idioom van ‘n goue ring ensomeer?

Janine du Plessis ·

Oom Niklaas van Rensburg het gese hulle sal alles vat. Alles, selfs jou pensioen. Hoekom? Omdat die Afrikanervolk sy God verlaat het. Omdat die volk geld en sport voorop stel. Wat staan ons te doen? Dag van verootmoediging. Keer terug na die Here. Hy sorg en slaap nooit.

Johannes ·

Jonah, ek glo daar is duisende mense wat soos jy voel en dink. Baie oorloe is al oor grond gevoer. Ons boere is van ‘n goeie kaliber, ek glo nie hulle sal dit sommer net aanvaar nie (onteiening sonder vergoeding). Daar sal sekerlik ook baie mense wees wat nie boere is nie, wat hulle definitief ook sal ondersteun. Die oomblik wat eiendomsreg in Suid Afrika aangetas word, is ons, net soos Zimbabwe op ‘n glybaan na onder. Die regering dink natuurlik hulle het al die mag in pag en dat hulle onaantasbaar is. Ek is natuurlik van mening dat hulle hulself ongelooflike probleme op die hals gaan haal as hulle beslag gaan le op mense se eiendom (sonder vergoeding), veral omdat hulle dan daarmee vir hierdie mense se, wat by KODESA ooreengekom is was nie ons erns nie, maar slegs ‘n set om die mag te bekom. So iets “kan” ernstige gevolge vir die land inhou, want net ‘n dwaas sal dink dat verdere skendings van eiendomsreg nie sal plaasvind nie. Die volgende sal besighede wees wat met swartes gedeel sal moet word, maw die helfte van mense se eiendomme sal dan ook onteien word sonder vergoeding, want ons almal weet dat die regering nie eers vir landbougrond kan betaal nie , wat nog te se vir besighede. Ek weet mense sal vir my se nou voer ek dit te ver, maar ek wil maar net illustreer wat moontlik nog kan gebeur, veral as ons sien hoe die ANC probeer om die grondwet te verdraai om die Afrikaanse taal en kultuur op universiteite en skole te vernietig (soos u almal weet het vele Afrikaanse skole van dubbel medium na hoofsaaklik Engels verander), alles onder die dekmantel van toeganklikheid en transformasie. Ek wil nie konflik skep nie, maar wil net he die minister moet sy woorde tel en nie sulke twak kwytraak nie. Hy weet self hoe hulle moes vure doodslaan na die xenofobiese geweld. Ons het nie nog soortgelyke episodes nodig nie. Die land behoort nie net aan ‘n sekere politieke groep nie, maar aan almal wat daarin woon. Dis tyd dat hulle eerder begin om die land ordentlik te bestuur en op te hou om onsekerhede te saai. Die tyd om polities korrek te wees is verby. Dis tyd dat ons nou eerlik met mekaar begin praat, want daar is baie mense wat soos Jonah voel, en dit voorspel niks goeds vir die land nie. En Jonah, dankie vir jou openheid. Jy sit baie van ons aan die dink.

Righardt lemmer ·

Ek dink dis n great idea om vir elke boer sy porsie grond te gee en ek stem saam oom Niklaas dis hkm die boere so sukkel want sy grond en wat hy het is meer belangrik as die Herre

Pearce ·

In 2005 het die regering reeds al die minerale regte wat in privaatbesit was in SA sonder vergoeding onteien. Bogrondse regte is volgende en julle onderskat die regering se vermoens en geslepenheid waarvan die lae intensie oorlog teen blankes (toegelate geweldsmisdaad) maar een voorbeeld is.

Charl ·

Probleem is almal wat diensplig gedien het nou oud en meestal vet .

En wel nie te goed gevaar mi liter bespoke in Angola, Namibia of Mosambiek nie, Wes eerily.

Gert ·

Hoe vereenselwig jy Christenskap met so ‘n uitlating? Jy is niks beter as hulle nie. En terloops, God het nie agter ons gestaan in Angola of in 1994 nie – al gedink hoekom nie?

Johannes ·

Gert, jy kan gerus die politiek van daardie tyd gaan oplees. Amerika het gat omgeswaai nadat hulle ons aanvanklik polities ondersteun het. Weet jy wat werklik daar gebeur het? Ek weet nie hoe oud jy is nie (met respek teenoor jou), maar het jy al van Henry Kissinger gehoor? As dit nie gebeur het nie sou ons die hele Suidelike Afrika beset het. Ons weermag was ongelooflik sterk, maar ons oorgawe was uiteindelik polities en nie militer nie. Ek is seker jy ken darem vir F W de Klerk. Hy was die eerste leier wat sy eie generaals afgedank het en die mag aan die ANC oorhandig het.

Theo S ·

Die VN het reeds in 1992 “Agenda 21 ” in werking gestel nadat dit deur al die lede aanvaar was. “Agenda 21 beveel aan dat alle regerings alle privaat eiendoms reg moet kanseleer en uiteindelik moet geen grond ter wereld aan engine indiwidu behoort nie maar alles grond moet aan regerings behoort. “Agenda 21” is in ophou.

Elize Strydom ·

My problem is die bedekte dreigement hierin, “Ons kan slegs konflik skep wanneer ons dit nie doen nie, want die meerderheid sal self onteien in die toekoms. Die aanduidings is daar” en dan gaan hy voort om te se ….. gaan hulle dit gryp van iemand en daardie iemand is die paar wat dit het.” Manipuleer hy deur die verse van die minderheid uit te byt? of dreig hy openlik????? Ek dink ons sit en slap!

Dan ·

Insiggewend. Volgens die liberaliste destyds met die geboorte van die NSA, sou ons land nooit in ‘n Zimbabwe ontaard nie. Wonder net hoe hulle so seker van hul saak was met feitlik die res van Afrika as voorbeeld van wat in die verlede gebeur het. Nkwinti se uitlating: “…want die meerderheid sal self onteien in die toekoms. Die aanduidings is daar, dit kan gebeur”, bewys sonder twyfel waarheen dinge op pad is. Die “simpel verkramptes” weet dit egter al lank voor hy hierdie uitlating gemaak het. Nog nuus: hier gaan julle huise ook gevat word, dit gaan nog baie erger as in Zim gaan. En daar is nie meer ‘n land na die suide om te vlug nie, net see …

danie ·

5000 hektaar is baie groot, 1000 hektaar is baie groot. Dit hang af waarmee jy boer. Ek glo nie daar is baie boere wat so groot grond gebruik of onder besproeing het nie. Ek glo meeste plase op die oomblik in privaat besit is kleiner as die voorgestelde plafon

Marilyn ·

Dit is maar die punt van die ysberg. As julle die groter prentjie wil sien moet julle julle nie blind staar in net sy toespraak nie. Terwyl hulle almal se gemoedere nou hier laat opvlam, is daar ander groter dinge besig om te gebeur. Taktiek wat nog altyd baie goed gewerk het. Na 9/11 het allerande dinge in die “agtergrond” gebeur terwyl die wereld treur oor die tereur aanval. Speel op mense se gevoelens.
Dis wat hulle doel is en kyk wat hulle dink en voel. Om die aap uit die mou te laat en al julle planne hier bloot te le maak hulle net slimmer. Hulle sal n stokkie of dan n argument kry daarvoor ook. Dink julle dit is net ander taliges wat hulle ondersteun? Dink weer.
Ons volk is verdeel omdat ons van God weggedwaal het. En n dag van verootmoediging gaan nie genoeg wees nie. Ons gaan ons moet terugdraai na ons Skepper toe.
En dan is daar die kwessie van glo. Die oomblik wat jy aan dinge soos die evolusie glo, kan jy nie se dat God jou Skepper is nie. Hoe kan Hy jou dan help?

Gina ·

God sê kom maak jou skatte in die Hemel bymekaar. Dit wat hier op aarde is, is van stof gemaak en van stof sal dit vergaan. MAAR, as jy gewerk het vir jou stukkie grond en swaer gekry het om als op te bou, en die Regering kom vat dit net, dan is dit om van te huil. Die Wes Kaap het 90 plase uitgedeel. Na twee jaar is daar verslag gedoen, en dit was 8 uit 90 plase wat wel geproduseer het. Die res van die grond het netso gestaan en Trekkers en inplemente is verkoop, huise af gebreek en geen mens op die plaas nie. Dis lekker as jy net van die regering kan ontvang ne. Ditgeld seker nie vir ons nie

Jaco Grobler ·

Stem heelhartig saam dat waar geloof in God by die agterdeur uitloop, loop ongeluk en wanhoop by die voordeur in. Ek kan nie dink hoe vinnag die land sal vooruitgaan as ons slegs lewe soos wat ons beweer ons glo nie, in die laaste sensus het ongeveer 80% van alle burgers gese hulle is christene, ek sien dit nie in ons gemeenskappe nie, nie eens naastenby nie. Ek maak myself stelselmatig meer en meer los van aardse ding, en hoewel dit verkeerd so wees as enige persoon van sy besittings ontneem wod, moet ons nie ons wese verander sou dit gebeur nie.

Daar is ook die ander kant van die munt dat jy vir jou mense en jouself moet sorg, dis egter ons christelike plig, en wat dan nog van voedsel sekuriteit ? As jy jou plaas net ‘oorgee’ hetsy met of sonder vergoeding is daar ‘n 90% (geskat) kans dat die plaas nie gaan produseer nie, ontneem jy dan nie honderde mense hulle toegang tot kos nie ? In so geval kom dit weer voor dat om te veg vir jou grond en reg om te produseer die mees chistelikste ding is om te doen.

Verbrands moeilike kwessie die, en beslis ‘n groot toets vir almal wat geraak word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.