Minister ‘skuil g’n’ in Casspir

Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu (Foto: Armand Hough/African News Agency/ANA)

Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het tydens ʼn parlementêre komiteesitting ontken sy het in ʼn Casspir gesit en toekyk hoe sorgbehoewendes in Bellville deur die polisie met waterkanonne uiteengedryf word.

ʼn Storm het die afgelope week om die minister se kop losgebars ná mediaberigte oor gebeure verlede Vrydag buite die Sassa-welsynskantore in die Kaapse noordelike stadsgebiede. Dít nadat lede van die publiek nie die sosiale afstandsreëls van die afsonderingsregulasies toegepas het nie en die polisie met waterkanonne op hulle losgetrek het.

Zulu het Woensdag aan die parlementêre portefeuljekomitee oor maatskaplike ontwikkeling gesê dit is eerstens onwaar dat sy van ontevrede mense af gevlug het deur in die Casspir te skuil.

“Ek, Lindiwe Zulu, hardloop van niemand af weg nie, ook nie van lede van die publiek nie. Die waarheid is dat ek en verskeie senior amptenare van my departement die kantoor in Bellville besoek het en met mense in die rye gepraat het.

“Ten einde die mense toe te spreek het ek in die Casspir geklim, slegs om die Casspir se luidspreker te gebruik. Daarna het ek by die kantore ingegaan. Terwyl ek in die kantoor was, het ek agtergekom die waterkanon word ingespan. Dit was ek, Lindiwe Zulu, wat die polisie voor stok gekry het om die gebruik daarvan te staak.”

Zulu het gesê sy het die kwessie opgeneem met die minister van polisie, genl. Bheki Cele, en dat dit deur die Stad Kaapstad én die Menseregtekommissie ondersoek word.

Parlementslede het vertel dat daar hierdie week minstens twee mense – een in Durban en een in Grabouw – dood is terwyl hulle in die ry vir hul uitbetalings gewag het.

Uit die voorlegging deur departementele amptenare het dit geblyk die huidige opeenhopings in spesifiek die Kaapstad-omgewing vind om veral twee redes plaas.

Eerstens beteken die vlak 3-inperkingsmaatreëls dat gemeenskapsale gesluit word. Die ontvangers van welsynstoelaes peil dus almal op die 16 Sassa-kantore in die Kaapse metro af pleks daarvan om oor 150 gemeenskapsale versprei te word.

Parlementslede, amptenare van die departement van maatskaplike ontwikkeling en Sassa-personeel het almal die polisie se optrede veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Fedup ·

And i took an alien ship for a test drive.
Who were those friends in the casspir with you?
You and your circus cronies are treating people like animals.
They will turn on you eventually.

Snowball ·

Mag ons die dag beleef dat hierdie arrogante, selfverheerlikte ANC ministers moet vlug vir die argwaan van die mense.

Hennie J ·

Maak nie saak waar sy was nie. Haar treurige departement is die oorsaak daarvan. Hierdie departement is verrot tot die kern en is n sprekende voorbeeld van hoe dit lyk as onbevoegdes regeer.

Gert ·

Hierdie sirkusnar moet regtig voor stok gekry word. Sy is glad nie geskik vir ‘n ministers pos nie wat staan nog minister van Maatskaplike Ontwikkeling.

Grassie ·

Gert – is enige ander huidige minister enigsins geskik vir ‘n ministerspos?

MakersMark ·

In ‘n Casspir met die camo pakkie en geen houding beret……VIVA!!!

Jandup ·

En sy kan ook sommer antwoord hoekom daar nog nie opgetree is deur die regering met die landwye waterbeperkings wat gemeenskappe ontneem van hulle grondwetlike regte nie.
Elke persoon in die land het die reg tot water

Anton ·

Miskien is dit wat sy wou bereik met die kanonne. Vinnige dienslewering

thejudge ·

@Jandup – jou stelling is verkeerd. Elke persoon in die land het nie ‘n reg tot water nie. Elke persoon in die land het die reg tot TOEGANG tot water.

Dup ·

Ons geliefde minister behoort heel maklik ñ rol los te slaan in ñ nuwe Walt Disney of Batman fliek.Sy is reeds aangetrek en opgemaak vir enige rol.

Marius ·

Ontkenning is een van die anc se sterkste kenmerke . Dit laat my dink wat hulle regtig voel vir hulle mense en ondersteuners . Vra maar net .

Hoekom ·

Hulle lieg so baie haar woord beteken nie veel nie, vertroue in ons regering se amptenare is lankal weg . “I run from no one”, is ook arrogant en mags behep…

Met daardie hare sal ek van haar af weg hardloop hahahaha….

JohanR ·

Jy kry hierdie tv kompetisies waar hulle jou oormaak van kop tot toon. Hare, grimering, skoene, rokke, broeke, naels, brul en soe voorts en soe voorts. Wonder of dit vir die een sal hulp want elke keer as ek in haar foto vas kyk dan skrik ek my boeglam!

Bernard ·

Asseblief! Cele is NIE meer ‘n “generaal” nie. Zuma het hom gejaag vir oneerlikheid

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.