Minister slagoffer van swendelaars op Facebook

‘n Skermgreep van die drie profiele in Thoko Didiza se naam op Facebook.

Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het Woensdag sosialemediagebruikers gewaarsku teen die Facebook-profiele in haar naam wat swendelaars gebruik om geld van lede van die publiek te bekom.

Didiza sê sy het géén Facebook-profiel nie, hoewel dit so uit valse profiele blyk.

Wanneer daar na “Thoko Didiza” op Facebook gesoek word, lewer die platform nie minder as drie profiele op met elkeen ʼn verskillende profielfoto van die minister nie. Een van dié profiele het selfs ʼn dekfoto van die land se embleem en kom voor as die ware Jakob.

Dié spesifieke profiel wys dat dit die profiel van die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling is en dat sy in Port Elizabeth in die Oos-Kaap woon. Een van die ander profiele sê weer die minister woon in Pretoria.

‘n Skermgreep van een van die profiele in Thoko Didiza se naam.

“Die minister wil lede van die publiek ernstig waarsku om nie die slagoffer te word van só ʼn kriminele daad wat deur anonieme persone gepleeg word nie”,” lui ʼn verklaring wat deur die departement uitgereik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gert van Wierdapark ·

Eish, maar dis “tough at the top”! Siestog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.