Minister soek antwoorde ná tweeling op skoolbus verkool

Die skoolbus waarin die twee meisies dood is. Foto: Netcare 911

Die skoolbus waarin die twee meisies dood is. Foto: Netcare 911

Dipuo Peters, minister van vervoer, het Vrydag met die afskop van die Nasionale Padveiligheidsberaad in Kaapstad gesê wetstoepassingsagentskappe moet die oorsaak van die brand op ʼn skoolbus bepaal waarin driejarige tweelingsussies gesterf het.

Maroela Media het vroeër berig die sussies is Vrydag dood nadat die skoolbus waarin hulle gery het, op die N3-snelweg tussen Warden en Harrismith in die Vrystaat aan die brand geslaan het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die bus het tussen die twee dorpe gery toe dit skielik begin brand het. Die bus het 22 kinders vervoer.

“Die bus het van die pad af geswenk en teen ʼn steilte langs die snelweg tot stilstand gekom,” het hy gesê.

Toe paramedici en die brandweer by die toneel opdaag, was die bus in ligte laaie en baie van die kinders was langs die bus. “Twee het kritieke beserings opgedoen. Vier is ernstig beseer en 17 het geringe beserings opgedoen.”

Die tweeling kon nie dadelik opgespoor word nie, maar is later gevind toe die brand in bedwang gebring en die skoolbus deursoek is.

Die beseerdes is op die toneel behandel en na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling en waarneming.

Peters het gesê die voorval het haar baie ontstel.

“Die rede vir hierdie beraad is juis om werklike en blywende oplossings te vind vir die slagting op ons land se paaie,” het Peters gesê. “As ons almal, motoriste, passasiers en voetgangers, saamwerk en die padreëls gehoorsaam, kan ons hierdie slagting op ons paaie te stopsit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jenny Thom ·

3 Jaar is nog bitterjonk om stoksiel-alleen in ‘n skoolbus te ry. Waar was die moeder en/of die oppasser of onder wie se toesig is hulle vervoer? Ek sou nooit toelaat dat my 3 jariges sonder toesig op ‘n skoolbus klim nie.

heni seemann ·

gaan kinders in SA al met 3 skool/kleuterskool toe? as dit so is, wanneer mag hulle nog kind wees wat die beskerming van n moeder mag geniet…

nico ·

Nie lekker om n kind maar om twee te verloor sal van my kop af gaan sal laaik om te weet hoe is daai bus padwaardig verklaar ek se enige bestuurder van n openbare voertuig moet n kurses in noodhulp en brand bestryding he

sannie ·

Die bus het 22 kinders vervoer. 2 dood, 4 ernstig beseer en 17 met geringe beserings. Dit gee 23 kinders. Waar tel ek verkeerd?

Phillip ·

Dagsê Sannie

Die busbestuurder is een van die wat beseer is.

Groete

Phillip Bruwer nms. Maroela Media

Gideon ·

Ek wonder wat is ouderdomme van ander kinders wat vervoer is? Is dit bus vir kleuterskool of is daar moontlik op die bus skoolkinders vervoer tot en met 22 jarige ouderdom en wat per ongeluk die bus aan die brand gesteek het omdat hulle gerook het. My 3 jarige kinders sou vas aan die slaap gewees het, in die bus, want as die wiele draai dan slaap sulke klein kindertjies mos gewoonlik. Dit is ‘n skande dat so tragiese ongeluk gebeur! Daar behoort onderwyser sulke kinders te vergesel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.