Minister soek duidelikheid ná SA spelers nie die knie buig

Minister Nathi Mthethwa. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Nathi Mthethwa, die minister van sport, kuns en kultuur, bevraagteken die Suid-Afrikaanse spelers in die Gallagher Premiership se besluit om nie die knie vir die Black Lives Matter-beweging te buig nie.

Die Sale Sharks se agt Suid-Afrikaanse spelers, Rob du Preez (losskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Dan du Preez (agtsteman), Jono Ross (kaptein en flank), Lood de Jager (slot), Jean-Luc du Preez (slot), Akker van der Merwe (haker) en Coenie Oosthuizen (stut), het nie Vrydagaand die knie voor hul wedstryd teen Harlequins gebuig nie.

Die spelers het egter steeds gewys dat hulle teen rassisme gekant is deur T-hemde te dra met die woorde “Rugby against Racism” daarop. Hoewel vier spelers in die beginspan die knie gebuig het, het Manu Tuilagi – die Engelse internasionale speler van Samoaanse herkoms –ook staande gebly.

Maar die omstrede Mthethwa was nie gelukkig met dít wat hy in Engeland gesien het nie.

In sy toespraak oor sy departement se Covid-19-hulpfondsstrategie het die minister gesê dat hy in verbinding met Saru se president, Mark Alexander, was.

“Hoewel ons nie die wa voor die perde wil span nie rakende die spesifieke aangeleentheid van die Suid-Afrikaanse spelers in Engeland wat nie die knie ter ondersteuning van die BLM-beweging gebuig het nie, wil ons graag weet wat aangaan en wat SA Rugby se houding hieroor is,” het Mthethwa gesê.

“Ons het gesien dat hulle T-hemde ter ondersteuning van BLM gedra het, maar hulle het nie die knie gebuig nie. Toe ek dit gesien het, het ek vir Saru se president gevra om te verduidelik wat gebeur het sodat ons op dieselfde golflengte is.”

Volgens Mthethwa was die hele land bankvas agter die Springbokke gedurende verlede jaar se suksesvolle Wêreldbekerveldtog in Japan en sal rassistiese gedrag en houdings nie geduld word nie.

Hy het bygevoeg dat Saru oor die aangeleentheid sal vergader.

“BLM is belangrik. Die feit bly dat swart spelers al onder rassisme in Suid-Afrika deurgeloop het. Daar is diegene wat rassisme in die geheim beoefen en ons sal hulle jag omdat ons die pyn ken wat rassisme veroorsaak.”

Hy het bygevoeg dat ’n ware nierassistiese samelewing nie iets oppervlakkigs moet wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

96 Kommentare

Kaptein67 ·

Sorry Nathi, ek kniel net voor God. Waneer gaan dit deurdring tot die mense dat hulle niks kan afdwing nie.

Debbie ·

Stem saam. Ek dink ons moet bid teen hierdie beweging. Alle mense se lewens maak saak. Alle rasse het al rassisme ervaar. Dit is nie net swart mense wat teikens van rassisme is nie. Wat van die plaasmoorde? Hy rep nie ‘n woord daaroor nie! Wat is regstellende aksie en swart bemagtiging anders as omgekeerde rassisme? Wat van die regering se verset om blanke besighede te help? Is dit nie ook rassisme nie? Hierdie aanblaas van rassehaat moet stop. Miskien moet niemand meer rugby ondersteun nie. Dan sal die finansies opdroog.

Joggie ·

Staan agter die spelers wat weier om voor terrosiste te buig!

Nie Verbaas ·

En enige trotse en regdenkende mens sal argumenteer dat ALL LIVES MATTER. Stop tog julle minderwaardige BLM propaganda beweging. Wil julle kommuniste nou vir ons nog verder probeer voorskryf wat ons moet doen? Ek sal ook nie knie buig nie. Net voor God word knie gebuig.

Kaytee ·

Nes mens dink jy het alles gehoor, gesien of gelees……..SA se ministers is die beste sirkusnarre……plaas hy doen vir ñ slag sy werk waarvoor hy betaal word!!!!

Termiet ·

Ek daag jou uit om my te kom jag. Ek sal NOOIT my knieg buig vir jou blm nie. As ek ‘n rasis is daaroor kom jag my dan asseblief.

Callie ·

Ou perd, ons mense is ni noodwendig rassisties as ons nie doen wat jou mense wil hê nie. Julle hou van die woord “culture” wanneer julle dit pas! Ek buig die knie net voor God en niemand of vir niks anders. Dit maak my nie ‘n rassis nie. Daarenteen jy tree nou autokraties en rassisties op! Vat jou rugby en druk dit enige plek in waar dit vir jou pas!

Anoniem ·

Nou praat jy Callie. Die rugby stadiums moet leegloop. Dit sal die regte boodskap oordra.

Willem ·

Dit is elke mens se eie om te besluit vir wie hy knie wil buig en wie nie. Jy is nie ń rassis as jy nie die knie buig nie.

Wonder net ·

Ok, volgende wedsteyd dra almal hempde met WLM en buig die knie. Sal graag wil sien hoe vergelyk dit met dié wedstryd. Hoeveel nie-blanke of blanke spelers gaan dan die knie buig? Sal daar dan iets gese word oor dit? Nee want dit is n veldtog wat nie geloods sal word nie.

Wilhelm ·

As ons wil wys dat ons nie saamstem nie: Bly dan weg van die stadions volgende jaar wanneer die leeus hier kom toer. Leë stadions met so ‘n groot toer, sal ‘n boodskap stuur wat die wêreld nie kan ignoreer nie.

Anoniem ·

Soos die Engelse spreekwoord se “Put your money where your mouth is”.

Harry ·

Wat hierdie man miskyk……hy is n dienaar van SA se hele volk. Wat n vry man besluit is sy eie saak. Niemand kan hierdie mense dwing om anders op te tree nie. Minister, jy is nie n God of enige iets soortgelyks nie. Jy is n mens. Kry vir jou n boom en ontspan in sy skadu.

Dries ·

“Ons sal hulle jag.” Gevaarlike woorde.

En daar is niks meer oppervlakkigs as ‘gebare’ soos knie buig en swart Instragram blokkies nie, want dit verander net mooi niks aan enige probleme nie. Wat wel tel is gedrag en integriteit – iets waaroor politici soos Nathi eerder moet swyg!

Martin ·

BLM is in homself ‘n rassistiese beweging omdat dit die lewens van ‘n spesifieke groep bo ander prys. Die probleem met ons regering is dat hul siening is dat as jy nie saam met hul stem oor iets nie jy rassisties is. Dit is ‘n sosialistiese/kommunistiese uitkyk en moet glad nie geduld word nie.

@N€L ·

Ons kniel nie omdat dit BLM is nie, ons kniel nie want God sê ons kniel net voor Hom….wat het met Daniël en sy vriende gebeur toe hulle nie gekniel voor die beeld nie…is dit wat op ons wag?….dan moet ons begin vas en bid!!!

Johan ·

Belaglik, nou wil die minister sommer vir almal besluit wat hulle mag doen of nie, volgens die grondwet het almal die reg op assosiasie. Dan is dit nog in Engeland, niks met SA te doen nie. Sal enige iets doen om aandag te trek, neem die aandag weg van die stelery en korupsie

Suzette ·

Ek staan beslis ook agter die spelers wat nie knie gebuig het nie. Ek is jammer Mthetwa ek buig nie my knie nie. SLEGS voor GOD sal ek. Almal is al blootgestel aan rassisme – al die kante toe, so werklik. En in elk geval is die blm nie uitsluitlik ‘n rasse of “geregtigheids”beweging nie – dis ‘n geestelike beweging soos deur mede stigters Pattrisse Cullors en Melina Abdullah self erken. Die liggaamshouding wat ingeneem word hou direk verband met Anubis – wat ‘n egiptiese god van die dood was – hierdie beweging is okkulties en ek dink meeste van die mense besef dit nie.

Kokerboom ·

Die selferkende ANC rassis bevorder meer tweespalt en onrus as wat hy iets verbeter. Sy arrogansie en houding stink. Dit was nog altyd sy styl. Trots op spelers..sal NIE knie buig

Maritha ·

Sekere mense buig slegs die knie voor God. Nie te moeilik om te verstaan nie Nathi

Pampoen ·

Die SA spelers het gekies om …. KIES, KIES – dit beteken demokratiese reg uitoefen! Sorry – jy sal dit nie verstaan nie.

Scalla ·

Nathi, orals waar jy al minister was , was nie n sukses nie.

Fedup ·

Ever heard of God, twetha?
We will ONLY bend the knee before OUR GOD.
So, go get some matches and go back to where you came from.

Jannie van Niekerk ·

Jammer meneer die minister. ‘n Krimineel ondersteunende organisasie soos BLM is NIE BELANGRIK nie. Weereens ‘n bewys dat ANC politicie misdaad 100 % goedgesind is. BLM se held, George Floyd is ‘n veroordeelde geweldsmisdadiger so waarom moet sportmanne hom ondersteun? Tipies ANC. Probeer enige onbenullge insident gebruik om die aandag van hulle mislukte regeer pogings af af lei

Dolla1961 ·

Nou praat jy, presies my sentiment. Daardie George Floyd was ‘n geweldsmisdadiger wat enige iemand wit of swart sou doodmaak.

Helen ·

Die nar het niks te sê gehad in SA nie want hier moes hulle kies God of Mammon en die meeste het Mammon gekies. Nou dat dit nie in Engeland afhang van jou saris nie nou wil hy sy vuil bek kom uitspoel. Julle is die grootste rassiste in SA jou pes

Johanncb ·

Mnr die Minister, jy kán en sál ons nie dwing om soos jy te dink, óf na jóú pype te dans nie!

Jacobus ·

Comrade Mthethwa, BLM is a highly politisised movement based on what happened in the USA. Even there it is a slogan inflated by leftwing anarchists. You have just clearly shown your rasict bent.
These players do their sport in Europe to play sport and not fly your flag. Your argument is beyond pathetic. If SARU tumble to your threats then they and the players are not worth supporting. Attendance at venues will be the indicator. Just another facet of life the ANC want to and have destroyed.

Vrijburger ·

Dankie. Het al heelwat die foto gesien, nou weet ek wie persoon is. Interessante geskiedenis.

Anoniem ·

“…ons sal hulle jag want ons ken die pyn wat rasisme veroorsaak…” as julle die pyn ken hou dan op met julle rasisme teenoor ons…

Belinda ·

Minister, maklik “All lifes matter” almal moet ewe behandel word!!!

ES ·

Daar is geen wet wat ons verbind om die knie te buig vir enigeen of engiets nie. Niemand hoef enigsins antwoord of rede te gee daarvoor nie.

Die beweging vir “black lives matter” is verstaanbaar, maar hoekom moet dit afgedwing word? Nee wat, dit raak nou te polities.

Kalla ·

Al was daar ‘n wet, sou dit my nie maak om my knie te buig nie!

Sarah ·

Foeitog… Mens sien duidelik die chip op jou skouer. En natuurlik omdat n ander velkleur is, is dit nie reg nie.

Frans ·

Swart mense isi God nie n mens buig net voor God wa kry hule dai gedagte

Hydi ·

En daar is diegene – soos die regering- wat rassisme openlik beoefen. So wat nou liewe minister?

Pieter ·

nathi, ek sal geen knie buig vir niemand nie, veral nie BLM wat eintlik net oor sensasie en politieke wins gaan en geensins daaroor om mense se lewens te red nie.

Faruk ·

Ek het net 2 woorde vir die ou… maar ek mag dit nie hier sê nie. Kan dit met een vinger ook wys.

Mossel ·

Kommunisme ! ek sal nie buig nie ! Hoekom moet mense gedwing word vir die afskuwelikke BLM en waarvoor hulle staan te buig! Jut n reg om te weier! Buif j die knie vir enige veldtog vir plaasmoorde ens… Tsêk man.. sal nie ! kom jag my laat ek sien.. klein brein sindroom.. iemand moet hul altyd belangrik laat voel want self weet hulle, hul is nie waardig genoeg nie..!!

Sias ·

Dat hy as minister nog nie die rede ken van die spelers van die WERELD wat nie die knie buig nie is uiters swak. Dink hy probeer belangrik voel. Swak minister. Ek weet wat labola is en jy weet nie eers ek buig nie my knie vir ander goed behalwe my God nie. Swak swak. Oningeligte minister!

Tommie ·

Hulle is daar om rugby te speel, en dit is wat hulle gedoen het

Nette ·

Mnr die Minister, dit is ‘n keuse wat jy maak, of jy buig voor ‘n lewendige God of jy buig voor ‘n mensgemaakte beweging wat niks beteken nie. Wat is jou keuse?

Koos ·

Hulle wil he ons moet rook drink kuier soos hulle dit wil he en nou wil hulle nog vir ons vertel of ons moet staan of kniel.Vlieg daar waar dit ver is ek sal maak soos ek wil.

Annalie ·

Welgedaan manne trots op julle. Die Floyd man of wie hy ookal was het boggerol met SA te doen

Kokerboom ·

Hierdie ANC kader het nou met belastingbetalersgeld die verkeerde snaar aangeraak!

Hannes ·

Weet nie watse duidelikheid soek die ou – dis jou keuse om nie knieg te buig. Bravo vir die wat dit nie doen. Die knaap soek ook maar so bietjie aandag in die media.

Johnny ·

Kan almal tog net hulle vroomheid hieruit laat bly? Dis nie ‘n godsdienstige situasie nie, so almal wat so vroom is – julle stellings is geheel en al onvanpas hier!

annie ·

Ons land beweeg in ‘n gevaarlike rigting. Is daar nou ook ‘n oorlogskamer vir SA-sport?

Cobus ·

Net ‘n “wake-up call” vir Mthethwa: die enigste rassis in hierdie aangeleentheid is hy, een van die vele plastiese ANC “ministers”. Ook ek buig net my knieg voor die ware en enigste God, nie voor selfaangestelde valse gode van die wêreld nie!

Werner ·

Is dit nie duidelik genoeg vir hom dat ons net ons knie Sal buig vir ons drie enige God en niemand anders nie.Hulle kan nou wel gode in hulle eie oe wees maar in ons oe is hulle net n klomp korupte skurke

Johann ·

Magsbehepte haat aanstoker! Buig jou eie knie voor jou eie gode en slaafse rassisme!!!!!

Johann ·

BLM+WLM=ALM, watter deel verstaan jy nie ou, ons buig net ons knie voor GOD want dit hoe ons groot gemaak is ASOOK swart mense buig hul knie r voor GOD, ons lag vir julle klomp narre!!!

BetsnBraam ·

BLM syaan het vir n gedeelte van ons land. Wat van die eenigheid van ons land?

Persheks Adri ·

Is dit huh? Jy is nie die Here nie en nog minder is ek van JOU kultuur! Waarmee wil jy ons jag huh? Dis ‘n dreigement wat jy nou doen!!!

“BLM is belangrik. Die feit bly dat swart spelers al onder rassisme in Suid-Afrika deurgeloop het. Daar is diegene wat rassisme in die geheim beoefen en ons sal hulle jag omdat ons die pyn ken wat rassisme veroorsaak.”

Anel ·

Foeitog. Die spelers is hier weg want hulle sou op ‘n stadium moes plek maak vir transformasie. So hou jou smoel. Jy is een van die grootste rasiste. HOU POLITIEK UIT SPORT. Gelukkig is ek nou genees van sport kyk. Hierdie maande daarsonder het my gewys ek beter dinge doen met my Saterdagmiddag. Voel net jammer vir die atlete wat goed is in hul sport en nou nie meer die ondersteuning gaan kry wat hulle verdien nie. Dalk moet die blankes maar hul eie sportfederasies begin. Sal dit beslus ondersteun.

MakersMark ·

Waar val die nar uit die spelers speel in ‘n ander land vir ‘n ander werkgewer wat 100% tevrede is met hul optrede. Dink hy hy gaan sy afgodediens kniebuigery afdwing op alle SA spelers ? Wat doen hy en sy anc kollegas vir plaasmoorde behalwe dit ignoreer ?

Flippi ·

ALL lives matter!!! ALMAL het ‘n reg om te LEWE! Dis tyd dat ons opstaan vir ELKE vrou, kind, boer, bejaarde (maak nie saak watter kleur/ras) wat daagliks IN ONS EIE LAND mishandel, verkrag, vermoor of gemartel word.

Mariana ·

Hoe kan hulle gedwing word om die knie te buig voor die spul. Hy is arrogant as hy dink hy moet en kan. BLM is nie wat hulle voorgee nie. En ja All Lives Matter. Wat maak swart lewens beter as ander dat knieë gebuig moet word.

TO ·

Soooo trots op julle wat nie die knie gebuig het nie. Julle het gewys waarvan julle gemaak is. Die minister verstaan seker nie ons Christene se kultuur. VOOR GOD ALLEEN BUIG JY

Hendrik ·

Liewe minister. Jy se julle ken die pyn van rassisme? As jy die pyn ken…..hoekom wil jy ander daaraan bloot stel?

Pieter ·

Ek sal nou alle sport boikot sal maar op tv kyk. Laat our people maar die stadions gaan vol maak

MoederMamma ·

Nou wat het dit met die minister uit te waai waar hulle nou in die buiteland in hul privaathoedanigheid aan hul loopbane werk?

Jaco ·

Dis darem ‘n LANG lys wit name in dié rugbyspan. Wat dan nou van raskwotas?

Althes ·

Wie gee jou die reg Nathi Matetwa dat jy afdwing wat mense mag doen en wat nie? Elkeen het ñ demokratiese reg in SA.
Buitendien BLM se stigterslede is in omstredenheid gehul.
Volgens jou is daar te veel wit mans in die bestuur van KSA.
Is krieket ñ swart sport, soos jul beroem op sokker?
Die kykergetalle en wie toeskouers is bepaal grotendeels die finansies van ñ sportsoort.
Moet nie jou hand oorspeel nie.

Moedeloos ·

Niemand kan jou dwing om die knie te buig nie. Dis uit en uit jou eie keuse. Die minister moet eerder gaan huis skoon maak oral waar hul gemors aangejaag het.

Fritz ·

Ek is ook teen rassisme gekant want ek ervaar dit elke dag! Die Regering diskrimineer teen blankes as dit gaan oor hulp! Ek buig net voor my Skepper! Ek salueer die manne wat bly staan het.

Vrijburger ·

I can not get over the irony of how racist the ‘anti-racists are’.

marthie ·

Ek kniel net vir een dis vir die Here en almal se lewens is waardevol ek stem saam daai wat staan against racism hkm net vir een kleur se black lives matters ALL LIVES MATTER toe daar ‘n wit kind dood geskiet word oorsee word daar niks gesê nie toe hul daai man dood maak maak hul ‘n ophef wat van almal wat vermoor word swart wit bruin vir my is sal wees ALL LIVES MATTER NO MATTER WHAT RACE YOU ARE. HKM MOET DAAR ALTD KLEUR INKOM STAAN LIEWERS ALMAL SAAM MAAK NIE SAAK V VEL KLEUR NIE. EN PROBEER GOED UIWERK OM ALMAL GELUKKIG TE HOU. PLEASE STOP RACISM
Hkm vind Jul fout omdat daai rugby ouens nie kniel nie. Hul dra moes ‘n hemp stop rasisme

Llady ·

Wat, is dit dan nou wet om by sulke geleenthede te moet kniel ter omdersteuning van wat ookal op daardie stadium aan die orde van die dag is?! Net omdat hulle nie gekniel het nie, beteken dit nie dat hulle rassiste is nie!! En net omdat iemand sê ALL lives matter instede van BLM maak dit ook nie van hulle rassiste nie!! Dit is die fout wat sommige mense maak. Hulle dink, as mens sê ALL lives matter, dat mens BLM uitsluit. Wat nie verder van die waarheid af kan wees nie! Ek wens, soos Solidariteit sê dat mense soos Mthethwa hulle beheptheid met ras en die gevolglike rasmalheid net kan stop!!

Spokie1983 ·

Uhmmmm….hoekom buig jy ni jou knieg vir elke boer wat vermoor word ni? Hoekom iets ondersteun wat teen my bybel gaan? Di klomp wat so kniel vi een, maar ni vi n ander ni, ondersteun eintlik “no lives matter”. Daarsy… My 5c gegee…

christo ·

Wie gee BLM die reg om my eie denke te regeer?
Ek sou nie eers die T-hemp gedra het nie. Ek het nog nóóit voor enige groep of mense die knie gebuig nie. Ek kniel net voor die Here en basta met die res. Nathi Mthethwa kom jag my, jy gaan tweede kom!

Veronika ·

Vir wat!!?? Niemand kan gedwing word om in iets te glo of te ondersteun in sy persoonlike hoedanigheid nie! ALL lives matter NIE net back lives nie, en ek sal my wragtig nie laat voorskryf nie!! 100/100 vir julle wat by jul standpunt gestaan het!!!

Mallie ·

Dis sommer nonsens. Wat van alle lewens, ek wil net se as dit nie vir die wittes was, was die “black” nie waar hulle is vandag nie. Kom ons respekteer mekaar. Pienk, groen geel maak nie saak nie. Ons is Suid Afrikaners. Die son skyn vir ons almal.

Nick ·

Sal nooit hulle erken as leiers nie en sal ook nie voor hul buig nie. My Vader stel dit duidelik in sy handleiding,die wat dit wel doen sal nie ongestraf bly nie en terloops hoekom praat hulle van die anc as ons leiers,hulle is niks van my nie en ek sal alles anders doen as om hulle te gehoorsaam!

Jack ·

En dit is wat rassisme is. Om ander te dwing om n geloof te aanvaar wat nie vrye wil is nie.

Tasha43 ·

Ek buig my knee net vir God, niemand sal my dwing om my knee vir enige iemand anders te buig nie, well done boys!!

Anoniem ·

Mnr die Minister van Sport sê asb vir my ::: Hoekom moet daar die knie gebuig word voor die wedstryd??? Wat word daarmee bewys???? Lamsakkige spelers wat dit doen!!!!

Sarel ·

Minister, groot verskil tussen Rassisme, soos u dit sien en Geloofsoortuiging. Wst is u Geloofsoortuiging. Bravo vir diexen ander Sportlui wat nie die knië buig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.