Minister ‘spyt’ oor verontagsaming van afsonderingsreëls

Stella Ndabeni-Abrahams verskoning instagram twitter

‘n Skermgreep van Manana se foto op Instagram.

Die beleërde minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Stella Ndabeni-Abrahams, het Woensdag vir pres. Cyril Ramaphosa, die nasionale Covid-19-bevelsraad én die land om verskoning gevra omdat sy die bepalings van die staat van algehele afsondering verontagsaam het.

“Ek betreur die voorval en is baie jammer oor my optrede. Ek hoop die president en Suid-Afrikaners vind dit in hul harte om my te vergewe,” het Ndabeni-Abrahams in ʼn kort video gesê.

“Die president het my dadelik op spesiale verlof geplaas. Ek onderneem om tydens dié verlof by die bepalings te hou. Ek wil die geleentheid gebruik om die president se oproep, dat ons almal die afsonderingsbepalings nakom, te gehoorsaam.”

Sy het ook gesê dat die streng bepalings ʼn “nodige ingryping is om die verspreiding van ʼn virus, wat reeds verwoesting in talle lande gesaai het, te bekamp”.

Ramaphosa het Ndabeni-Abrahams Woensdag vir twee maande op spesiale verlof geplaas nadat ʼn foto van haar, waar sy saam met vriende middagete nuttig, op sosiale media versprei is. Een van dié verlofmaande is onbetaald.

Die voormalige adjunkminister van onderwys, Mduduzi Manana, het die foto van hom en Ndabeni-Abrahams, wat hy as ʼn vriendin bestempel, op Instagram gedeel. Daarin sit die twee saam met verskeie ander mense aan tafel en eet.

Die onderskrif by die foto het gelui: “Dit was heerlik om ʼn voormalige kollega en liewe suster, kameraad Stella Ndabeni-Abrahams, te onthaal terwyl sy op pad terug was om belangrike en noodsaaklike dienste te lewer.”

‘n Skermgreep uit die video waarin Stella Ndabeni-Abrahams verskoning vir haar gedrag vra.

Manana het die foto sedertdien verwyder.

Ramaphosa het die minister Dinsdag ontbied en sy afkeuring van haar optrede te kenne gegee. Volgens die presidensie ondermyn haar gedrag die bepalings dat alle burgers moet tuisbly.

“Wat betref die bewerings dat die minister die bepalings van die algehele afsonderingstydperk verontagsaam het, moet die reg sy loop neem,” het die presidensie gesê.

Suid-Afrikaners het met skok en woede reageer op die minister se verontagsaming van die maatreëls.

Ramaphosa het Ndabeni-Abrahams se verskoning aanvaar, maar “was onbewoë deur die versagtende omstandighede”, het sy woordvoerder gesê.

Die minister in die presidensie, Jackson Mthembu, sal intussen in Ndabeni-Abrahams se pos waarneem.

Ramaphosa het Ndabeni-Abrahams ook beveel om die land om verskoning te vra.

Vuyani Pambo, woordvoerder van die EFF, het intussen gesê die party gaan strafregtelike klagte teen Ndabeni-Abrahams aanhangig maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Genis ·

Baie arrogant! Klein bietjie op haar neus geduik… Slegte voorbeeld, en baie onvolwasse onbevoegd

Burgermeester ·

Sy is net so min spyt oor haar onverantwoordelike optrede, as wat ek spyt is oor my skeptiese houding teenoor enige iets wat uit ‘n ‘kameraad’ se mond kom. Dit is net lip bewegings en niks anders nie.

Burgermeester ·

Gooi hom mielies Wit Willem.
Jy moet nie net omverskoning vra nie, maar jy moet ook onvoorwaardelik ‘spyt’ wees. Probeer ‘n bietjie emosie toon wanneer jy omverskoning vra. Ongelukkig gaan jy op twee maande ‘spesiale verlof’ geplaas moet word, vir wat jy Saterdag gaan doen. Sterkte!

Strandloper ·

Mmmmm…dalk eeder n voorbeeld van haar maak en haar fire voor ons vergeewe!

Eiervrug ·

Ek hoop die vrou wat so geloop en gil het in Silverlakes is volgende om jammer te sê. Nie noodwendig omdat sy die reëls breek deur rond te loop nie, maar omdat sy haar eie naam so weggooi deur die snert wat sy kwytraak…. Ek sou my kop in skaamte laat sak het….

Jannie van Niekerk ·

Sy is regtig spyt…Spyt dat sy uitgevang is ja. Geen mens met ‘n IK van minder as 0.0 sal haar glo nie.
Behalwe as hulle ANC kaders is. Ek dink nie sy is hard genoeg gestraf nie.

Maritha ·

Poplap. Jy is net erg spyt omdat jy uitgevang is. Jy moet maar jou straf vat. Ek glo jou in elk geval nie. Daar is verseker nog baie sulke mense, hulle is net slim genoeg om nie fotos te neem daarvan nie.

Isabella ·

Ek is jammer maar sy het nie n ander keuse as om jammer te se SY IS UITGEVANG en nou moet sy dit doen om haar werk te red ander mowt duur betaal daarvoor geen genade vr hul

Eerlik ·

In dieselfde asem wil sy vir ons preuk om die reels na te kom……wat n arrogante verskoning van sogenaamde “leadership”

Grotti ·

Dan moet ander oor dieselfde kam geskeer word, sy kry spesiale behandeling en as minister behoort sy ontslaan te word, SONDER vergoeding

Michelle ·

Hoe kan sy wat veronderstel is om ‘n voorbeeld te wees gaan uit eet en dan nog foto’s in die media plaas dit is meer as arrogant sy het geen respek nie. Nou sit sy ‘n maand lank by die huis met ‘n salaris en een sonder dit hul kry so ‘n goeie salaris dit is ‘n vakansie vir haar. Laat haar vir twee maande in ‘n hospitaal werk met die virus mense of laat haar die mense gaan ‘screen’ ek sou sê dit is ‘n gepaste straf.

Boortor ·

Blah blah blah kameraad! Ek aanvaar nie jou verskoning nie. Wag om te hoor of iemand n klagte gaan le teen jou kameraad maaitjie ook. Hy is net so skuldig maar ek dink hy is al gewoond daaraan. Sal tevrede wees as ek n video sien waar hulle jou in die vangwa laai en by die tronk aflaai. Snaaks ons dreig minister van polisie is so stil

DieKriek ·

Sy het om verskoning gevra want dit is een van oom Cyril se besluite vir haar. Ek wonder of sy dit sou doen as sy nie gedwing is nie.

Verder het oom Sirel glo gesê die gereg moet sy gang gaan. Nou miskien word sy oor so tien jaar aangekla en dan neem die saak nog 20 jaar om afgehandel te word. Sy sal dan te ‘arm’ wees om die boete te betaal. S’Afrika…

Jaco ·

Net enkele voorbeelde uit die ou SA:
Terwyl BJ Vorster eerste minister was, het hy ‘n strandhuis laat bou op Oubosstrand in die Oos-Kaap. Daar was seker net 10 huise daar, maar het dit nie lank besit nie, toe word die toegangspad na die gehuggie met sy 10 huise geteer,,,
in die ou SA het PW Botha gereeld gaan jag waar niemand anders mag gejag het nie. Dan is sommer ook van staatsvervoer gebruik gemaak
sy een seun het militere diensplig in die vloot gedoen. die vloot het bitter min dienspligtiges ingevat en die keuring was streng. Dit was nie lank nie, toe is PW se seun in ‘n elite wageenheid van die vloot
En nie lank daarna nie, toe het PW se seun die naweek af en beland toe in ‘n motorongeluk in die vroee oggendure.
van dit alles het NIKS gekom nie
So nou wonder ek maar net, waarom kla ons dan oor hedendaagse onregverdigehede as dit maar in die ou SA ook gebeur het?

Gemaskerde Sopbeen ·

Spyt? Werklik? Seker oor sy uitgevang is.
Sien die EFF het haar strafregtelik aangekla. Hoop die EFF druk die vervolging om die saak in die Hof te kry.
Wat van Mduduzi Manana? Kla hom ook aan.

Hennie ·

Wát? Jammer?? Te jammer te laat. Jy’t geweet wat jou regering se duidelike wetgewing is oor die saak maar jy het die sotlike besluit geneem om die wet uit te daag en jy en jou geleerde eks kollega in die parlement het klaaglik misluk! O Nee, as ‘n gewone lid van die publiek so iets sou doen sou arrestasie en ‘n R5000 boete sy voorland wees. Nou wat laat jou dink dat jy verhewe is bo enige wet van die land? Net ‘n absolute dwaas sal so redeneer! So as ‘n sg. Minister, dien jou bedanking summier in, gaan betaal jou R5000 boete en verdwyn voor jy dalk verras word deur ‘n corona virus wat dalk ook nie van jou hou nie!
Jy is dood elementêr nie meer welkom in die bestuurstruktuur van die land nie, jammer of te not! – jy is ‘n gevaar vir jou medeburgers!!
NS : Jou welbekende en berugte gasheer behoort ook aangekla te word vir die totale verkragting en ignorering van ‘n landswet!

Vonkprop ·

Ag moeder, kyk hoe lees ons ons woordjies van ‘n papier af. So dit is basies vir haar neergeskryf wat sy moes sê. As sy dit regtig bedoel het sou sy meer emosie gewys het en self gepraat het. Ek stem saam met almal hier onder. Sy is jammer net omdat sy uitgevang is.

Vanessa ·

Ag nee regtig, is dit nou so moeilik om die vrou te vergewe. Syt mos nou klaar omverskoning gevra. Wat moet sy nou nog doen, op haar knieë gaan. Mens sal sweer julle het nog nooit foute gemaak nie. Ek vergewe haar en ek is seker sy sal dit nie weer doen nie.

Strandloper ·

Sy dink sy is verheewe bo die wet nes “mal” ematjie

Frans ·

Beste Jaco dit is een kant van die storie want aan die ander kant:
1988: Hennie van der Walt, deputy minister of co-operation and development and MP for Schweizer-Reinecke. Sentenced to 10 years in prison, five suspended, for 15 counts of theft involving trust monies of R800 000

1989: Leon de Beer, former National Party MP for Hillbrow. Jailed for two years for 70 counts of electoral fraud.

1993: Pietie du Plessis, former National Party cabinet minister, sentenced to nine years in jail for 17 counts of fraud involving R300m.
Hoeveel ANC ministers is in die tronk.Zuma wat verantwoordelik is vir die gemors voor Corona loop nog steeds vry rond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.