Minister staan hofaansoek oor toerisme-ekwiteitsfonds teë

AfriForum en Solidariteit sê hulle is reg om die minister die stryd in die hof aan te sê. (Argieffoto: Dept. van toerisme)

Die departement van toerisme sê sy pogings om die bedryf te transformeer word gedwarsboom deur AfriForum en Solidariteit. Dít nadat die hooggeregshof in Pretoria op 27 April die twee organisasies se aansoek toegestaan het wat die verwerking van aansoeke by die departement se Toerisme-ekwiteitsfonds (TEF) tydelik stuit.

Maandag het die departement aangekondig dat hy van voorneme is om die hoofaansoek, rakende die grondwetlikheid van die kriteria wat die TEF gebruik, teen te staan.

Die minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, sê AfriForum en Solidariteit betwis die wetlikheid en rasionaliteit van die kriteria dat ʼn onderneming 51% in swart besit moet wees om te kwalifiseer. Die organisasies sê dié beleid is nadeling vir talle Suid-Afrikaanse werknemers, wit én swart.

Volgens die minister voer die organisasies aan dit spruit uit die Wet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging (B-BBEE), saamgelees met die Toerismekode. Dié kode skryf ʼn formule voor waarmee punte vir B-BBEE-voldoening toegeken word.

Die TEF beoog om ondernemings – wat ʼn minimum van 51% swart eienaarskap het – in die akkommodasie- en gasvryheidsbedryf, asook reis- en verwante dienste, produkte en inisiatiewe, te finansier.

Dit word gedoen deur ʼn kombinasie van toelae, konsessielenings en skuldfinansiering om ekwiteitsverkrygings vir nuwe ontwikkelings, of die uitbreiding van bestaande ondernemings in die toerismebedryf, te ondersteun.

Die minister sê nadat sy ʼn brief van AfriForum en Solidariteit ontvang het met ʼn versoek vir inligting oor die aard van die fonds in die lig van die Covid-19-pandemie, is die verwerking van aansoeke gestaak en daar is ook met die twee organisasies vergader om die aard van die fonds en sy oorsprong te verduidelik.

“In wese was hulle [AfriForum en Solidariteit] van mening dat die minister die fonds moet gebruik om finansiële verligting te bied aan sakeondernemings wat deur Covid-19 geraak is. Hulle het aangevoer die transformasie van die bedryf moet sekondêr wees teenoor Covid-19-verligtingsmaatreëls.”

Kubayi-Ngubane sê daar was destyds al geen twyfel oor die beleidsbedoeling van die Toerisme-ekwiteitsfonds nie: Om transformasie in die bedryf ʼn hupstoot te gee.

“Dit is ook verduidelik dat die TEF nie blind is vir die uitwerking van Covid-19 nie, maar dat dit transformasie en inklusiewe rekonstruksie van die toerismebedryf steun.”

Die minister sê sy hoop AfriForum en Solidariteit stem in tot ʼn versnelde proses sodat die duisende mense wat reeds aansoeke by die TEF ingedien het, nie benadeel word nie.

Aansoeke ten bedrae van sowat R5,6 miljard is reeds ontvang.

“Ons moet weer benadruk dat ons pogings om die bedryf te transformeer rotsvas staan. Ons het ons regsverteenwoordigers opdrag gegee om voort te gaan met ons verdediging van pogings deur AfriForum en Solidariteit om die kriteria teen te staan en ongrondwetlik te laat verklaar,” sê Kubayi-Ngubane.

“Daar moet vooraf kennis geneem word dat die vertraging met die inwerkingstelling van die TEF swart sakeondernemings negatief gaan raak wat reeds ooreenkomste aangegaan het en deur Sefa (die staat se kleinsake-finansieringsagentskap) aansoek gedoen het vir finansiering.”

Volgens die minister verhoed die bedryf se kapitaal-intensiewe aard nuwe en bestaande ondernemings in swart besit om ʼn beduidende bydrae te lewer en deel te neem in die sektor.

Kubayi-Ngubane sê die meeste toerismeondernemings het steeds nie die 30%-eienaarskapteiken bereik nie en daar is steeds net ʼn beperkte getal mediumgrootte sakeondernemings wat deur swart mense in die toerismebedryf beheer word, “om nie eens van groot ondernemings te praat nie”.

Die departement sê toegang tot finansiering is een van swart entrepreneurs in die bedryf se hoogste hekkies.

Die minister sê die kwessie is nou in die hof se hande en sy het ʼn beroep op aansoekers gedoen om geduldig te wees met die verwerking van aansoeke.

“Ons is van mening dat hierdie gedurige hindernisse in die transformasie van die bedryf teen ʼn hoë prys kom vir diegene wat gely het weens die ernstige marginalisering en onderdrukking wat ons ongelukkige en hartseer verlede oorheers het.”

AfriForum, Solidariteit reg vir hofstryd

AfriForum en Solidariteit sê intussen hulle is reg om die minister in die hof die stryd aan te sê.

“Ons sien uit daarna om die minister in die hof te ontmoet. Sy meld graag dat ondernemings met swart eienaars swaarkry en hulp moet ontvang, maar steur haar nie aan die swaarkry van ondernemings met wit eienaars of dié se werknemers nie,” sê Anton van der Bijl, hoof van regsake by Solidariteit.

“Om Solidariteit en AfriForum as sondaars uit te kryt, is vir haar gerieflik; tog is dit sy en haar departement wat versuim het om die nodige administratiewe prosesse te volg en dus die fonds verkeerdelik die lig laat sien het.”

Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, sê die Covid-19-pandemie en die regering se inperkingsregulasies het alle ondernemings in die toerismebedryf geraak – ongeag die eienaars se ras.

“Die minister is ontsteld deur die feit dat AfriForum en Solidariteit die rassistiese, diskriminerende toerisme-ekwiteitsfonds ‘frustreer’. AfriForum en Solidariteit sal diegene wat probeer om sistemiese rassisme teen minderhede te bevorder, graag ‘frustreer’,” sê Van Zyl.

Van der Bijl sê die organisasie kan nie toelaat dat die regering “rassefondse” stig wat uiteindelik almal benadeel nie.

“Dit is nie net wit of swart eienaars nie, maar ook talle werknemers en families wat deur die regering se kortsigtigheid geraak word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jr ·

Man simpel en goed en wel. Wit mense support net wit besighede en vermy 51% BEE plekke

Willem ·

Daai geld wat sy vir swart ondernemings wil uitdeel is ons belasting geld

Kokerboom ·

Dat ‘n mens soo verblind kan wees deur jou eie domheid en dan nog belastingbetalersgeld misbruik om jou idiotiese ideale af te forseer terwyl jy knus ‘n stralejakker lewe lei op die einste belastingbetalers top vergoeding. Sterkte Afriforum …vloer haar rassistiese benadering!!!

Althes ·

Dis wat dit so maklik maak. Dis iemand anders se geld om te mors. Dit is nie die ANC kaders se beursies wat gebruik word nie.

JohanR ·

Ons het niks anders van die minister en die ANC verwag nie. SAL NIE vir wittes gee. Maar die saak hang ook af of daar ‘n ANC kader regter in beheer van sake in die hof is! Terwyl die ANC nou swart/wit speeletjies speel gaan die toeris bedryf ten gronde!

Johanncb ·

Die minister se “proses van transformasie”, is ‘n volle proses van diskriminasie! Lóói hulle Afriforum!

Tipper ·

ek het net blankes wat vir my werk,ons pocket al die geld,elkeen werk van sy huis, minister.

Persheks Adri ·

Duh help die bestaande besighede nie entrepreneurs nie. Mense wat klaar in die bedryf is weet wat om te doen. Domastrant regtig!

Pieter ·

Maar ons blankes se belasting geld is goed genoeg een woord vir julle anc voetsek.

Stephen ·

The following is my opinion, and I am positive I am correct in assuming the applications received so far for compensation are front companies or individuals posing for the ANC to further defraud the taxpayer of millions of Rands by ripping off the fund in a big time scam to enrich themselves.
The ANC has no interest in responsible governance, but only self enrichment by using the State coffers as their personal Bank. Pity there is no way to establish what is really going on.

jzjz05 ·

Anc Staan alles wat wit oor klae oor wat diskriminasie is teen, so al wat jy hieruit wys word is dat hulle wit geen beweeg ruimte wil gee nie.so ons moet begin terugveg op die selfde manier wat nie maklik gaan wees nie .daar is geen alternatief vir ons nie.

Johnny ·

WEB geld hier. En ek is nie eers skaam om dt te sê nie. Ek gee voorkeur aan my eie mense wanneer ek goed of dienste koop.

Chris ·

Sterkte aan Afriforum en Solidariteit. Die tyd om vir haar Koebaai te sê en haar sonder vergoeding haar posisie te verlaat. Niemand het regtig in ou bedeling swaar gekry, waarop sy sinspeel nie….

Althes ·

Volgens een of ander professor wat in genetika veld werk, wat nou die aand op E-nuus was, is ons almal deel van ñ reenboognasie. Volgens hom het die Europese mans verhoudings met die plaaslike volk se vrouens gehad en ñ gemengde gene poel het ontstaan.
Dan moet BBEE moes eintlik geskrap word.
Want dan is ons almal boeties en sussies van mekaar?
Hmmm? Wat gaan Julius Malema daarvan sê?

Herman ·

So sal als ten gronde gaan met die BBBEEEEE (what ever) besigheid.Klaar.

Jack ·

Soos talle ander ministers word die huidige pandemie gebruik om hul eie politieke doelwitte te bevorder. Hulle gee nie om of duisende van die “people “nou hul werk verloor omdat die fondse vir hulp diskriminerend verdeel word nie. Hoe eenogig kan n man of vrou nou wees maar dit is SA die land van baie eerstes.

Danie ·

Dis hierdie goed wat my in n rassis sal verander.
Witmense is gemors maar hulle is goed genoeg om te gee gee gee.
Sedert malema en kie se uitsprake so twee jaar gelede het ek nie weer n sent vir enigiemand van kleur gegee by verkeersligte of parkeerplekke nie.
Tans is daar maklik 8 banksakkies propvol silwer wat in my karre rondlê.
n Duidelike bewys van hoe ek hierdie mense wat my elke dag beledig en verag, oor die jare gehelp het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.