Minister swaai om oor verbod op voedselverspreiding

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, gedurende vanoggend se mediakonferensie (11/05/2020) Foto: Verskaf

Dit blyk dat Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, teruggegaan het op haar besluit om ’n beplande verbod in te stel op die verspreiding van gaargemaakte kos onder behoeftiges. Dít nadat dié verbod wyd kritiek ontlok het.

Zulu het aan die parlementêre portefeuljekomitee vir maatskaplike ontwikkeling gesê haar departement wil nie die skenk van gaargemaakte maaltye aan behoeftiges verbied nie, maar eerder ʼn gebrek aan koördinering voorkom in die manier waarop kos onder behoeftige gemeenskappe versprei word.

Dít nadat ʼn konsep van die beplande verbod op 7 Mei aan die lig gekom het. Hierin word bepaal dat nieregeringsorganisasies wat voedselverligting aan behoeftiges bied slegs kospakkies mag versprei – geen gaargemaakte maaltye word toegelaat nie.

“Dit gaan nie oor gaargemaakte kos of nie … dit gaan oor die verspreiding van kos op ʼn behoorlik gekoördineerde manier,” het die minister egter Dinsdag gesê toe parlementslede haar oor die konsepregulasies pols.

Zulu het verduidelik dat die departement slegs ʼn situasie wil vermy waarin een gemeenskap maaltye ontvang en die gemeenskap reg langs hom honger ly.

Die konsepregulasies bepaal ook dat skenkers ʼn verspreidingsplan aan die polisie moet voorlê. Hulle moet ook van deur tot deur gaan om die kospakkies af te lewer in plaas daarvan dat arm gemeenskappe kos by ʼn betrokke punt gaan afhaal.

Die konsepregulasies bepaal verder dat diegene wat kospakkies ontvang, se persoonlike besonderhede deur die skenkers ingewin word en aan die departement van maatskaplike ontwikkeling deurgegee word.

Teenkanting

sopkombuis

Foto: Pixabay/Pexels.com

Grant Twigg, lid van die Stad Kaapstad se burgemeesterskomitee vir stedelike ontwikkeling, het gesê dié konsepregulasies is nie net onbillik teenoor behoeftiges wat skenkings ontvang nie, maar ook diegene wat die skenkings verskaf en versprei. Volgens Twigg het die metro reeds ʼn skrywe aan Zulu gerig om haar te oorreed om nie met die verbod voort te gaan nie.

“Die Stad Kaapstad raai min. Zulu ten sterkste aan om die konsepregulasies te verwerp wat slegs ondervoeding en voedselonsekerheid in die plaaslike gemeenskappe gaan versnel,” het Twigg gesê.

Die DA het ook sy misnoeë met die konsepregulasies uitgespreek. DA-LP Alexandra Abrahams het gesê indien die beplande verbod ingestel word, sal Suid-Afrikaners van die honger omkom en nié van die koronavirus nie.

Sy het gesê die voorgestelde regulasies sal ook enige organisasie of individu verplig om ʼn aansoek om ʼn permit by die departement van maatskaplike ontwikkeling minstens 48 uur voordat hulle kos wil versprei, in te dien.

“Dit impliseer dat Suid-Afrikaners verban gaan word om kospakkies uit hul eie winkeltrollies en kruidenierskaste saam te stel om aan behoeftiges te gee sonder die departement se goedkeuring,” het sy verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Frederik ·

Ai as jy n bek geveg wil opsit oor kos? Kyk net hoe spandabelrig leef die ministers, terwyl ander pennies moet omdraai om kos op die tafel te sit. Sies!! dit is n skande.

Burgermeester ·

Die ANC Regering kan hulself nie koördineer nie, maar hulle wil ʼn gebrek aan koördinering van voedselversprieding voorkom? Pffff!!

Jan ·

Ek is nie n bad mens nie . Maar hoe gouer die mense iphoe skenk en instop hoe gouer kan ons popmaak

Oomniklaassevriend ·

Op hierdie stadium het die blanke Sonskyn plakkerskamp noord van Pretoria nog geen voedselhulp van die regering ontvang nie. Genadiglik was daar hulp uit ander oorde. Dis seker hoe regverdige voedselverspreiding werk.

capie ·

As daar kospakkies vir daardie gebied gewees het, sal dit nie daar uitkom nie en in ander vet koskaste beland

Jan ·

Hoekom ondesteen die DA of die ander partye nie die wit plakerskamp nie. Hulle wil steme he . Amal hof toe vat maar hulle help nie veel nie

Fedup ·

Because the da will tell you straight to go and beg for food at malls. Personal experience of that. The da don’t know the difference between a branch and a stick. They will not help. They can only complain.

koos10 ·

Fedup, I am not a DA supporter, but I need to show you on the fact that the government must take care of it’s people, it is not the DA’s responsibility. The government reci taxes and made the promises to the people, and now the same government want to interfere with affords of everyday people, to feed people even though it is not their responsibility. The ANC is willing to let people die of hunger for their own sick games!

Fedup ·

I do agree with you koos. Just a shame no one can put a stop to this.

Anoniem ·

Totally agree with Fedup. And here I was thinking that it was only me who noticed what the DA is all about. Thumbs up to you.

RekmyBek ·

Is daar ‘n lys waar mens kan sien vir wie hul gegee het? Waar sien en hoor jy dit?

Kobus ·

Klink meer na ‘n Zulu met Kroep! Nou waarom gaan koop die regering nie hulle eie kos met die geld wat daarvoor bestem was nie? Dan is dit mos onder hulle eie beheer. Hul wil mos nie die wittes voer nie! Nou wil hulle wraggies die mense wat skenkings doen vertel waar om die kos uit te gee.

Johanné ·

Die staat vat alreeds ‘n vyfde van my inkomste, nou wil hulle vir my kom besluit wat ek mag doen met die res van my inkomste??? Julle praat van ‘n staatsgreep? Ek dink dit kruip bietjie nader, individu-greep. Dit lyk nie of sy al ooit honger was nie. Hoe sal sy dan weet hoe hierdie honger mense voel? Twak! Ek weier dat hulle enige beheer uitoefen oor my bydrae aan behoeftiges! Dis absurd!

Jdb ·

Die regering het gesien dat skenkings meerendeels uit wit gemeenskappe kom, en nou wil hulle ons forseer om aan die swart massas, wat reeds toelae op toelae kry, ook te skenknten koste van wit behoeftiges.
Ek staak onmiddellik alle hulp aan swartes.

Peetjie ·

Dit gaan alles magsbehepheid…. I rule and you will abide….. As ek vir iemand wil kos gee het dit niks met niemand te doen nie….

JohanR ·

Die Minister verdien R2,7 miljoen ‘n jaar, R225000 elke maand of na 40% belasting, R135000 in die bank rekening. Vandaar het sy R4438 om elke dag van die jaar te spandeer. Sy kry darem bietjie meer as ‘n kar wag, of iemand in die Sonskyn plakkerskamp!

Ansie ·

Seker ook maar net-net nadat die punte boontoe aangepas is.

Stof ·

Duidelik het Sus Minister, nog nooit Mattheus 6:3 gelees nie.
Duidelik besef sy ook nie, dat blote gedelegeerde gesag, enige oomblik deur die Gewer daarvan herroep kan word, waarna sy op haar knieë na die Hoof se kantoor sal moet gaan.

Zacahara ·

Stof, sou jy dalk die man wees wat vir ‘n tydperk identiteitloos was?

Scalla ·

Ek sal kos gee vir wie en wat en wanner ek wil, ek gaan en sal my nie laat voorskryf deur enige iemand nie, dit is my eie persoonlike keuse en besluit.

pokkel ·

tydens normale tye is dit erg genoeg as onbekwame/onbetroubare persone in magsposisies sit, tydens ‘n krisis is dit nog veel erger as onbekwame/onbetroubare persone belangrike besluite moet neem, hierdie vrou lyk vir my asof sy veel meer tyd op haar uitrutings keuses spandeer as enige iets anders

Ansie ·

Die ANC kan nie koördineer om hulle lewe te red nie. Al wat sal gebeur is verdere bedrog en diefstal. Dis mos reeds bewys. Los diegene wat wil skenk om dit op hulle eie manier te doen. Hulle is beter bewus van die behoeftes in hulle gemeenskappe as die minister.

Nie Verbaas ·

ANC se verspreiding n absolute mislukking. Pakkies eindig by huise op terwyl ander gebukkend onder hongersnood vergaan. Wit plakkerskampe word nie ondersteun nie.

Grassie ·

Dit lyk vir my sy het Cele se hoed geërf want hy loop deesdae kaalkop. Die intelligensie en oordeelsvermoë loop blykbaar saam met die hoed

Hoekom ·

Jammer maar hierdie is (of was) ‘n republiek. Ons is nie onderdanig aan die regering nie, die regering is onderdanig aan ons die mense van Suid Afrika. Hulle werk vir ons, ons is die baas. Dus sal ek nie laat die regering vir my voorskryf wat ek mag en nie mag doen nie. Ek is slim genoeg om te weet wat om te doen en wat nie om te doen nie, slim genoeg om te weet wat maak logies sin en wat word gebruik vir eie mag met ‘n knippie politieke agenda en persoonlike neigings. Ek sal die kos wat ek koop met my tyd en geld gee vir wie ek wil…

Hans ·

Ek het geen koordinering van haar nodig om ander te help nie. Ek sal ook nie skenkings aan hulle gee nie want dit sal net na Cyril se people gaan. Ek help my eie mense soos en waneer ek dit wil doen

Hekwag ·

Nee, hulle het nou weer gehoor blankes gaan blankes begin help en dis mos nou rassisties; maar wanneer hulle net aan hulle mense kos gee is dit mos reg so. Kry vir jou, katvis!

minnie muis ·

al die ministers, openbare werke , ens word betaal deur die belastingbetalers …….so weet die mense dit

daniel ·

Elke person kan seker gee aan die hy wil. Maar as n regering wat afhanklik is private skenkings en van die belasting wat die burgers betaal kan hy nie bepaal dat sekere groepe bevoordeel word bo ander nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.