Minister takel AfriForum

Lindiwe Sisulu (Foto: Departement van kommunikasie)

Die regering het vanoggend sy mees afwysende houding tot dusver ingeneem teen die burgerregtegroep AfriForum se veldtog om buitelandse steun teen grondonteiening te werf.

Die minister van internasionale betrekkinge, Lindiwe Sisulu, het tydens ʼn voorlegging aan die parlementêre perskorps gesê hoewel sy AfriForum se grondwetlike reg op vryheid van spraak respekteer, wens sy dat hy sy veldtog wil staak.

“AfriForum is ten volle binne sy regte om mense tot sy standpunt oor te haal. Sy reg op vryheid van spraak word deur die Grondwet gewaarborg en lede kan reis net waar hulle wil om hul siening oor te dra, waaronder die buiteland,” het Sisulu uitgewys.

“Wat ek egter aanmatigend vind, is as hulle die situasie in die land buite verhouding opblaas. Sommige videogrepe wat hulle gebruik, is baie aanmatigend en van hul aansprake is uiters oordrewe.

“Die grondkwessie sal binne die raamwerk van die Grondwet hanteer word. Ons as die regering was nog altyd versigtig om ons langsaam te haas oor hierdie kwessie, soos ons aandrang op die beginsel van gewillige koper en gewillige verkoper aandui,” het die minister voortgegaan.

“Die bevolking raak egter opgeklits en die tyd haal ons in. Die ANC se nasionale konferensie het aan die regering ʼn spesifieke mandaat gegee wat ons nou moet uitvoer.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Rozier van Tonder

“Hiervoor sal die parlementêre proses, waaraan alle Suid-Afrikaners kan deelneem, aangewend word. Daar sal debatvoering wees.

“Die gruwelverhale wat AfriForum vertel, is egter blatant onwaar. Diegene wat sulke onwaarhede versprei, dra nie die land se belange op die hart nie. Ons vra hulle dus, as mede-Suid-Afrikaners, om op te hou daarmee,” het Sisulu gesê.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, meen egter die heftige reaksie van die regering wys dat hul strategie om druk op hulle toe te pas besig is om te werk. “Daarom gaan ons ons internasionale veldtog voortsit om steun te werf teen onteiening sonder vergoeding.”

Volgens Kriel wys die regering se reaksie juis daarop dat internasionale druk baie doeltreffend is. “Die regering ignoreer bloot stemme vanuit minderheidsgeledere tydens die gewone loop van sake, so ons is tevrede dat hierdie kwessie nou wys dat ons standpunte nie geïgnoreer word nie en sterk deel word van die nasionale agenda.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

102 Kommentare

Riaan van Wyk ·

Wonderlike werk Afriforum!!!! Moenie ophou nie asseblief

Gatvol ·

TYD DAT AFRIFORUM HIERDIE ‘SLIM’ minister daag voor CNN kameras!!!
HOOGTYD!!!!
PUIK WERK AFRIFORUM!!!
Trots op julle!!!???

Japie ·

Daar is sommer 4 ministers die opdrag gegee om die moorde op ANC lede te ondersoek. Geen aksie wat belangrik geag word is aan die gang om die boere wat uitgemoor word dringend te ondersoek nie. Wat mis ek? Afriforum julle is reg. Wys die wêreld wat gaan aan in ons pragtige land.

Pieter ·

Die gruweldade word nie deur Afriforum opgeblaas nie. Die minister is steeds in ‘n staat van ontkenning as iets nie met hul ideolgie strook nie.

Eish ·

Bitter goeie werk deur Afriforum.
Die minister moet maar hul daag tot n debat insake die feitelikheid van hul bewerings.
Die druk bou op, dit beteken die groepie begin ietsie tafel toe bring.

Cherokee ·

Eish, waarom noem jy die goeie werk wat AfriForum doen, bitter? Ek sou eerder sê dit behoort ‘n soet smaak op die tong te laat.
Dit is jammer dat die onderoudsvoerder aan wie sy gesê het dat AfriForum blatante leuens vertel, haar nie om uitwysings gevra het nie. Dit sou tog die logiese ding gewees het om te doen deur haar voorbeelde te vra van wat sy as ‘blatante onwaarhede’ beskou.

Hans ·

Kallie en Ernst en hele afriforum dit sluit nou lede soos myself in – dankie vir die GREAT werk moet asb nie stop nie… ons Vryheid kom weer – siener is n boere profeet van GOD en dis wat hy voorspel het – julle maak my trots Afrikaans… en soos ek nou die dag gese het tatta DA hello VF+

vonnie ·

ons familie se stemme gaan ook vir VF+
VIVA afriforum viva!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Sid ·

Ek dink die minister bly in n ander land, moet seker droom land wees.

Afrikaanse Knaap ·

Sy bly verseker nie vrou alleen om ‘n plaas in SA nie.

Ella ·

Afriforum nooi haar vir n privaat vertoning van opnames gemaak na plaasaanvalle.
Of sy die uitnodiging aanvaar, is n ope vraag.
Indien sy aanvaar kan sy hopelik sien dit is nie onwaar en opgemaak nie.
Nietemin die moeite werd om te probeer.
Hoe wonderlik sal dit wees as ons almal in vrede kan lewe. Daar is genoeg plek vir almal.

Alice ·

Ek stem 100% saam. Nooi haar om na foto’s van plaasmoord slagoffers te kyk. Sy moet die tonele eerstehands ervaar. Die feite is dat diegene wat hul spesifiek aan plaasmoorde skuldig maak dit op n absolute gruwel manier doen. Waarom moet ons daaroor stilbly?

Christopher ·

Ek dink sy moet vir n slag self die foto’s op die tonele gaan neem en die geskrewe verslae doen met enige moontlike oorlewenes op die toneel.

HPV ·

Minister, jy weet nie wat in jou land aangaan nie, word wakker. Die sogenaamde gruwelverhale is so werklik as wat jy in ‘n diep slaap verkeer. Wat noem jy 50 moorde per dag of ontken jy dit ook. Daar is niks so erg as ‘n siende blinde en ‘n horende dowe.

Cornelia Strydom ·

Dink sy nou regtig dat die slagoffers die erg traumatiese gebeure uit hul duime gesuig het? Dat dit alkes hul verbeelding is? En die grusame moorde? Is dit ook onwaar? Sjoe. Verstaan haar glad nie. Maar dit is mos nie haar mense wat dit moes beleef nie. Dankie vir julke Afriforum.

Jordaan ·

Minister, vertel vir die familie van die bejaarde wat pas gesterf het in Kimberley nadat hy gemartel is deur plaasaanvallers die gruwelverhale is nie waar nie. Wat jy ook nie noem nie, is “julle sal bine die raamwerk van die grondwet optree” (en as dit nie julle pas nie dan wil jul;le dit verander)

Francis Linstrom ·

Watter onwaarhede word verkondig?. As dit oor plaasmoorde gaan, dink ek nie daar is meer wat kan grusamer wees nie.

Wurmpie ·

Hul( die regering) is baie vinnig om ministers aan te stel om die politieke moorde te ondersoek. Plaasmoorde gaan noi vir jare aan en daar is nou nog nie iets gedoen. Dubbelle standaarde

Irma ·

Regtig Lindiwe ?? Jou rekord en opmerkings spreek vir hulself.

Francois le Cochon ·

Smaak dan nou vir my of Afriforum ‘n senuwee raak geboor het!

Afrikaanse Knaap ·

Die regering het mos gevra hulle soek dialoog, nou kry hulle dialoog.
AfriForum doen wat ek sou doen as ek kon.

Wil weet Willemien ·

Minister Sisulu,watter onwaarhede versprei Afriforum?Noem asb n paar?

pieter ·

Aan hulle optrede kan gesien word Afriforum se druk word gevoel waar dit seermaak.

PJC ·

Die ANC begin die druk voel. Dit is die rede hoekom hulle sulke snert kwyt raak. Dieselfde geld vir die spul linkse/liberale akademici want hulle begin nou hul geloofwaardigheid verloor. Al wat nou nodig is is dat Afriforum die druk volhou.

White Rhino ·

Mooi Afri!
Hou so aan – gaan na meer lande!!
Wys die foto’s van die plaasaanvalle – staan voor groot stadiums waar sport gespeel gespeel word en wys die foto;s daar ook !
Laat die hele wereld weet wat hier aangaan!!
Verkondig dit wyd!!!
Die sogenaamde minister wil alles wegsteek – ek wonder waarom? Het sy dalk iets om weg te steek?
Ondersoek haar – kyk wat is in die kas weggesteek.

JSO ·

AfriForum se veldtog in die buiteland gaan oor GRONDONTEIENING en nie plaasmoorde nie. Fokus, mense.

Alice ·

In SA is dit deel van dieselfde probleem. Boere word vermoor agv grondonteiening uitsprake

HennieB ·

JSO dit gaan oor albei, gaan lees bietjie verder as die opskrifte. Grondonteiening is soos ek die hele storie verstaan net die volgende wapen wat teen wit boere gebruik sal/kan word, behalwe dat hierdie n wapen gaan wees wat vir n magdom ander redes oorgehaal kan word. Hulle het dan reeds gesê die onteiening gaan nie tot plase beperk word nie, hulle gaan grond IN DIE STEDE ook onteien!

En, hier is die kersie op die koek, gaan lees Artikel 25 van die grondwet: daar word spesifiek geskryf dat “eiendom” NIE tot GROND beperk word nie! Hulle kan so vêr gaan as om beleggings te onteien, as hulle dit so goeddink sal jy nie eers die onderbroek wat jy dra mag besit nie!

Oom Kalahari ·

Afriforum ek is trots om ‘vele jare lange lid van jul en VF+ te kan wees. Jul reis en buitelandse benaderigs is uitstekend en op waarhede gebasseer. Mev Sisulu dans nou soos ‘n kat op ‘n warm sinkplaat rond met druk wat van buite af instroom. Jul moet ook toon die trauma wat hierdie families moet deurmaak na die moorde asook die haglike toestande van sekere blankes wat groei in plakkers kampe weens werks weerhouding al is daar geweldige kennis wat so verlore gaan. Plaasmoorde word net noe erken nie, maar Afriforum het hierdie dryfveer moontlik gemaak. ASB Afriforum doen so voort……Ons sal saam Steve vir jul die liedjie “Liefling” sing.

christa ·

mooi so Agri. Lyk my iemand skrik nou wakker Die minister is besig om drome te droom. Sy sien die druk neem toe teen die vrot regering

Ad ·

Gruwdade onwaar??? Wil sy fotos en vidros hê. Kan julle dit dalk vir haar stuur want sy dink alles is n leun……….

Vegter ·

Asb laat haar die videos kyk dat sy kan sien hoe mense lyk na plaasaanval

Rynhardt ·

Lindiwe gaan kyk na die foto’s van hoe kruise in blanke vrouens se keelgatte afgedruk word.Blankes word op pkse en stedelike gebiede uitgemoor!??????????????????

PJ ·

Dankie Afriforum !! minister vertel my het jy voor 1994 so gereeld van Plaasmoorde en van die verminking van Boere gehoor

Tienie ·

Lindiwe Sisulu gaan nou so te kere oor die 55 palestyne wat geskiet is deur die Isrealiete in die betoging . In Suid -Afrika word daar elke dag meer as 60 vredeliewende mense in hulle huise, op hulle plase en in die strate vermoor . Dus voel ek sy en haar ANC comrades moet hulle eerder toesputs op die hoë misdaad in ons land en die ander lande los dat hulle self hulle probleme uitsorteer

ferdi ·

Wat het die ANC gedoen tydens Apartheid ook oorsee gehardloop en geweld geproprageer nou huil hule as Agriform dit doen

Wilmarie ·

Totdat iemand naby aan haar gruwelik vermoor word, dan sing sy ń ander deuntjie.

Hendrik ·

Wel daar word nie met bomme geprotesteer nie maar wel met sosiale media en buitelandse besoeke. Die probleem is dat die regering nie so protes kan keer nie en die enigste skade is aan die regering se beeld. Na die ontrekking van die ambassadeur uit Israel dink ek nie die amerikaners dink meer veel van die regering nie.

Nakkie ·

My pot se deksel is dat hulle dinge ontken wat enige internet soektog binne sekondes kan oplewer. Die dae wat die regering die media kan beheer en slegs propoganda aan die publiek kan opdis is verby. Die hele wêreld weet nou wat aangaan.

lynette schultz ·

“Gruweldade is blatant onwaar”…… – Hoe het Stalin gese: “There is no murder in paradise.” Jy het te veel van jou kommunistiese Cool Aid gedrink, vrou!

“Die bevolking raak opgeklits en die tyd haal ons in”. Wat het hulle gedink gaan gebeur as jy nie ‘n land in stand hou nie? As hulle oor die afgelope twintig jaar plus minder gespandeer het op onnodige oorsese reise, uiteet, ontwerpersklere, ens. ens. kon hulle al heelwat huise vir die ‘bevolking’ gebou het en sou dienslewering nie tot stilstand gekom het nie!

Francis ·

DANKIE AFRIFORUM DAT JUL GENOEG OMGEE OM OP TE STASN TEEN DIE SIEK MOORDE , BRANDE , PLUNDER , GRONDONTEINING ! IS HOOG TEYD DAT DIE WERELD SIEN WAT HIER AANGAAN !
NIEMAND IS MEER VEILIG NIE !

Casper Labuschagne ·

Dit is sekerlik die minister se goeie reg om vir Afriforum te kritiseer maar dit is verseker beide Afriforum asook andere se reg om te protesteer.

Voor 1994 is sekere minderheidsregte beding wat in die grondwet van 1994 beskerm is. Die doel van daardie beskerming was spesifiek om die vrese van die wit minderheid aan te spreek dat hulle vorentoe deur ‘n swart meerderheid oorweldig sal word. En in 2018 het ons nou die punt bereik dat minderheidsregte soos taalregte, eie skole, Afrikaanse universiteite, vryheid van assosiasie asook ‘n aanslag op kulturele simbole van die Afrikaner soos bv Die Stem, grootliks deur ‘n genuanseerde vertolking van die grondwet uitgewis word.

Nou kom eiendomsreg ter sprake en soos die minister opgemerk het, is ‘n mandaat verkry op die ANC se kongres en is dit ook in die parlement aanvaar om ‘n proses deur te voer vir die wysiging van die grondwet wat onteiening sonder vergoeding in werking sal stel.

Afriforum asook ander partye wat minderheidsbelange op die hart dra vra vir niks anders nie as die ewewigtige toepassing en behoud van die grondwet soos die bedoeling daarvan tydens 1994 was. Daar is hoegenaamd niks rassisties, verkeerd, skandalig, ondemokraties of onwettig om druk uit te oefen vir die toepassing en behoud van die grondwet van 1994 nie. Daarby, sou dit binnelands ‘n gegewe wees dat die grondwet gewysig sal word, soos die minister aangedui het, dan is dit ook reg om die saak van minderhede na die buiteland te neem.

Christs ·

Ek stem heelhartig saam Casper. Ek wonder dn nu ook hkom da n vloot vn USA, UK en China hier aan wal gekom ht. Dt laat baie vrae en onsekerheid ontstaan. Mens hoor soveel gerugte. Miskien kn Afriforum hierop antw?

Oujongvrou ·

Van watter leuens praat die vrou nou. Dalk die erge vrminking van stokou mense. Of vrouen en kinders wat vermoor word. Help want ek weet nie waarvan die vrou praat nie.

Haelgeweer-Hein ·

“Die gruwelverhale wat AfriForum vertel, is egter blatant onwaar…”

Die stelling deur Sisulu is simptomies van die 8ste vlak van volksmoord – naamlik ontkenning. (Aldus die 8 stappe van ‘n volksmoord deur Dr Gregory Stanton, Genocide Watch)

Valerie ·

Een van die swakste ministers in ‘n lang tyd, die Sisulu. Of is dit nou eintlik ‘n lang lys?

Theresa ·

Ms Sisulu, why do you say Afriforum is not telling the truth overseas???
How can you say they are exaggerating facts of torturing and murder???
Why do YOU want to make it less than it really is???
A debate on a worldwide TV programme would be so wonderful. Where both parties can talk about exactly this topic.

bgj van der westhuizen ·

wel die anc regering hou nie van dat almal nou kan sien en hoor waar mee hulle besig is mee nie en die geld kan nou op droog wat hulle so gekry het hou so aan manne

Christopher ·

Ek persoonlik dink dat sy so bietjie die foto’s op die moord tonele persoonlik mot neem en ook die onderhoude voer met die oorlewendes. Sy moet eerstehands die pyn en onmenslike slagting gaan beleef. Gaan ruik self die bloed!

Jan ·

Ek dink regtig dit pla haar glad nie. Hulle raak net benoud as Amerika en ander westerste lande hulle daaroor aanspreek. Die rassistiese onderrok van die ANC hang al lankal uit en almal kan dit nou sien. Vir hulle ‘n bietjie van ‘n skaamte van hulle gee al jare voor hulle is nie rassisties nie. Nou sien die wêreld wat hier aan gaan.

jakes ·

Ek kan met trots spog dat ek n lid van Afriforum is. WELGEDAAN!!!
Die minister was in n stadium genoem as n kandidaat vir die presidentskap maar ek sidder om te dink hoe sy haar van haar taak sou kwyt? Die waarheid sal altyd oorwin. Die regering het baie te se oor die verwikkelinge in die Middeooste en wil die grootste en sterkste moondheid in die wereld daaroor kritiseer. Trump het in n onderhoud na SA verwys as” daai vuil klein landjie aan die suidpunt van Afrika.” Die agbare minister moet eerder probeer om die verval van SA te bekamp as om eerder te probeer om die waarheid te verdoesel rakende die misdaad en grondkwessie in die land.

Marinda ·

Die waarheid sal seëvier. Bou ñ brug Sisulu. Deel met wat besig is om te gebeur. Dinge kan nie vir altyd weg gesteek word of onder die mat in gevee word nie.
Die werêld is besig om met ander oë na ons te kyk.

It was just a matter of time.

Cherokee ·

Daar was so een of miskien twee kommentators, wie se name ek met die vinnig deurblaai nie hier sien nie, wat AfriForum gekritiseer het. Sarkastiese aanmerkings gemaak het oor die ‘oorsese toere’. Julle is stil nè!

Lollie ·

Sy sal sulke dinge kwytraak want sy slaap elke aand rustig! Sy het mense wat na haar omsien en sorg sy veilig is. Nooi haar om vir ń maand op ń plaas of kleinhoewe te bly! Sy alleen sonder haar gevolg. Sy sal beslis, as sy dit oorleef, ń ander deuntjie sing!
Plaasaanvalle en moorde word nie eers op tv of radio nuus genoem nie want dit is blankes.
As ń swart ANC man vermoor word of ń swarte sterf in ń puttoilet of ń swarte sterf, al is dit van ouderdom, dan sien en hoor ons dit vir weke of maande! Ons dood word nie eens genoem nie! Waarom? Of ons is niks in hulle oë nie of hulle sit self daar agter!

Robert ·

Wil jy nou meer –
Sisulu pleit dat ons as haar mede Suid Afrikaners oor grond onteiening moet praat en dit nie na die buiteland neem nie.
Snaaks maar te gereeld verwys die ANC regime na die swartmense as OUR people – “OUR people must have land”. maw ons die Blanke bevolking is NIE “OUR people” nie.
Nou wil sy ons as “mede Suid Afrikaners” beskou wanneer dit die regime pas.

Spike ·

Min. julle is bang, want julle weet julle planne is nutteloos. ( kommunisties) Luister na Afriforum. Die mense kan rasioneel dink en het ervaring van wat werk en nie

Antoinette ·

Die vrou (Sisulu) leef in ‘n wereld van haar eie. die gebeure by die moskee in Verulam (en die bom) is seker ons almal ( van alle rasse) se verbeelding.

Pieter ·

Die gruweldade word nie deur Afriforum opgeblaas nie. Dis die werklikheid. Die minister is steeds in ‘n staat van ontkenning as iets nie met hul ideolgie strook nie.

pieter ·

Sal baie graag wil weet wat is die sogenaamde blatante onwaarhede en opgeblase stellings wat Afriforum maak asook wat volgens die eenvoudige skepsel dan onwaar gruwel verhale is? Lees net vandag se berig van die ou man van 86 wat January in Kimberley gemartel is en nou oorlede is as gevolg van daardie sogenaamde onwaar gruwel verhaal. Wat is volgens jounie waar nie Sisulu?

HP ·

Die minister hoef net Maroela te lees. Daar gaan nie ‘n week om sonder berig oor hierdie dade nie.

N Lourens Reitz ·

En die befaamde RSG en sy meelopers spoel hul monde uit oor Afriforum se besoek aan Amerika. ‘n Byna histeriese kommentaar span – Mari Haris , Anthonie van Nieuwkerk en Jaques Pauw wie se boek ook deur lede van Afriforum gekoop is kon mekaar nie tyd genoeg gee om hul kritiek uit te spreek en elkeen is ‘n groter kenner as sy mede panel lid.

George ·

Laat sy die “onwaarhede” verklaar. Hoekom noem sy dit dan nie as dit haar so pla nie?

Eddie ·

Min Sisulu , weereens het jy soos die Regering die kat aan die agterend beet ! Kry jouself behoorlik op hoogte van sake en maak dan uitsprake !!!

Die Stem ·

Ons wat geraak word deur grondhervorming en nie nood we dig vergoed gaan word nie, is baie dankbaar teenoor Afriforum.
Die gruwelverhale is n werklikheid juis omdat die regering nie wetteloosheid onder bedwang kan bring nie.
Dankie Afriforum. Dis duidelik dat julle op n seer toon trap.

JC ·

Mooi Afriforum dit werk! Hulle monde was Groot en hul dreigemente teenoor onskuldige hardwerkende boere buite beheer en ontbloot van enige begrip, nou hou hulle hulle SKYNHEILIG EN ONSKULDIG!!! Ek wonder watter kleur is die lig in die ‘agbare min’ se realiteit. Dank die Here, doen so voort!!

Hein ·

As Afriforum leuens praat, komrit minister, lê kriminele klagtes. Toe – ek dêr jou!

Waarheid ·

Die WAARHEID het ‘n manier om die gemaksone wat GELD = luukse gemak en tevredenheid bring ministersisulu reageer nou agv bg. Swaard het 2 kante ..Sterkte aan AFRIFORUM mag jul in dié Lig van Die Enigste HemelVader se leiding die waarheid uitdra.

jaap ·

Sisulu vertel die mooi storie aan jou familie wanneer jou man,suster,broer,ma,pa gemartel,verkrag en vermoor word deur al die kriminele wat meer regte as jy het.

John ·

Ek trek my woorde terug tov my kommer dat die twee boodskappers dalk uit die De Klerk-bende afkomstig is en ver van die haard jakkalsdraaie sal loop gooi. Dis egter nodig dat uiters korrekte gedrag en feite gehandhaaf word. Geen foute moet insluip nie. Die ANC het reeds vas geglo dat die Afrikaners nou hondmak ingebreek is. Dis belangrik dat boere nie teen mekaar afgespeel word nie en verdeeldheid so gesaai word nie, want dit is die volgende stap van die vyand.

Marius Ferreira ·

“Binne die raamwerk van die Grondwet”… wat juis gestaan gewysig te word as die ANC sy sin kan kry. Daardie “versekering” wat die Minister gee is gevolglik meer van die aard van ‘n dreigement. “Smell the coffee” dreig die President saam.

humor ·

Kan nie mooi uitmaak nie wat is die probleem met haar nie. Sy bly in die staat van ontkenning Haar pruik spreek van ontkenning van eie identiteit en sy onken die realiteit van gruwel misdade wat soos n ysberg op die oppervlakte van die see uitsteek, waarvan die wereld al reeds kennis dra

Sue ·

As die Me Sisulu dit as leuens beskou dan dring ons daarop aan dat sy die volgende “sogenaamde leuen plaas aanvalle en moorde” en sommer dorps moord tonele BYWOON IN PERSOON. Kry Afri Forum om haar te kry met n hofbevel om dit in persoon te gaan bywoon dat sy ook NOOIT WEER NORMAAL sal funksioneer soos ons “witterige/deurskynende” (people of no color) moet leef. Doen NET dit en kry sommer ons “brilliante” president ook om van dit te gaan aanskou.

Dit sal dalk nie veel aan die lands krisis verander nie maar hulle sal nooit weer “in hulle normaal” funksioneer nie. Om iets te hoor en iets te sien op n foto of video of foto is soms erg en traumaties maar om LANGS DIE DOOD TE STAAN is iets totaal en al anders. Dit los n brandmerk in n “normaal funksionerende” mens se geheue vir ewig.

Askies vir spelfoute as daar is, ek kan nie so mooi sien nie.

rollie ·

Die minister praat van die wit volksmoord leuen wat Afriforum verkondig. Sy is natuurlik heeltemal reg.

Johann ·

Die absolute vermetelde arrogansie van die vrou ken geen vergeleke! Om die moord en vernietiging van weerlose ou mense op plase af te maak as oordrewe?

Of is sy juis trots op wat haar en haar ANC kaders se anargie opstook van die massas tot gevolg het?

GEWETELOOS!

Marita ·

Die lekkerste v al die kommentare lees is die posetiewe houding jeens Afriforum! Kry v jou Max en kie!!

J B ·

Die minister is nie ophoogte met die werkliheid nie, of die werklikheid pas haar nie.
Goeie werk Afriforum.

Joshua ·

Sy en haar ANC komrids leef in n wereld van leuns en ontkenning.

Johann ·

Veelsgeluk Afriform ! Ons is almal baie beindruk met julle resultate. Ons kan sien julle werk baie hard en maak vordering !!!

Johann ·

Wat van AFRIFORUM wys se en wys presies wat hulle. in die buiteland wys, op plaaslike Media kanale? Dan kan die realiteits verwyderde minister mos uitwys wat sy as oordrewe beskou?

IN YOUR FACE SISULU!!!

Msp ·

Ek waardeer dit uit die diepe van my hart uit vir wat Afri-Form en Solidariteit vir Suid Afrika doen. Hou aan met julle puik werk. Julle kan verseker wees van my ondersteuning. Baie dankie vir julle harde werk. ..

Anoniem ·

Siestog minister Sizulu jy is of bewusteloos of bloot net arrogant om te sê afrigting blaas plaasmoorde op.

Johan Erasmus ·

Baie dankie Afriform net jammer om te weet gaan nie veel help nie die werld is op een of ander rede in Aftika se agter ente ingekruip wie wat gedoen om Zimbabwe te help Ou suid Afrika het sangsies gehaat vir 100 minder

J O H A N N E S !!! ·

Puik Afriforum.
Kan die minister nie eerder haar tyd spandeer op al die onwettigge families wat reeds in RSA woon en die wat nog ingesmokkel word nie.
Gaan loer bietjie rond??

Brandwag ·

Goed gedoen Afriforum….maar nou gaan Ernst Roets na sy toespraak en se dat daar geen sentrale plan is om Boere te vermoor nie.

Ernst jy moet wakker word, jip geen sentrale plan nie maar wel n Klandistiene plan om Blankes, nie net Boere nie, uit te moor.Hulle het selle van ses tot agt persone, dit begin met een sel van ses persone en hulle stig elkeen sy eie sel so gaan dit voort, hulle is orals en in die selle kry jy jou Radikale manne wat sy Politieke leier ernstig opneem en moor en plunder. Hulle verteenwoordigend in jou Unies,Munisipaliteite, Polisie en Weermag.

Afriforum gaan ondersoek dit julle sal geskok wees.

Boerseun ·

Die wat bewus is van die belangrikheid van eiendomsreg en nog nie kommentaar gelewer het nie gaan asb na [email protected] en gee jou menings. Dan let asb op dat hulle copy paste briewe as een tel. Al het jy deur Afriform geteken rig jou skrewe maar direk ook.

Anoniem ·

Elke familie wie al geraak is deur ‘n plaasaanval/moord/moorde moet die fotos wat van die toneel geneem is aan Minister Sisulu stuur sodat sy kan sien dat dit ‘n wrede werklikheid is en dat Afriforum nie besig is met ‘n versinsel nie. Dalk sal sy dan wakker word. O, en hoekom word daar nie weer ‘n optog na die Minister se kantoor gereel nie. ? Sy steur haar nie aan die minderheid se klagtes nie en dit is die hoofrede hoekom Afriforum dit nou aan die wereld verkondig.

Jacoo ·

Net hierdie jaar alleen is daar twee families wat ek persoonlik ken wat deur plaasmoorde geraak is. Ek ken nie die slagoffers nie, maar wel die familie wat die trauma moet beleef om ‘n geliefde op so wreede manier te verloor. Ek verpes dit as mense polities korrek wil wees oor die saak. Boosheid is boosheid en dit moet nie versier word met politieke mooipraatjies nie. Hoe oordryf jy as jy met hierdie tipe wreedheid gekonfronteer word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.