Minister vaar uit na hof teen Caster beslis

Minister Nathi Mthethwa. Foto: Siyabulela Duda/GCIS

Nathi Mthethwa, die minister van sport, kuns en kultuur, meen die geveg rondom Caster Semenya se deelname aan wêreldatletiek is nog lank nie verby nie.

Semenya het haar stryd teen die Internasionale Vereniging vir Atletiekfederasies (IAAF) se reëls oor testosteroonvlakke Dinsdag finaal verloor toe die Switserse federale hooggeregshof haar appèl teen die beslissing van die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS) van die hand gewys het.

Mthethwa het gesê die hooggeregshof se beslissing is “jammer en aanstootlik vir die fundamentele menseregte van vroulike hiperandrogene atlete”.

“Ons sal as die regering van ʼn demokratiese Suid-Afrika, ’n land wat bekend is vir sy tradisie om basiese menseregte te bevorder en te beskerm, saam met Atletiek SA die beslissing bestudeer en verskillende opsies en maniere tot ons beskikking oorweeg in ons kollektiewe veldtog om hierdie onreg te beveg,” het Mthethwa gesê.

Caster Semenya. Argieffoto.

Wêreldatletiek het egter die uitspraak verwelkom en gesê die regulasies is ’n wettige en proporsionele manier om die reg van alle vroue-atlete te beskerm om op regverdige en sinvolle voorwaardes aan sport deel te neem.

Maroela Media het vroeër berig die CAS het in Mei verlede jaar teen Semenya beslis in ʼn regsgeding om IAAF se nuwe reëls oor testosteroonvlakke in die liggaam te betwis. Die CAS het albei versoeke vir arbitrasie in die verband van die hand gewys.

Die IAAF se nuwe reëls bepaal dat vroue met hoë testosteroonvlakke medikasie moet gebruik om hul testosteroonvlakke te verlaag voordat hulle aan die 400 m, 400 m-hekkies, 800 m, 1 500 m en die myl mag deelneem.

Semenya het op Twitter op die nuus gereageer. “Ek het hierdie stryd lank gelede gewen. Gaan terug na my prestasies, dan sal jy verstaan. Deure kan toe wees, maar nie gesluit nie,” het die atleet ná die beslissing getwiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Termiet ·

Asseblief, gaan vertel jou stories vir Julia’s. Hy sal jou dalk glo.

Anoniem ·

‘n land wat bekend is vir sy tradisie om basiese menseregte te bevorder en te beskerm? Praat hy van dieselfde Suid Afrika waarin ek woon?

JohanR ·

My neef het vandat hy ek die skool uit is lang hare gehad – die 70″s. As ek nou praat van lang hare dan het die tot ‘n poniestert gegroei. Hy is vandag 68, die hare is grys maar die poniestert is nog al die jare daar. Was net afgesny toe hy mag toe is. Nou die vraag wat die familie altyd laggend gevra het as hulle gaan kuier het was “manlik of vroulik?” En ek los die maar daar…..

Stofdonkie ·

Julius, sal jy met caster uitgaan?
Julius: “He’s not that kind of woman”

Sobymykoolkop ·

Dalk moet MM daaraan dink om ń paar emo’s in te gooi dat ons ń lag gesiggie by kommentaar soos joune kan sit. Skerp

Stofdonkie ·

En nou dink nathi hy is groter as die IAAF en hy gaan hulle vertel wat om te doen? Word wakker nathi-nar, hulle is nie suid-afrikaans dat jy enige mag oor hulle het nie. Bly eerder net doodstil en maak vrede met die reels wat daar gestel is voor jy nog al ons atlete uitgeskop kry.

Nie Verbaas ·

Glo my, nathi nar en sy trawante dink hulle is verskriklik magtig. Tussentyd weet die wereld hulle is op nar vlak.

Anoniem ·

Ja Stofdonkie wat gaan hy doen.? Gaan hy die rooi oorpakke oorsee stuur om die hof aan die brand te gaan steek.?

Chris dupreez ·

Aag ou Nati die nar, dink jy wereld atletiek gaan hulle aan jou steur. En so van demokrasie gepraat, weet jy regtig wat die woord beteken ?

MakersMark ·

Eers Sale Sharks nou Caster. Bly eerder by straatname verander en standbeelde omgooi.

Niklaas ·

Weer lanklaas nuus dekking en publisiteit geniet , nê Nathi nar ? Kyk asb net weer na daai Atlas van jou . Switserland is glad nie anderkant die Vaaldam nie. Dis in Europa , ver weg en hul sal , soos die Sale Sharks in Engeland , NIE luister na jou nie.

Jakes ·

Minister dis baie duidelik dat jy baie min weet van die internasionale reg op sport. Die wereld gee in elk geval nie om wat jy dink nie.

saggiespraat ·

lekker lag ek vir julle nou…. Die ministers se name word in a hoed gegooi dan trek hulle dit… of jy nou ken van sport of nie maak iets op

Gato ·

Kyk Caster kan nou nie verantwoordelik gehou word dat sy so gebore is met die hoë testostoroon vlakke nie. Ons het almal maar ons probleempies wat aangebore is tot ‘n mindere of meerdere mate. Wat ek nie verstaan nie is dat sy nie kan besef dat dit onregverdig is teenoor “gewone” vroulike atlete, wat nie dieselfde voordeel van sterker spiere het nie, om teen haar en ander wat soos sy is deel te neem ne. Hulle sal daaraan moet dink om ‘n spesiale klas te skep waarin hierdie hiper androgene atlete teen mekaar kan deelneem. Soortgelyk aan die klasse waarin mense met fisiese gebreke teen mekaar deelneem.
Haar twiet dat sy die geveg gewen het wys net dat sy nie ‘n benul het van hoe onregverdig dit is nie. Dit is soos om teen iemand te hardloop wat net een been het en dan te spog dat jy beter is omdat jy gewen het.

richard ·

Richard
Laat sy maar net haar testosteroon vlakke verlaag en neem weer deel en bereik die selde sukses soos voorheen dan kan sy tong uit stoot vir die wereld en se ek het hulle mos gese.
Indien sy nie die behandeling wil onder gaan nie beteken dit sy weet sy het n voor deel.
Haar dokters kan haar seker oor hierdie aangeleendheid inlig

Pieter J ·

Dit is nou wat ń mens ń goeie en regverdige beslissing noem. Nie polities gemotiveerd en op grond van kleur geneem nie.

Eugene ·

Nathi is bietjie nat agter die ore wst grootmens politiek aanbetref. Caster is met n vrou getroud en hy moet as n man gedien word. Sy bou, sy gesig, sy stem is ook die van n man. Baie onregverdig om teen vroue mee te dring. Nathi moet besef sy gekef is lagwekkend in die groter prentjie van wereld atletiek

Persheks Adri ·

Gaan bou ‘n brug jy met jou BLM storie ook nog. Jy maak moeg! Dink jy moet ‘n sterker bril kry…

LANA is ELANè ·

Ja minister, in sekere dele van die wêreld is niemand verhewe bo die wet nie, maak nie saak wat jou geslag, ras of kleur is nie, almal word onder dieselfde kam geskeer. Jammer vir julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.