Minister vaar uit oor “te min” swartes in bestuurposte

Minister Mildred Oliphant

Minister Mildred Oliphant

Minder as 20% van Suid-Afrika se top-bestuurposisies word deur swart mense gevul, het die minister van arbeid vandag tydens die bekendstelling van die 14de verslag van die Kommissie vir Billike Indiensneming gesê.

Minister Mildred Oliphant sê daar is steeds ʼn lang pad om te stap voor Suid-Afrika se arbeidsmag behoorlik getransformeer sal wees. Oliphant het ook gesê daar is geen onmiddellike planne vir ʼn sonsondergangklousule vir regstellende aksie nie. “Ons wil graag aan diegene wat daarvoor vra, sê daar is nog baie werk om te doen.”

Die verslag het glo bevind dat daar ‘n “verspreide en teenstrydige” patroon is rakende die bevordering van persone van die aangewese groepe in topbestuur. Die uitslae vir 2013 wys dat 19,8% van werkers in topbestuur swart is en dat dit van 20,3% afgeneem het in 2009. Volgens die verslag oorheers wit mense in bestuursposisies met 62,7% terwyl Indiërs sowat 8,3% van topbestuur uitmaak, bruin mense 5,1% en buitelanders 4,1%. Dit terwyl swart mense 75% van die ekonomiese aktiewe bevolking uitmaak en wit mense slegs 10,8% daarvan uitmaak.

Die verslag het verder gewys dat wit mense veral oorheers in top-bestuursposisies in die Wes-Kaap, met 62% van bestuursposte wat deur wit mans beklee word en 12,7% deur wit vroue. Die hoogste persentasie van swart mans in bestuursposisies is in Noordwes met 42,4% terwyl die Vrystaat die meeste swart vroue in bestuurposisies het met 15,4%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ria Maritz ·

EEN VRAAG: Beskik hulle oor die nodige kwalifikasies en kan hulle die werk doen ?

Hoeveel Blankes gaan nou nog van hul poste ontneem word … dis bitter onregverdig.

Peter Says ·

Die wiele val noual af, wat gaan gebeur as daar 50% in die poste is ???

martie van graan ·

Dit is n skande want in my oe is daar meer swart mense in posten wat van die wittes, kyk na ons advertensies op tv dit is net ander kleuriges, en as dit opkom stel n mens nie eers belang om die produk te koop nie. Kom reg julle.

Jasper ·

Tannie Olifant, Gaan sit en dink mooi, jou mense is nie bevoeg vir die poste nie.Erken dit en doen iets daaraan. Die wette wat julle maak om die oorgrote meerderheid teen n minimale minderheid te beskerm is die bewys dat julle onbevoeg om deur prestasie bo uit te kom.

monique ·

Mev olifant..hou op praat.steek al die wittes in top poste in die pad.dan het julle niks vir nou om te kla nie.wil net vir jou vra het jy al rondom jou gekyk hoe val als inmekaar..die hospitale..skole …myne..ag man alles..waaroor kla julle.die land staan nog..maar vergeet dit gaan nie oor n trotse suid afrikaner nie..maar haat…kom ons werk saam en bou n mooi land…se maar net..

Abie ·

Natuurlik sal hulle misleidende statistieke verkaf…..dit maak mos hulle saak sterker. Die gewone sake wereld is NIE ‘n politiese omgewing waar jy aangestel word op grond van jou politieke steun (stemme deur ongeletterde, ongekwalifiseerde stemvee) nie. Dit weet self die kinders in die laerskool. Tog sit daar net swartmense in die topposte van AL die top maatskappye in SA. Laer af in die rangorde is daar nie dieselfde sterk organisasiestrukture (met skerp witmense wat “junior” poste beman) soos in die groot maatskappye nie. Op die laer vlak word daar van die bestuur verwag om iets te weet van wat in die maatskappy aangaan en moet hy of sy besluite neem wat ‘n direkte impak op die voortbestaan / sukses van die maatskappy het. Daar is nie noodwendig Rade van Direkteurs, ens., nie. Hierdie olifant minister sou dit nooit gemaak het tot op die senioriteitsvlak waarop sy tans is, in die gewone sake wereld nie. En sy sou blitsvinnig agtergekom het hoekom nie…….

Garath ·

As die regering op die verskillende vlakke as voorbeeld dien, waar sou die RSA se ekonomie dan vandag gewees het, sou hierdie statistiek (indien korrek) omgekeerd wees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.