Minister van finansies gepos

Minister van finansies, Nhlanhla Nene Foto: Departement van kommunikasie

Minister van finansies, Nhlanhla Nene Foto: Departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma het Nhlanhla Nene, minister van finansies, Woensdag uit sy pos verwyder nadat die rand ʼn rekordlaagtepunt bereik het te midde van ʼn kredietafgradering.

Zuma het die nuus Woensdagaand in ʼn verklaring bekend gemaak en gesê Nene sal na ʼn ander “strategiese posisie” ontplooi word. Nene word vervang deur David van Rooyen, hoofsweep van die parlement se staande komitee oor finansies.

“Mnr. Nene het goed gedoen sedert sy aanstelling as minister van finansies te midde van ʼn taai ekonomiese klimaat. Hy is plaaslik sowel as internasionaal gerespekteer in die sektor, aangesien hy ook vroeër as adjunkminister van finansies gedien het,” het Zuma gesê.

Nene is in Mei verlede jaar as minister van finansies aangestel en het Pravin Gordhan vervang. Suid-Afrika se buitelandse valutakredietgradering is Vrydag van stabiel na negatief hersien.

Die rand het Woensdag nuwe rekordlaagtepunte teenoor die drie vernaamste geldeenhede behaal en het ná die aankondiging verder teruggesak.

Nene was die afgelope paar maande onder politieke druk weens beweerde onmin tussen hom en Dudu Myeni, voorsitter van die beleërde Suid-Afrikaanse Lugdiens. Myeni het glo noue bande met Zuma en is self onder druk weens ʼn omstrede huurkontrak met Airbus. Nene het SAL gewaarsku dat indien ‘n ooreenkoms met Airbus of enigiemand anders gesluit word sonder sy goedkeuring, dit strydig sal wees met die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Gerhardt ·

En toe slaan die Rand sommer R15,59/$. Zuma is ‘n absoluute atoombom vir RSA.

Bach ·

Het Z motiveer waarom hy dit gedoen het? Is daar dan niemand in ANC met integriteit wat kan opstaan en hierdie malligheid kan stop sit nie. Hulle sal nie uitgestem word nie en ander plan moet gemaak word om die onbevoegde en korrupte man te verwyder. Hoekom beskerm hy SAL vrou tkv SA? Is daar niemand met verstand in ANC nie? Kan die Opposisie nie meer na vore kom nie?

Boetman ·

Maar net nog ‘n “check” wat nie “balance” nie Mr De Klerk. Jy sal ons seker nou weer wysmaak dat dit nie ‘n “onoorkomlike probleempie” is nie.

Paul ·

Die regte ou om te ontslaan is die een wat die #1 pos beset. ‘n Vis vrot van sy kop af en die vis stink al oral.

Peet Schabort ·

Spelling verkeerd Paul. ‘Beset’ moet wees ‘besmet’.

Gallie Vermeulen ·

Paul en Peet ek stem 100% met julle saam. Zuma is die vrot vis wat verantwoordelik is vir die swak rand en die vrot ekonomie. In stede van pa te staan vir sy foute moet iemand anders nou die pad vat. Wanneer sal ons ooit van hierdie nar ontslae raak.

Gerhard v D ·

Ja, wie kan die meneer “pos”. Is dit nie maar al wat ons nodig het nie ???

Gemsbok ·

Zuma pos ander vir sy eie foute.

Suid-Afrika se kredietafgradering is te danke aan Zuma se spandering soos ‘n dronklap aan almal wat help om hom aan stuur te hou. Dit sluit in die reuse salarisse wat hy aan elke klerk en sy maat in die staatsdiens betaal, die reuse toelae wat hy aan die tradisionele leiers en hulle honderde gevolg betaal, die toelaes aan elke swanger tienerkind en loon vir elkeen wat sit en niksdoen. Geld aan Nkandla en sy eie vliegtuig, geld vir Luthuli-huis om halfgebakte stoomketels vir Medupi te laat bou. Geld vir partytjies en KFC en bemagtigingsprojekte wat niks op lewer nie.

En dan kom Zuma en hy stel mense ten duurste aan om Eskom te breek, om SAL te breek, om die SAUK te breek en om die Posdiens te breek. Hy breek die mynbou deur stakings, die vervaardiging met beurtkrag, die toerisme met reisvereistes op kinders en hy breek die landbou met praatjies van grondgryp, plaasmoorde en toedraai van droogtehulp. Hy breek die onderwys deur sy onbevoegde, onbeholpe lakeie in skole aan te hou as skoolhoofde en onderwysers en te sorg dat hulle jaarliks voor eksamens staak sodat hy nog geld vir hulle kan gee. Hy breek universiteite deur almal ewe onbeholpe in swak Engels te maak en moedig studente aan om af te breek, af te brand en te steel.

En die armes hou daarvan. Dit is vir hulle lekker. Hulle stem daarvoor. En as Zuma nie genoeg chaos saai nie, dan stem hulle vir Malema wat belowe om meer chaos te saai.

Afrikaner, jy kan dit stom gade slaan, of jy kan jou eie toekoms bewerk deur beheer terug te neem oor die sake wat jou raak. Moenie vra daarvoor nie. Doen dit net. Soos Orania. Anders gaan dinge vir jou net erger raak.

tambotie ·

Ja miskien nou sal die goedgelowige en menseregte bewonderaars begin sien wat die ou apartheids rassiste ons teen gewaarsku het: demokrasie werk nie in Afrika – hier heers voorvaders, konings, diktotors, tiranne en staatsgrepe.
Maar in SA is daar mos gewigte en teenwigte, of is daai dalk saam met die koper gesteel en scrapyard toe!

Schalk ·

Nee wat mense. Van hierdie diktator gaan ons nie ontslae raak nie, hy is baie slimmer as wat ons hom krediet voor gee. En die ergste van alles is, ons word stil gemaak as ons praat. Want in SA moet alles mos ge-sugercoat wees voordat dit ge-publiseer mag word. As daar nie ingegryp gaan word van die buiteland nie, is ons dae getel. Dit is net n kwessie van tyd.

Fanie ·

Schalk ek dink en glo daar is ‘n manier om hom uit te skop, van ontslae te raak. Niemand het nog gaan sit en dink of die moed gehad om dit te doen.

Kaspaas ·

#zumamustfall

Zuma omring homself met die wat sal mask soos hy se, sodra hy bevraagteken word raak hy obtslae van die persoon, n diktator verseker, nog n Mugabe in wording. Wat ook erg is dat die ANC hom so blindelings in die afgrond volg. Hulle het die mag om van hom ontslae te raak maar hy is reeds so magtig niemand wil teen hom opstaan.

chrisna botha ·

Moet tog net die die’koning’ en sy meelopers se pad vol dorings maak nie – jy sal herontplooi word!!! En die groot skuldige hou hom so onskuldig soos n babatjie…

pietertjie ·

Hallo Jakob Z, hoekom pos jy nie sommer ook die minister bemoeid met omgewimgsake nie omrede dit warm is en daar geen reën is nie?

Pieter.v ·

Zuma sal bly solank hy sy famalie en vriende kan skep voel hy n veer vir die land en sy mense.

Melt Olckers ·

Zuma doen dit net nadat die Chinese hier weg is. Miskien was Nene ‘n probleem wat verhoed dat die Chinese die land ekonomies oorvat en plunder.

PJ ·

Is daar nie n manier om ons belastings terug te hou nie ? zuma seker bang Nene gaan ok nie die aankoop van sy vliegtuig goedkeur nie

Johannes ·

Jip. Maak soos die res van die ANC ondersteuners – weier om vir enige iets te betaal en begin als afbreek. Dis nou tyd.

JWK ·

Ek dink Van Rooyen se eerste prioriteit sal wees om meer geld beskikbaar stel vir die kaders om te steel

Jacques ·

Matoela media. Waarom word my kommentaar nie ge plaas nie? Is die verwysing na die ware leiers dalk gevaarlik? Mnr Radebe en Co?

Schalk ·

Jacques. Jou kommentaar word verwyder vir presies die rede wat ek hierbo genoem het. As jy die waarheid praat, word jy stil gemaak. Alles moet mos ge-sugercoat word, die waarheid is nie belangrik nie, wat hulle wil hoor is belangriker. En die enigste platforms waar ons nog iets mag se, word ons soos kinders behandel.
En wat vir n antwoord is? Dit voldoen nie aan bepalings en voorwaardes nie? Jou vraag was nie of hulle jou asseblief kan voorsien van die bepalings nie, hoekom nie die regte rede gee nie?

tamboti ·

Wees gewaarsku mense, Zuma is SA se nuwe diktator, hy sal nie die president stoel prysgee nie. Hy het sopas bewys dat hy die ANC belangriker ag as SA, moet egter nie geflous word nie, hy bedoel sy eie koningryk in die ANC.
Moenie dink sy termyn is naby aan einde, hy doen dinge baie vinnig sonder enige teenstand, hehehehehehehehe………

tambotie ·

Plan B: sorg dat alle los geld oorsee bele is, maak gordel styf vas en kry kruisbande net ingeval, hou vas die bootjie gaan nou die diepsee in. Skaf ‘n tent aan en een van daai opwen radiotjies (met ‘n liggie)
En o ja koes vir die vliegende stukke popo, 2016 gaan baie verrassings oplewer.

Gerhard Bezuidenhout ·

So word ons land se ekonomie deur rommel tot rommel verwoes.

Frans ·

En die grafgrawer van die S A Rand staan hê,hê,hê langs die graf .’ I don’t need experts to tell me what is wrong -it is ‘Apartheid’ that is to blame’ hê,hê.

Henry ·

Afrikaners wat uit minder as 3 miljoen siele bestaan, kan nie veel doen aan die sotlikhede wat die narre in die ANC se sirkustente aanvang nie. Om die arme trutte sleg te sê is maklik maar sal geen indruk maak, of positiewe gevolge hê nie.

Wat ons wel kan doen, is om dringende steun aan die uitvoering van Plan B te gee en om die onregte wat in hierdie droewe land teen ons gepleeg word, so wyd en so dikwels as moontlik, wêreldkundig te maak.

Johannes ·

OP 16 Desember hierdie jaar gaan dink bietjie wat het net 470 boere teen 15000-21000 Zulus gedoen met die hulp van die Ware God.
Konserwatief is dit 1 boer vir elke 30 Zulus.
As daar net 3 miljoen wittes oor is het ons net die Vader se hulp nodig en die helfte van ons kan die vyand oorwin.

Frederik ·

Die dag as die regering nie meer matrasgeld kan betaal nie, gaan hier anargie uitbreek. En dis nie meer lank nie, ons is reeds bankrot. Die moontlikheid van ‘n volskaalse burgeroorlog is ook daar. Vir diegene wat so graag Orania-Orania skree – hoe veilig gaan Orania dan wees??

Alex ·

@ Peet schabort jy kom regtig “common” oor deur spelfoute uit te wys. Raak groot.

schalk ·

@Alex. Dit is omrede niemand meer reg gehelp wil word nie dat dinge lyk soos dit lyk. Ek sou my skoolgeld gaan terug eis het.

Deon ·

Sal interessant wees om te kon weet wie het $’s gekoop net voor die aankondiging.
Lekker vroeg Kersfees-pakkie geld is seker gemaak op die valuta markte.
Daar is nie meer belastinggeld om te spandeer nie so daar word maar so geld gemaak……

M ·

Ons as afrikaner volk moet begin bid dat dinge verander, dit is al uitweg.

Johann Marx ·

M? STOP DIT!!!! Bid dat “dinge verander” help nie. Bid vir krag en deursettingsvermoë en wysheid om die gemors wat jy self geskep het reg te maak, en dit dan te DOEN….sal help. Gaan lees Nehemia. Dae lank gebid en NIKS het gebeur nie….tot hy opgestaan het van sy kniëe af, en begin DOEN het waaroor hy gebid het…..en skielik was Jerusalem se muur weer sterk en stewig.

arie plaasboer ·

Haaim mense kyk bietjie hierna:
Trevor Manuel – deur die wereld ekonome erken as baie bekwaam – waar is hy nou en wat is die REGTE rede daarvoor.
Pravin Gordan – Naas Manuel staan hy nie juis in manel se skaduwee nie. Hyself is beslis `n grote !!
Nene – speel nie saam met zuma se lakei by SAL daarom word hy gepos. “Ons WIL maak soos ons wil en jy gaan ons nie stop nie”

Die trappe van vergelyking hier is so naastenby:
“uitstekend – goed -nie so goed nie – vrot.

hoe vrotter hoe beter die opvolgende strategiese bevordering na erens waar jy nie meer in die publieke oog is nie.

Avril Schutte ·

More Johannes, ek stem 100% saam met jou. Dis tyd dat hy gaan…….

Pieter ·

Ek glo die tyd het aangebreek vir elke lojale en trotse Suid-Afrikaner om drasties op te tree en hierdie euwel in ons midde met wortel en tak uit te roei synde dit die toekoms vir oud en jonk letterlik voor ons oë steel en vernietig. Polities moet die stemgeregtigdes hul stem verhef en daarop aandring dat die ANC Mr Z verwyder en indien laasgenoemde nie realiseer nie moet die publiek asook besigheid die ANC se inkomstebronne afsny en diegene wat hul finansieel ondersteun se name bekend maak en ten alle koste boikot. Dit is moontlik en hier wil ek ondermeer verwys na Rusland, wat nie baie lank gelede in ‘n soortgeleke situasie was en met die sterk leierskap van Putin daarin geslaag het om die euwel van korrupsie om te draai .
“Waar ‘n wil is, sal daar ‘n weg wees.”

Fanie ·

Ja Pieter. Ek glo self daar kan iets gedoen word om ANC se Zettie uit die stoel uit te kry. Is soos jy sê, die slim mense in ons geledere moet net koppe bymekaar sit. Ek glo hulle gaan en sal ‘n skuiwergat kry as hulle intens gaan kyk na al die wetlike en grondregtelike aspekte ensovoorts. Dit is mos nie die Party wat die land regeer nie, maar die mens aan die hoof van daardie party! Hy keer sy rug op sy eie mense!!!

Charlie ·

Lees Tito se toespraak en kyk wat nuwe president van Tanzanie nou doen en spot the mistakes. Verder as ons nie die slimste van slim mense nou vinnig bymekaar kry nie , is die “expropriation bill of 2015 ons voorland. Die regering onteien en noem dit “custodianship”. Mense leer die woorde van De La Rey en Vaderland ons moet ook sing …………………… die vorige keer was daar nogal ‘n bietjie reaksie

Muller ·

Ag nee Maroela, ek raak moeg nou daarvoor om my se ook te se en dan plaas julle net mooi niks van dit nie. Dis die hoeveelste een! Wat het ek nou weer verkeerd gese, lyk my mens moet omtrent in sirkels loop en mooi koekies bak net om jou kommentaar geplaas te kry!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.