Minister van grondhervorming ‘stel onteieningslokval’

Maite Nkoana-Mashabane. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die vakbond Solidariteit sê Maite Nkoane-Mashabane, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, se uitlatings dat sy wil voortgaan om grond te onteien voordat die parlementêre proses oor die kwessie afgehandel is, is ʼn bewys dat die ANC se praatjies dat grondeienaars nié bekommerd moet wees nie, eintlik ʼn lokval is.

Dit volg nadat Nkoane-Mashabane Dinsdag tydens die Nasionale Forum vir Dialoog in Johannesburg, waar die regering se planne vir grondonteiening sonder vergoeding bespreek word, gesê het haar departement het reeds ʼn toetssaak vir grondonteiening sonder vergoeding geïdentifiseer en berei nou voor hiervoor.

Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, meen dit is “onrusbarend” dat Nkoane-Mashabane gesê het dat sy egter “nog nié dié eiendom wil bekend maak nie omdat sy vrees dat dit die huidige eienaars sal tyd gee om verteenwoordiging te bekom en om vir ʼn moontlike hofgeding voor te berei wat haar taak sal bemoeilik”.

“Hierdie stelling maak haar argument dat sy hierdie geval as ʼn toetssaak wil gebruik totaal en al tot niet omdat dit duidelik is dat sy nie werklik omgee oor wetlike prosedures nie,” sê Mulder.

“Dit blyk dat die ANC nie net van plan is om burgers van hul eiendomsreg te stroop nie, maar dat hulle ook bereid is om ander grondwetlike regte te vertrap ten einde daardie doel te bereik.”

Volgens hom is dit duidelik dat daar ʼn teenstrydigheid is tussen wat pres. Ramaphosa sê en die uitsprake wat sy ministers rakende die kwessie maak. “Die ANC tree net binne die raamwerk van die wet op solank dit nie hul uiteindelike doel belemmer nie,” sê hy. “Die enigste verskil tussen die ANC en die EFF se siening van grondonteiening is die grootte van die bende wat die grond wil vat.”

AfriSake het Woensdag gesê die organisasie sal gratis regsaksie instel namens sy eerste lid wat ’n slagoffer word van onteiening sonder vergoeding weens ’n wysiging van die eiendomsklousule in die grondwet. Luidens ʼn verklaring van dié sakeregtewaghond sal alle lede van AfriSake, individue sowel as maatskappye, hierdie beskerming geniet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sefbeskikking

Hoe meer hulle ons druk hoe meer sal ons druk onderhandel vir selfbeskikking, dan gaan hulle sien hoe nodig hulle altyd ons belasting gehad het. Ons moet ophou praat en self grond vir selfbeskikking identifiseer en uitruilgesprekke voder met die regering.

Penellope Jones

Moet nooit die ANC onderskat nie.

Hendrik van George

Die minister was ‘n klaaglike mislukking in haar vorige pos – vinnig besig om haar reputasie gestand te doen in haar nuwe pos.

Oom Kalahari

@Francois, ek voel ook soos jy en al so opgekrop dat net kan ontplof en dinge se wat my 10jr sal laat sit. Hierdie ou ministertjie was nie baie suksesvol in haar ou vorige amp nie en probeer nou bietjie gesig koop en opmaak vir haar swak werk voorheen. Hul hele optrede is misleidend en gaan as ‘n verrassing in die nag kom waar hul net die boer en gesin/familie deur die polisie en weermag verwyder. Wil nie tyd gun tot vernietiging nie. Die plaas in Limpopo wat genoem is van 1913 is die eerste teiken.

John

Waarom glo so baie mense dat Cyril anders dink as die res van die ANC? Glo mense hy is ‘n reinkarnasie van Mandela wat nooit was wat die meeste mense van hom dink hy was nie. Wie wou destyds die paddas kook? Dit is ‘n slim strategie om die buiteland te laat glo dat hy buite die saak staan en gedwing word…. magteloos is teen die massa verontregtes se dwingende wens om die eeuelange ‘foute’ reg te stel. Die hele dralery om iets daadwerkliks te se en alles vaag te hou, maak almal wat saak maak sag om later die… Lees meer »