Minister van grondhervorming ‘stel onteieningslokval’

Maite Nkoana-Mashabane. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die vakbond Solidariteit sê Maite Nkoane-Mashabane, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, se uitlatings dat sy wil voortgaan om grond te onteien voordat die parlementêre proses oor die kwessie afgehandel is, is ʼn bewys dat die ANC se praatjies dat grondeienaars nié bekommerd moet wees nie, eintlik ʼn lokval is.

Dit volg nadat Nkoane-Mashabane Dinsdag tydens die Nasionale Forum vir Dialoog in Johannesburg, waar die regering se planne vir grondonteiening sonder vergoeding bespreek word, gesê het haar departement het reeds ʼn toetssaak vir grondonteiening sonder vergoeding geïdentifiseer en berei nou voor hiervoor.

Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, meen dit is “onrusbarend” dat Nkoane-Mashabane gesê het dat sy egter “nog nié dié eiendom wil bekend maak nie omdat sy vrees dat dit die huidige eienaars sal tyd gee om verteenwoordiging te bekom en om vir ʼn moontlike hofgeding voor te berei wat haar taak sal bemoeilik”.

“Hierdie stelling maak haar argument dat sy hierdie geval as ʼn toetssaak wil gebruik totaal en al tot niet omdat dit duidelik is dat sy nie werklik omgee oor wetlike prosedures nie,” sê Mulder.

“Dit blyk dat die ANC nie net van plan is om burgers van hul eiendomsreg te stroop nie, maar dat hulle ook bereid is om ander grondwetlike regte te vertrap ten einde daardie doel te bereik.”

Volgens hom is dit duidelik dat daar ʼn teenstrydigheid is tussen wat pres. Ramaphosa sê en die uitsprake wat sy ministers rakende die kwessie maak. “Die ANC tree net binne die raamwerk van die wet op solank dit nie hul uiteindelike doel belemmer nie,” sê hy. “Die enigste verskil tussen die ANC en die EFF se siening van grondonteiening is die grootte van die bende wat die grond wil vat.”

AfriSake het Woensdag gesê die organisasie sal gratis regsaksie instel namens sy eerste lid wat ’n slagoffer word van onteiening sonder vergoeding weens ’n wysiging van die eiendomsklousule in die grondwet. Luidens ʼn verklaring van dié sakeregtewaghond sal alle lede van AfriSake, individue sowel as maatskappye, hierdie beskerming geniet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Sefbeskikking ·

Hoe meer hulle ons druk hoe meer sal ons druk onderhandel vir selfbeskikking, dan gaan hulle sien hoe nodig hulle altyd ons belasting gehad het. Ons moet ophou praat en self grond vir selfbeskikking identifiseer en uitruilgesprekke voder met die regering.

Reguit ·

Selfbeskikking gaan niemand vir jou gee nie en jy gaan dit ook nie vat of kry nie. Hou maar op met jou valse-vlag misleiding. Mens kan slegs onderhandel uit ‘n posisie van mag. Mag het jy nie, ook geen blanke in SA nie. Jy weet goed dat die blankes hulle mag in 1994 weg gegee het, dws hulle reg tot selfbeskikking effektief gekanselleer het. Dit wat hulle nóú gaan kry is die bloedige resultate daarvan. En ons almal weet wat dit is.

Vra net ·

Selfbeskikking, het jy al gaan dink hoe wil jy he moet dit werk. Se ons onderhandel en kry n gebied, wat van jou klaarbetaalde huis in bv Pretoria, of jy werk vir Absa. Verduidelik vir my hoe wil jy selfbeskikking laat werk ?

Ananda ·

Ek stem saam , hoe harder hulle druk hoe meer moet ons druk op grond vir selfbeskikking, wat ek hoop gaan in die naby toekoms gebeur.Soos Orania, waar ons ons eie kerk en taal skole wet geld eenheid kan he, dinge sal nooit ooit andersins uit werk nie

Selfbeskikking 2.0 ·

Selfbeskikking kan werk. Dus ‘n internasionale reg. Dis dalk juis nou die tyd om dit juis na te jaag. En onthou al werk jy by ABSA kan jy nog steeds daar werk, want selfbeskikking gaan nie oornag gebeur nie, en jy kan mos besluit om eers in die deel van die land te bly werk en later te verhuis. Verder moet mens besef, dis dalk beter om vir ‘n toekoms te werk, as om in onsekerheid te bly leef. Jy bou dalk nou jou lewe in Pta verniet, en later moet jy in elk geval verhuis na jou eie gebied. Is dit nie dalk beter as die geweld en misdaad van die status quo.?

Hendrik van George ·

Die minister was ‘n klaaglike mislukking in haar vorige pos – vinnig besig om haar reputasie gestand te doen in haar nuwe pos.

Oom Kalahari ·

@Francois, ek voel ook soos jy en al so opgekrop dat net kan ontplof en dinge se wat my 10jr sal laat sit. Hierdie ou ministertjie was nie baie suksesvol in haar ou vorige amp nie en probeer nou bietjie gesig koop en opmaak vir haar swak werk voorheen. Hul hele optrede is misleidend en gaan as ‘n verrassing in die nag kom waar hul net die boer en gesin/familie deur die polisie en weermag verwyder. Wil nie tyd gun tot vernietiging nie. Die plaas in Limpopo wat genoem is van 1913 is die eerste teiken.

John ·

Waarom glo so baie mense dat Cyril anders dink as die res van die ANC? Glo mense hy is ‘n reinkarnasie van Mandela wat nooit was wat die meeste mense van hom dink hy was nie. Wie wou destyds die paddas kook? Dit is ‘n slim strategie om die buiteland te laat glo dat hy buite die saak staan en gedwing word…. magteloos is teen die massa verontregtes se dwingende wens om die eeuelange ‘foute’ reg te stel. Die hele dralery om iets daadwerkliks te se en alles vaag te hou, maak almal wat saak maak sag om later die storie van witmisdadigheid te begin glo sodat die gryp van grond na die regte regverdige oplossing lyk vir die 60+ miljoene glo ontheemdes. As mens kyk na wie in Desember verkies is om die ANC te lei, dan is dit duidelik dat die tafel gedek word vir ‘n groot katastrofe. Listeriose en ander probleme is nie sommer net ietsie problematies wat gou die wyk sal neem nie. As mens te slim is, kry jy met slimmer vyande te doen.

jaco ·

Al weet die slagoffers van onteiening ook lankal vooraf dat hulle geteiken gaan word, gaan ‘n regsproses, selfs gratis, om dit te keer, NIKS help nie. Geen regter wat sy werk wil gehou, sal uitspraak lewer teen die staat nie. Onthou wat het Mugabe gedoen toe die howe sy onteienings ongrondwetlik verklaar het: hy het hulle eenvoudig afgedank en met regters vervang wat sy beleid konsekwent sou napraat en navolg. Dieselfde gaan in SA gebeur.

marous ·

Heeltemal reg . Die wetgewing word eenvoudig aangepas om die beleid, in diegene wat vas skop , se kele af te druk .

Monica Muller ·

Jaco ons moenie so gou handdoek ingooi mbt die regsproses nie. Die regters het al vele uitsprake teen die Staat gelewer.

Robert Naude ·

Ek dink nie hy wil nie. Vat maar ou Juluis as ń voorbeeld…..

JoeV ·

Sy werk onder instruksie van hom, so moenie jou hoop daarop sit nie.

Willie ·

Nog n onbekwaamde! Wonder waar kom die slimkoppe nou skierlik vandaan? Gaan vat die Zulu Koning se land toe!

Boerklong ·

‘n Mens kan ‘n rekkie net so ver rek voordat dit uit jou vingers glip en jou ander hand se vingers tref.

Twakkie ·

Ons is nou Afrika en ons moet noord kyk om ons toekoms te sien en te weet hoe om te reageer. Internasionale ondersteuning is al wat ons toekoms leefbaar gaan maak. Maar eers as dit van regerings kom, nie klein groepies nie. Dit sal kom, die migrante het konserwatiewes oral se oë laat oopgaan. AfriForum het al baie bewustheid geskep oorsee, byt net vas. Sal nie môre al gebeur nie, maar sal. Volg gerus die buitelandse konserwatiewe bewegings op Facebook, dit gee mens moed. Die linkses se houvas van dekades op die Westerse wêreld word swakker. Daar is áltyd weer verandering.

hendrik ·

Hoe meer druk hoe minder belasting!!!! Liewe land mense begin terug baklei. Hulle kan nie al ons wittes in n tronk toesluit nie. Die buiteland is bewus van wat hier aangaan.

Theresa ·

Slim kan sy baas vang. Maar, as slim nie slim is nie, maar slinks – kan dinge lelik skeef loop.

Willem Germishuys ·

Vandag die wit boere se plase. Môre Anglo-American, Lonmin, De Beers, OK, Checkers, Pick and Pay.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.