Minister van omgewingsake sterf

Edna Molewa (Minister van omgewingsake) Foto: GCIS

Edna Molewa, minister van omgewingsake, het in die ouderdom van 61 gesterf.

Pule Mabe, woordvoerder van die ANC, het dié nuus bevestig. “Die verlies is onbeskryflik.”

Molewa was deel van die ANC se nasionale uitvoerende komitee asook die ANC-vroueliga se nasionale werkskomitee.

Sy was voorheen premier van Noordwes.

Die ANC het hul medelye aan die gesin betuig en gesê die ANC bedank hulle dat hul vir Molewa beskikbaar gestel het. “Ons deel in jul verlies en rou. Mag haar siel in vrede rus,” het Mabe gesê.

Daar is nog nie enige besonderhede oor die rede vir haar afsterwe bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Gertryda ·

Ja nê!!!!
Is sy nie die een wat gesê het meer leeu beendere kan uitgevoer word nie?
Is sy nie die een wat gesê luiperds kan geskiet word?

M'Lady ·

Hopelik sal daar nou n einde gebring word aan die verfoeilike leeu plase en uitvoer van beendere na die Ooste. CR stel asseblief iemand aan wat n liefde het vir die wildlewe en ingeligte besluite kan maak. Die hoop beskaam egter.

Paul ·

Ook ‘n persoon wat die geveg teen die stroop van renosterhorings met nuwe ywer kan aanpak en iemand waarop mens trots kan wees om Suid Afrika by CITES te verteenwoordig.

Boerseun ·

Ai, nou waar gaan die oortollige leeus dan nou bly as hulle nie meer op die plase mag bly nie? Miskien moet ons mense wat te veel krag gebruik (soos haardroers) stroop om plek te maak vir die leeus. Jammer dat die greenies hou vas gekry het op bewaring, hulle suig redelik daarin. Nie n goeie rekord sover nie, veral in ag genome wat kommersiele boere met renoster getalle in die 90’s bereik het, snaaks hoe mense daarvan vergeet het. Dan laaste, tensy jy nie die mense wat die beendere gebruik se mentaliteit verander nie, gaan hulle die produk soek en gaan die diere gestroop word. So ek stel voor dat daar op Shinese en Vietnamese webtuistes kommentaar gelewer word, dalk help die kommentaar dan.

Bus ·

Nou kom die afrekening tyd , waar gaan ek heen . Daar waar die een gaan is nie greywie trein nie .

Paul ·

En my ongedurigheid pla my, al van voor ek die kommentaar geplaas het. Elke ding het sy tyd en plek. Kom ons betoon ons eer in die tyd van droefheid oor ‘n afgestorwene, betoon respek vir die mense wat ‘n geliefde verloor het.

More is dit my beurt, dit is ‘n gegewe.

Anton ·

Ek stem saam met jou. Ten spyte van ons politieke oortuigings is die dood n seer ding en moet mens met empatie optree want môre is dit een van ons geliefdes

Nico ·

As sy premier van Noordwes was glo ek nie daar is iets om oor te huil nie. Sover ek kan dink was Noordwes sedert die dag van dy ontstaan korrup.

Pieter ·

Dit was dieselfde minister wat ‘n toegekende tender van R800000 om ‘n pyp van enkele km toe te gooi gekanseleer het. Sy aanvàar toe ‘n tender van R45m waarvan sy toe R10m kry om die kraan oop te draai.

Johanna Botha ·

Ai tog en die riool stroom nog salig die damme binne !

Anton ·

Dis ‘n mens wat gesterf het mense. Is dit hoe ons as Afrikaners geleer is om die dood van ‘n ander te hanteer? Komaan. Daar is’ n familie en geliefdes wat haar afsterwe betreur. Los politiek hier uit en dink hoe jy sou gevoel het as dit een van jou naasbestaandes was. Ons is tog mense after all. Trots Afrikaans maar skaam vir Afrikaners wat geen simpatie betoon nie

Paul ·

Kom laat ons die hoofde sak in gebed, ‘n oomblik van stilte, vir elkeen wat die hiernamaals betree. Die wat wil voorgaan in gebed, ons bid saam vir elke siel in die land …

ANC ·

En waar ons almal heen gaan, wit en swart, gelykheid. Iets wat die aarde nie ken nie. Iewers waar ons almal net mens is.

Conrad ·

“The reality is that we are living in a modern, functional state with strong institutions, a transparent and accountable government, a free and vibrant civil society and media and an independent judiciary. Most importantly, we are living in a country in which the law reigns, with a Constitution that provides checks and balances and holds the executive to account.” –
Edna Molewa (7 April 2018)

Pieter ·

Kan jy nou nader kom aan die droomwêreld van ‘n politikus?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.