Minister van onderwys: ‘Skole bly oop’

Minister Angie Motshekga. (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Saterdag aangekondig dat skole oopbly ondanks oproepe dat die skoolvakansie, wat op 9 Julie begin, vervroeg word.

Die raad van onderwysministers (CEM) het Saterdagoggend ’n spesiale vergadering gehad om verslae van die departement van gesondheid oor die jongste verwikkelinge rakende die bestryding van die Covid-19-pandemie te bespreek. ’n Plan vir die inenting van onderwysers is ook aan die CEM voorgelê.

“Ons volg te alle tye die advies van openbare gesondheidskundiges wat ons ondersteun in die hantering van die impak van Covid-19. Ons glo dat skole oop moet bly en deur dit te sê is ons nie ongevoelig vir die besorgdheid oor die toenemende infeksies nie.”

Motshekga het gesê hul sal leiding neem van strukture soos die ministeriële advieskomitee, die nasionale Covid-19-bevelsraad en die kabinet oor hierdie aangeleentheid as deel van ’n breër benadering in die stryd teen Covid-19. “Daar moet wetenskaplike redes wees vir alle besluite wat geneem word.”

Op vrae aan die minister oor die stygende Covid-19-infeksies, veral in Gauteng, en of dit nie die sluiting van skole noodsaak nie, het Motshekga gesê die huidige situasie regverdig egter nie dat skole gesluit moet word nie. Volgens Motshekga word daar daagliks en weekliks statistieke van die skole af gekry en word dit gebruik om ingeligte besluite te neem.

Die minister het ook daarop gewys dat skole binnekort vir die skoolvakansie sluit en die meeste belanghebbendes, met die uitsondering van ’n paar vakbonde, is dit eens dat skole tot dan moet oop bly.

Terugkeer van laerskoolleerders

Laerskoolleerders sal steeds op 26 Julie na die normale daaglikse skoolbywoning terugkeer. “Die besluit is voldoende binne die sektor getoets, met belangrike belanghebbendes wat insette gelewer het in die proses.

“Ons is gelei deur verskillende studies wat gekyk het na die onderrig- en leerverliese wat reeds in die sektor gely is; die wetenskaplike bewyse rakende die impak van Covid-19 op jonger kinders; asook die advies van die mediese gemeenskap.”

Volgens Motshekga is daar twee maande gegee om hiervoor voor te berei. “Die provinsies is in die stadium in verskillende stadiums van gereedheid wat betref die daaglikse terugkeer van alle laerskoolleerders. Ons weet daar is baie veranderlikes wat hierdie taak suksesvol sal maak. Die departement hou tans individuele sessies met elke provinsiale onderwysdepartement om te bepaal of hulle gereed is.”

Inentings in die onderwyssektor

(Argieffoto: Unsplash)

Die departemente van onderwys en gesondheid werk volgens Motshekga die afgelope paar weke onverpoos om ’n inentingsprogram vir onderwysers en ander personeel in die sektor te finaliseer.

Die inentingsprogram sal Woensdag van stapel gestuur word en sal tot 8 Julie voortduur. Volgens Motshekga sal alle personeel in die sektor ingeënt word, ongeag hul ouderdom. Dit sluit beheerliggaam-aangestelde onderwysers en onderwysers van onafhanklike skole asook alle administratiewe en steunpersoneel in.

Daar is meer as 582 000 mense in die sektor wat die departement teen 8 Julie wil inent. Daar is egter uitsluitingskriteria rakende die inentings. Dit sluit enige persoon wat die afgelope 30 dae Covid-19 opgedoen het in, sowel as enige persoon wat die afgelope 14 dae ’n griepinspuiting ontvang het.

Motshekga het benadruk dat inenting vrywillig is, maar gesê dit word sterk aanbeveel “sodat almal beskerm kan word”.

Die minister het egter gesê dat onderwysers wat weens komorbiditeite tuis werk, binnekort sal moet terugkeer skool toe, al besluit hulle om nie ingeënt te word nie.

“Die inenting van almal in die sektor is ’n geleentheid om skoolonderrig te normaliseer en om die impak van Covid-19 te verminder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Persheks Adri ·

Vra jy dit wat tande het! Dis die 1 se ouma se boetie se kind en dan die agterkleinkind van die suster of iets in daai lyn!

Henk ·

Regte besluit, daar was nog nooit rede om die skole te sluit nie, nie laasjaar of fie jaar nie

Wonder ·

Die skole is vrot van Covid en dit gaan nie oor kinders kry dit nie erg Nie dit gaan oor daar is baie oumense en iik mense met kroniese siektes by die huise wat nie die Covid sal kan maak Nie….

Samuel ·

Eenkeer het die minister na ‘n raadgewer geluister. En nie voor die EFF se dreigemente om skole te sluit, geswig nie. Mooi so.

Tanniepetoors ·

Wie en wat wou sy beïndruk met ‘n mediaverklaring op ‘n Saterdagmiddag wat twee of drie dae vantevore al aangekondig is.

christo ·

Ha, ha! Al die onderwyspersoneel inent voor 9 Julie. Daar is slegs èèn inentingspunt per onderwysdistrik in Mpumalanga. Dit is ‘n resep vir chaos.
Die ouers laat toe dat hulle kinders ’40 days’ partytjies en selfs matriekafskeid funksies hou. Dan vra hulle wat die skoolhoof aan stygende Covid-19 getalle doen. Dit laat my lag.

Janine ·

Verstaan die absolute MOROON dat kinders dalk nie siek word nie, maar die kiem HUISTOE bring, na hul ouers???? JY is breindood. Nes die res van die regering.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.