Minister van polisie beskryf SA as ʼn oorlogsone

Genl. Bheki Cele, minister van polisie (Foto: ANA)

Suid-Afrika se moordsyfer is so hoog dat Suid-Afrikaners tereg kan aanvoer hulle woon in ‘n oorlogsone, het die minister van polisie, genl. Bheki Cele, vanoggend gesê.

Cele het gesê dit sal niemand baat om te ontken dat daar geen goeie nuus in die misdaadsyfers is nie, en hy het belowe dit sal volgende jaar beter lyk.

Die slegste nuus was ʼn toename van 6,9% in die moordsyfer. Dit is 1 320 moorde meer as verlede jaar. Sowat 57 Suid-Afrikaners word daagliks in die land vermoor, met die algehele moordsyfer vir die jaar geëindig op 31 Maart vanjaar wat op 20 335 te staan gekom het.

Die meeste moorde, naamlik 308, het verlede jaar in Nyanga in die Wes-Kaap voorgekom, gevolg deur Umlazi (KwaZulu-Natal), Philippi-Oos (Wes-Kaap), Inanda (KwaZulu-Natal), Delft (Wes-Kaap), Khayelitsha (Wes-Kaap), Kraaifontein (Wes-Kaap), Gugulethu (Wes-Kaap), Mthatha (Oos-Kaap) en Mfuleni (Wes-Kaap).

Cele het toegegee dat daar geen vreugde uit die syfers te put is nie, en dat die polisiediens die bal laat val het. Hy het gesê dit kan nie so voortgaan nie. Sedert hy vroeër vanjaar minister van polisie geword het, is baie nuwe planne wel in werking gestel om misdaad strategies en struktureel te bestry.

Wat die 17 prioriteitsmisdade betref, was daar oor die algemeen ʼn klein afname, maar volgens Cele kan dit eenvoudig nie so voortgaan nie.

Die nasionale polisiekommissaris, genl. Khehla Sitole, het gesê van die 2,916 miljoen ernstige misdade wat aangemeld is, was 36% kontakmisdade, 31% misdade teen eiendom, 7% verwant aan kontakmisdade en die res is onder ʼn verskeidenheid ander misdaadsoorte ingedeel.

Die aantal seksuele misdade het tot bo 50 000 toegeneem, wat ʼn toename van sowat 5% bo verlede jaar verteenwoordig, maar nietemin ʼn groot daling verteenwoordig sedert 2008, toe daardie syfer 69 000 beloop het.

Klein afnames is aangeteken in die aantal pogings tot moord (18 232 vanjaar) en ernstige aanrandings (sowat 212 000 vanjaar).

Die grootste sukses waarop die polisie aanspraak kan maak, is in die bekamping van transitorooftogte. Verskeie baasbreine agter die rooftogte is aangekeer.

Die grootste aantal moorde word gekoppel aan dispute in hostelle, gevolg deur bendebedrywighede, vigilantemisdaad, taxigeweld, onwettige mynboubedrywighede, moorde op polisielede, plaasmoorde en politieke moorde.

In reaksie het die DA by monde van sy parlementslid Zak Mbhele gesê die regering bestee slegs R1 500 per jaar aan die beveiliging van elke gewone Suid-Afrikaner teenoor meer as R9 miljoen per BBP van die regering.

Hoewel die aantal verkragtings afgeneem het, word 109 Suid-Afrikaners elke dag verkrag, het Mbhele uitgewys en by 625 huise word daagliks ingebreek. Boonop vind ongeveer een transitorooftog per dag plaas.

Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, het gesê die werklikheid is dat Suid-Afrika se misdaadsyfer vir die sesde agtereenvolgende jaar gestyg het, en dat die moordsyfer nou vyf keer die wêreldgemiddeld is.

Groenewald het uitgewys dat moord die afgelope ses jaar met 31%, motorkapings met 73% en huisbraak met 32% toegeneem het. Hy het gesê veral vroue en kinders se kwesbaarheid vir misdaad neem voortdurend toe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Elsa ·

Tog net mooi praatjies. Stuur almal huistoe wat ons land die laaste 15 ingekom het. Sluit die grense.

die wit wolf ·

Nou daar is dit nou! Dus moet die wersgehoorsame burgers toegelaat word om maklikker vuurwapens te bekom en dus self terug te veg teen geweld misdaad en haat misdade…die staat is nie meer bevoeg om ons veiligheid te verseker nie!

Netso ·

Grote Generaal Cele kan ons jou bedanking vra sonder om asseblief te vra? Al die hoëgeplaastes faal ons land in elke opsig! Dis ñ skande om die minste te sê, dis mense lewens!!!

Andre ·

En wat gaan jy omtrent dit doen mr. Cele? Ons almal weet die antwoord is net mooi niks, die polisie is pateties verby.

Sarie ·

Bring doodstraf trug ,stuur buitelanders trug en kry wakker sapd lede

Sandy B ·

Whaaa haaa haaa die bal laat val!!!! Julle het hom nog NOOIT in die lug gehad nie Cele!!!

Fortis ·

Die eerste, basiese en primêre verantwoordelikheid van enige regering is om ‘n land se burgers te beskerm teen gewelddadige aanslae van binne sowel as buite ‘n land se grense. Indien ‘n regering hierin faal, is ‘n mislukte staat die onvermydelike gevolg. Gemeet aan hierdie maatstaf en in die lig van die jongste misdaadstatistiek, is die Suid-Afrikaanse staat, en die ANC-regering in die besonder, ‘n volslae mislukking. Dit bied na my mening ‘n sterk staatregtelike grondslag vir territoriale onafhanklikheid vir Afrikaners om aan die kriminele onbeholpenheid van die huidige regime te ontvlug.

All Things Are Possible ·

This is the reason that the political party All Things Are Possible, want’s to implement the dead, we need ur vote

Hm ·

Dis die gevolg as lewenskoste, minimum loon, tax en werkloosheidsyfer opgaan, en mense van ons buurlande in SA in loop en n heenkome probeer vind, terwyl ons mense nie eers n heenkome het nie. Gaan dit verander? Ek twyfel want ons sorg mos vir ons previously disadvantaged broers van ons buurlande wat ook kolonies was.
Dis tyd dat ons mense opstaan en demand dat hierdie mense terug gaan waar hulle vandaan kom sodat daar geleenthede vir ons eie mense is.

W ·

For Those whom have No Understanding- Nor an Appreciation of the Workings of the Police, Please read the following books…..and “see” how continious “Restructering” and constant Political Interference has contributed to the police’s “disfunctional ability” to Police South Africa within Primary, Secondary, and Tertiary Crime Prevention and to Fulfill its Constitutional Mandate within Cohesion with the other Role Players within the Criminal Justice System.

A Country At War With Itself – South Africa’s Crisis Of Crime (Antony Altbeker)

The Dirty Work Of Democracy (Anthony Altbeker)

Thin Blue: The Unwritten Rules Of Policing (Jonny Steinberg)

Hennie ·

Weet die despoot dat dit op hom en sy ANC reflekteer? Klink so of hy iets bespreek wat niks met hom te make het nie! Agoooood story to tell!

Potlood ·

Min weet hy die oorlog is teen magte wat ons sien en nie sien nie!!!

Pateties ·

NO KIDDING .. en wat doen jy daaraan? Jy het eers plaasmoorde geignoreer, toe verkragtings, bendegeweld, taxi geweld. . so WAAR laat dit ons nou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.