Minister van seksuele teistering beskuldig ná wildtuinbesoek  

Enoch Godongwana, die minister van finansies. (Foto: GCIS)

Enoch Godongwana, minister van finansies, het ontken dat hy ʼn werknemer by ʼn hotel in die Krugerwildtuin seksueel geteister het.

ʼn Saak van seksuele teistering is by die Skukuza-polisiestasie aanhangig gemaak nadat die minister en sy vrou by ʼn luukse hotel in Skukuza vakansie gehou het.

“Dit blyk dat die saak aanhangig gemaak is byna ʼn week nadat die minister sy private besoek aan Skukuza in die Krugerwildtuin afgesluit het,” het sy kantoor in ʼn verklaring gesê.

“Die minister is ingelig dat die saak aanhangig gemaak is deur ʼn werknemer by Skukuza wat masseerdienste aan gaste in hul kamer aangebied het.”

Godongwana voer egter aan dat hy tydens die beweerde voorval saam met sy vrou in hul kamer was en dat daar dus geen gronde vir die bewerings is nie.

“Ek het nog altyd die regte en waardigheid van vroue gehandhaaf en gerespekteer en hierdie bewerings druis in teen dit waarvoor ek staan.”

Volgens die minister het hy nog geen amptelike kommunikasie van die polisie ontvang in verband met die klag wat aanhangig gemaak is nie en kan hy nie verdere kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Nie Verbaas ·

Waar n rokie is brand n vuurtjie. Kamera gebied? Kyk na die kameras of hy daar was.

Kokerboom ·

Waarheid sal uitkom!
Belastingbetaler hoes vir die kaders se uitspattige lewe!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

En dit val onder die standaarditem “vermaak en ontspanning”.

Jr ·

And the cANCer party is never responsible for anything. Altyd iemand anders se skuld. Nou wag ek net vir die ” it is a conspiracy and politically motivated effort to remove me from my kader post. Hierdie mense hou NOOIT OP NIE

Nie Verbaas ·

Jy het die woord “lieg” uitgelaat in “die mense hou nooit op nie.”

SjN ·

Die spreukwoord is so waar oor die rokie en vuurtjie en van die aap met die goue ring!!

Oosieoos ·

Godongwana kan nie die Prasa pensioenarisse se verhoging wat a bevel 3 jaar terug van die hof was teken nie maar lê in die wildtuin rond met hul belasting geld. Veragtiglik skandalig maar hier sal ook niks van kom nie want die arme dame kom uit die werkers klas

Waarnemer ·

Waar daar n rokie is,is daar gewoonlik n vuurtjie.Wed julle hier gaan niks van kom nie,hy is n minister en die ou wie sorg …….

Republikein in die Wes Kaap ·

Daar het ook dadels gekom van Jennifer Ferguson se polisieklag teen Danny Jordaan.

Pieter9 ·

So, die vrou het, terwyl sy besig was om die haar werk in die Hotel te doen, besluit sy wil iemand vandag van seksuele teistering aankla…en toe kom sy naam op! ANC kaders dink die SA publiek se intelligensie is op dieselfde vlak as die van hul parlementslede.

Nie Verbaas ·

Na watter intelligensie verwys jy in die parlement want ek kon vanaf 1994 nog niks daarvan opmerk nie?

Casper ·

Seksuele teistering is baie moeiliker om te bewys as verkragting omdat daar geen DNA of DNS monsters bekom sal word nie.As daar wel kameras geïnstalleer is sal dit meer lig op die saak werp.’n Leunverklikkertoets kan net sê of hy of die vrou lieg,maar tot hy skuldig bevind is bly hy onskuldig.Dit klink egter of die vrou seker is van haar saak.Waar was sy vrou.

Jean ·

Meeste sê waar daar ‘n rokie is… So almal is altyd dadelik skuldig as iemand sê die persoon het dit of dat gedoen… Al is baie anc ministers korrupt beteken dit nie almal is dadelik skuldig oor ander sake nie.

Vernon ·

Ia reg…hulle eet mekaar nou! Daar gaan niks gebeur nie….

JM ·

Die mensdom is darem maar vinnig om te oordeel. Die man is reeds skuldig bevind! Ai …

Moedeloos ·

Ek stem. Kameras sal nie in privaat kamers wees nie. Die klaagster sal maar moet bewys op watter dag en tyd die voorval plaas gevind het. Teistering kan ook in woorde gedoen word, nie net in dade nie. Dan sal hy moet bewys dat sy vrou wel teenwoordig was. Miskien is hy wel onskuldig en die klaagster weet hy is n politikus en probeer geld maak uit hom. Wie weet?

Swerwer ·

Kan nie dink dat daar kameras in die kamers is nie. Van waar word masserings privaat in kamers aangebied, dit dui dan beslis aan op ‘n rooilig area. Nee o genade maar die hedendaagse lewenswyses het darem die lewe in ‘n vieslike plek laat ontaard.

Republikein in die Wes Kaap ·

Selfs die Kruger wildtuin is deesdae ook nie net ‘n plek om wild te besigtig nie.

Swerwer ·

Dankie vir die inkennis stel. Het jare langs die Kruger Wildtuin gewoon en gereeld naweke gaan kamp in die wiltuin, Dankie aan ons Hemelse Vader dat ek my kinders nog die skoon en mooi van die lewe kon laat ervaar en leer.

Genis ·

Meer as net n massering gesoek, en Jan publiek betaal seker vir die gelagery

JohanR ·

Na 28 jaar glo ek nie meer ‘n woord wat uit ‘n ANC se bek kom nie. Hulle is die wereld se kampione lieg bekke! Nog iets. Het hy v ir die besoek betaal of die belastingbetalers?

Werner ·

Sy vrou sal stilbly anders is haar luukse lewe ook verby saam die wonderlike kaders

Niklaas ·

Daar sal nie eers ‘n polisie dossier geopen word nie. Weens ministers se huidige “onaantasbaarheid,”

Esme ·

Gisteraand juis gedink aan ons Kabinet wat eintlik ‘n verleentheid vir die land is. Aarde, orals waar die mense beweeg is daar probleme. Dit is waarom die Kruger Wildtuin se diere kamera-sku is – hulle raak vreesbevange as hulle besoekers sien en gaan kruip eerder weg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.