Minister van toerisme vergader met Airbnb oor nuwe wetsontwerp

airbnb-slaapkamer-gastekamer-02

Foto ter illustrasie. Foto:
Christopher Jolly/Unsplash.com

Die minister van toerisme, Derek Hanekom, het met verteenwoordigers van die wêreldwye aanlyn akkommodasieplatform Airbnb vergader om verskeie beleidsaangeleenthede te bespreek, veral die regulering van die kleinskaalse korttermyn-huisverhuringsbedryf, het die departement Vrydag gesê.

Dié vergadering kom te midde van die onlangse Wysigingswetsontwerp op Toerisme wat op 15 April in die Staatskoerant gepubliseer is en wat beswaar uit verskeie oorde gelok het.

Volgens die departement sou dié vergadering belanghebbendes die geleentheid bied om voorleggings te doen voordat die wetsontwerp in werking tree.

Maroela Media het vroeër berig die wetsontwerp sal die minister van toerisme toelaat om sekere drempels vir die korttermynverhuring van huise te bepaal. Dit kan insluit ʼn beperking op die aantal nagte wat gaste in sulke verblyf kan bly, asook op die aantal gaste weens die moontlikheid dat dit waterverbruik in ʼn sekere gebied kan verhoog. Die wetgewing raak ook kwessies soos prys per nag, sonering en veiligheid.

Airbnb het tydens vandeesweek se vergadering inligting oor ’n verskeidenheid tendense en benaderings wêreldwyd verskaf wat in verskeie lande waar hulle besigheid doen, toegepas word. Daar is ook gedurende die vergadering toegegee  dat ’n behoefte bestaan aan proaktiewe wetgewing en beleid wat deur gesonde bestemmingsbestuur en ingrypings ondersteun word en daarop gemik is om die besoeker se ervaring te verbeter.

Die departement het gesê Hanekom verwelkom die gees waarin die bespreking plaasgevind het, asook Airbnb se samewerking en bydrae tot die wetgewende hersieningsprosesse ter ondersteuning van die land se toerisme-ontwikkelingsdoelwitte.

“Ons verwelkom Airbnb en ander veranderinge  wat die deur vir nuwe  bestemmings oopmaak, reisigers bekostigbare vakansies bied en kleiner rolspelers in die bedryf laat floreer. Baie van hulle kan floreer in die gebruikersvriendelike gedeelde platforms,” het Hanekom gesê.

Die Federale Gasvryheidsvereniging van Suid-Afrika (Fedhasa) het egter die regering versoek om in te gryp om te verseker dat Airbnb reguleer word.

Velma Corcoran, Airbnb-bestuurder vir Afrika suid van die Sahara, het wel gesê die platform is verheug oor die geleentheid om saam met die departement van toersime oor die voorgestelde wysigings aan die Toerismewet betrokke te raak.

“Om Suid-Afrika se ambisieuse toerismedoelwitte te bereik wat die sleutel tot ekonomiese ontwikkeling en werkskepping vir alle burgers is, is dit noodsaaklik dat gaste ’n groot verskeidenheid akkommodasie‑opsies het, insluitende huisverdeling wat gaste toelaat om in verskillende gebiede te bly met plaaslike gashere wat as ambassadeurs van hul land optree,”het Corcoran gesê.

Sy het gesê dat gashere reeds beduidend tot die Suid-Afrikaanse ekonomie bygedra het deur hul huise vir toeriste oop te stel en toeriste wat die land besoek aan ander ervarings bloot te stel.

Dit word geraam dat gasheer- en gasaktiwiteite op Airbnb vanaf 1 Junie 2017 tot en met 31 Mei verlede jaar sowat R8,7 miljard vir die Suid-Afrikaanse ekonomie gegenereer het. Dit kom neer op sowat 22 000 werksgeleenthede wat oor Suid-Afrika heen gebied word.

“Om hierdie tendens voort te sit en om geen Suid-Afrikaanse burger te benadeel nie, steun Airbnb regverdige en proporsionele reëls wat bewysgebaseer is, plaaslike mense bevoordeel, en onderskei tussen professionele en nie-professionele aktiwiteite, met inagneming van plaaslike toestande,” het Corcoran gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Hennie ·

Tipiese ANC beleid…wil oral in alles inmeng en opneuk wat werk! En sy redes vir sy neus instekery is belaglik!

Ons moet self regeer ·

Ons kan nie meer dat die regering dink hulle besit ons nie.

Sieg ·

Is daar nog toeriste wat na die kriminele land wil kom kuier, miskien die wat nie verder will lewe nie.

Johan ·

How on earth can the government interfere in the private sector – they cant even manage Escom ,
Transnet , SAA …… ?

Wie het gerook ·

Die oomblik wat die regering ingryp word als verwoes en ruk dit tot stilstand inkomste weg werk weg

BlinkStephaans ·

Die enigste land in die wêreld waar die regering wil inmeng. Sodra iets werk wil hulle ingryp… want hier maak n paar ouens n paar rand… en dit kan mos nou nie ongestaf gelaat word. As die hotelle en gastehuise reeds lankal gehoor gegee het aan plaaslike sowel as internasionale toeriste se klagtes… was Airbnb gladnie so groot soos dit geraak het. Julle het julself uit die bedryf geprys en nou is julle die ouens wat die grootste geraas maak. Airbnb is nie die probleem… dit is julself wat die probleem is… en nou moet die regering kamstig kom help teen hierdie so te sê “onwettige” ding volgens julle.

Ina ·

Blinkstefaans in ander lande word ook deur die overheid ingemeng bv in Nederland.

Gys ·

Die regering besit nie die vermoë om enige wette effektief af te dwing nie. So gaan voort en maak soos jy wil. Die kans dat jy gevang sal word, is baie skraal.

Alida ·

Los ons uit. Ons sal ons gaste deur n agent met die hand uitsoek. As die ANC wil inmeng plunder hulle dalk jou huis.

SjN ·

Besef Derek nie dat alles waar hy betrokke is een groot flop is nie.

Die Verlore Skaap ·

Van een ding kan jy altyd seker wees in die land…….opmors gaan hulle defnitief !

Sanet ·

Minister Hanekom, julle versmoor die Toerisme bedryf. Wat ek wel wil sê oor die betrokke Toerisme Agentskap is dat daar regulering moet wees rondom hulle werkswyse wat Besprekings aan betref. Hulle eis kommissie selfs al het die gaste nie opgedaag nie, en hul webwerf aanvaar nie altyd jou kennisgewing dat die gaste nie opgedaag het nie. Dit is VERKEERD ons kan nie bekostig om kommissie te betaal op gaste wat nie opdaag nie. Los die res uit Derek dit skep werk en inkomste!! Doen gerus jou navorsing, die tendens wat hulle bemark word al vir jare in die buiteland toegepas!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.