Minister van vervoer verkeerd oor brandstofheffing en tolpaaie

Argieffoto

Argieffoto

Die minister van vervoer, Dipuo Peters, beoefen bangmaaktaktiek indien sy aanvoer dat die gemiddelde brandstofheffing tot R3,65 per liter sal moet styg om die koste van die Gautengse tolpaaie te dek, het die vakbond Solidariteit vandag gesê.

In der waarheid sal ’n spesiale heffing van slegs 12c per liter voldoende wees om skuld wat aangegaan is vir die paaie, met rente, binne tien jaar af te betaal.

Die media berig dat die minister gister die stelling oor ʼn brandstofheffing van R3,65 per liter by die openbare verhore oor die e-tolstelsel gemaak het. Die gemiddelde brandstofheffing is tans R2,17 per liter, wat beteken ʼn styging van R1,48 word benodig om by die minister se R3,65 uit te kom. ʼn Addisionele R1,48-heffing sal die koste van die Gautengse tolpaaie binne minder as ʼn jaar kan dek, terwyl infrastruktuur tipies oor ’n veel langer tyd afbetaal word.

Paul Joubert, senior ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), het gesê die belastingstatistieke wat onlangs deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens vrygestel is, toon dat daar tans jaarliks op bykans 22 miljard liter brandstof belasting gehef word. “Dit beteken dat ʼn addisionele R1,48-heffing op brandstof jaarliks minstens R32 miljard se addisionele belastinginkomste sal inbring. Met die koste van die algehele agterstand in padinstandhoudingswerk in Suid-Afrika wat deur die minister op R197 miljard geraam word, sal so ʼn heffing nie net die Gautengse paaie se koste kan dek nie, maar ook die hele land se agterstand binne slegs ses jaar kontant kan betaal. Dit is te betwyfel of genoeg konstruksievermoë in Suid-Afrika bestaan om die werk vinniger af te handel as wat die geld sal inkom met so ʼn heffing.”

Hoewel presiese syfers oor die koste van die opgradering van die Gautengse snelweë nie bekend is nie, is bedrae in die omgewing van R20 miljard al dikwels genoem. Met inbegrip van die rente wat op hierdie skuld betaal moet word, sal ʼn heffing van slegs sowat 12c per liter nodig wees om die R20 miljard binne tien jaar af te betaal. “Dit is slegs bangmaaktaktiek van die minister dat ʼn uiters skerp styging in die brandstofheffing benodig sal word as ’n alternatief vir die e-tolstelsel, tensy daar syfers is wat die minister nie met die publiek wil deel nie,” het Joubert gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Francois ·

Bangmaak taktiek is al wat hulle ken! Hulle het nie die “guts” om die waarhaeid te aanvaar nie. Hulle sal NOOIT erken hulle het ‘n GROOT fout gemaak nie..hulle noem dit “denial”!

Dave ·

Die ‘heffing’ oftewel koste van die Gautengse tolhekke behoort geneem te word vanuit die inkomstes van diegene wat daarvoor verantwoordelik is.

Zelda Claassen ·

Baie mense kan skaars kos op die tafel hou…. En dan word daar verwag dat hulle tolgeld moet betaal. Deur n brandstof heffing in tr stel sal die wat baie ry die minste baat en diegene wat sukkel en min ry baat dan by die projek…. Dit klink vir my regverdig…. Maar dan ook: as die regering fondse beter bestee sal m brandstof heffing nie eers nodig wees nie!

Deon ·

Nee, nee Solidariteit julle verstaan verkeerd! Die 12c is vir die paaie en die oorblywende R3-53 is vir hulle korrupsiefonds sodat hulle nou weer die belastingbetaler se sak kan plunder. So die minister is heeltemaal reg in haar berekening. O hel hierdie patete wat die land regeer is darem maar skelm!

Susan ·

Ek gee glad nie om om tolhek gelde te betaal nie, MAAR ek gee om dat die taxies verniet mag deur ry. interesant dat hulle nie eens behoorlik kan bestuur nie. inteendeel kan hulle doen net wat hulle wil, die passesiers aanvaar dit en taxi bestuuder is onbevoeg. Laat dit nou net ander kleurige was wat so roekeloos bestuur en so roekeloos optree. Mense! dan is dit oorlog!. dus, kry asb julle prioriteite reg en hanteer alaml presies dieslefde. Respek en met respek. en laat almal betaal nie net ons arm gatte nie. Almal…

Marius Buys ·

Ek kan eenvoudig nie meer byhou met die skelmstreke van die nuwe bewind nie. Het ek bewind gesê? Ek bewind sommer my broek!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.