Minister verbied mediahuis glo by toespraak

Minister Dlamini tydens Sondag se geleentheid. Foto: Siyabulela Duda/GCIS

Bathabile Dlamini, minister van vrouesake in die presidensie, het glo die nuusdiens eNCA verbied om in ʼn saal in te gaan waar sy ʼn toespraak gelewer het in KwaZulu-Natal.

Volgens eNCA is sy verslaggewer Thubalihle Vilane en kameraman Bongumusa Mkhize verbied om die saal by die KwaNzimela Anglikaanse kerk in Melmoth binne te gaan waar sy die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders bekend gestel het.

Die nuusdiens het gesê sy verslaggewer en kameraman was besig om Dlamini se aankoms te verfilm toe sy hulle genader en gesê het sy neem aanstoot omdat die kamera op haar gerig is.

Palesa Mphamo, Dlamini se personeelhoof, het toe glo aan Vilane en Mkhize gesê dat hulle nie die saal waar Dlamini haar toespraak lewer mag binnegaan nie. Daar is aan hulle gesê die minister weier om met eNCA te praat en sal slegs met die SAUK praat aangesien “hulle die parameters begryp”.

Volgens eNCA sal sy bestuur met die departement van vroue en die regering se kommunikasie- en inligtingstelsel (GCIS) in gesprek tree om antwoorde te kry en om te verseker dat so ʼn voorval nie weer plaasvind nie.

“eNCA is diep bekommerd dat ons verbied word by ʼn geleentheid van nasionale belang deur ʼn minister. Ons het die reg om enige openbare aangestelde verteenwoordiger vrae te vra en sien dit as ons plig om dit te doen,” het die nuusdiens gesê.

“As medialid is dit ons grondwetlike reg om vrylik en sonder teistering te werk. Om so gemuilband te word, is uiters kommerwekkend, veral aangesien daar volgende jaar ʼn verkiesing is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gertryda ·

Shame maar sy is fyngevoelig oor wat almal van haar dink

Anneli ·

Laat mens wonder……………. wat mag die joernaliste nie oor berig het nie?

koos ·

Iemand moet vir haar die parameters van haar pos verduidelik, sy is ‘n openbare verkose lid, en mag daarom niemand weier nie.
Sensuur van die media klink so baie na wat in die ou SA gebeur het.

Foxi ·

Voel sy skuldig oor iets? Weet sy wat dit is om n minister te wees en waar het sy geswot om n minister te wees. Ek verstaan dit net nie, hoe werk hierdie regering om onbevoegde persone as ministers aan te stel. Wat n komplekse saak……..
Is sy bang dat wat sy verkonding (oor praat) die media dit deurplaas as snert……….

Henk ·

Presies wat Mugabe en sy ministers gedoen het toe die media hulle kriminele oortredings blootgele het!

Peter Holmes ·

Sy wou seker vir die gehoor se sy gaan weer n paar dae in die Oyster Box hotel bly.R12000 per aand. Dis mos waar sy ons belastinggeld mors!!!!

At Dippenaar ·

Sy praat in elke geval so klomp strooi dat ek nie kan glo enige mediahuis nog die moeite wil doen om haar enige dekking te wil verleen.

jaco ·

dit het maar in die ou SA ook gebeur, so al die gekla omdat dit nou gebeur, is vreemd. “Hulle” het dit maar net by “ons” geleer. Lekker jobs vir ANC-kaders het hulle ook maar afgekyk by lekker jobs wat die NP-regering vir Broederbonders gegee het.

leser ·

die rede omdat sy net met die sauk praat is omdat die sauk en anc saamwerk

Philip ·

Kan nie glo sy is nog in die kabinet nie. Weet sy dalk iets wat min bewis is van?

humor ·

Die arme mens is beklee met gesag waarvoor sy te lig is en kon dit nie hanteer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.