Minister verdedig Zuma: ‘Almal sê dom goed’

Angie Motshekga. Foto: DOC

Angie Motshekga. Foto: DOC

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys en president van die ANC-vroueliga, het gesê mense moet nie oorsensitief wees vir opmerkings oor vroue nie, het Beeld Maandag berig.

“Indien president Jacob Zuma byvoorbeeld sê jong vroue moet trou, moet ons nie ʼn groot ding daarvan maak nie,” het Motshekga gesê. Sy het reageer op die Kommissie vir Geslagsgelykheid se bevinding nadat ʼn klag van seksisme in 2012 teen Zuma ingedien is omdat hy gesê het vroue moet trou en kinders kry.

Zuma is onskuldig bevind, aangesien daar nie konteks was rakende sy uitlatings nie, maar is gewaarsku om in die toekoms sy woorde te tel. Zuma het ook gesê dit is ʼn probleem dat mense verkies om enkellopend te wees.

Motshekga het gesê vroue het ʼn keuse oor hoe hulle hul lewens lei, maar dat hulle nie oorsensitief moet wees nie. Volgens haar is daar niks fout daarmee om oor die vreugdes van huwelike en kinders te praat nie. Sy het wel gesê vroue moenie onder druk geplaas word nie.

Motshekga het gesê sy dink ʼn waarskuwing is genoeg vir Zuma. “Hy is net ʼn mens. Hy mag dalk die president wees, maar ons almal sê dom goed. Hy is net ʼn mens en dit moet nie ʼn weerkaatsing wees van hoe hy vroue behandel nie, want hy het absolute respek vir vroue soos ek wat saam met hom werk. Ek voel regtig die president behandel ons met respek,” het Motshekga volgens Beeld gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

ladybug ·

Jy is maar net so dom … takes a big one, to see a small one …

Marietjie ·

Ag Angie, kom tog net by. Trou en kinders hê né? Sodat die belastingbetaling vir nog ‘n paar kindertjies moet sorg omdat die ouers voorplant soos konyne? Hulle volg seker maar sy voorbeeld. Vroue moet hulself bemagtig om nie in die donker eeue te leef en van ‘n man afhanklik te wees nie en beoefen veilige seks. Daardie ding van kaalvoet in die kombuis is lankal verby en dis buitendien die vrou wat met die gebakte pere sit as die man die pad vat.

alex gous ·

@ Ladybug wil jy nie vir ons dommes vertel of ou Zuma al ooit iets sinvol kon kwytraak. Dalk weet jy wat dom mense nie weet nie. Zuma is n Groot Verleentheid vir homself en die mense van SA

Asjas ·

Dom mense se dom dinge. ‘n Wyse mens dink voor hy praat, veral in ‘n speech wat 90% vir hom voorberei word. Hy moet net aflees.

Elize ·

Hy is al in 2012 gewaarsku om sy woorde te tel???? Ek stem saam met jou Alex hy is n geweldige verleentheid vir SA!!! Nou betaal sy seun nie onderhoud nie, en so stoomroller die Zumas oor al wat n wet en orde is.

Karen ·

Die probleem is net dat sommige mense hul daaglikse kwota van dom segoed heeltemal oorskry.

Henk ·

So lees ek toe nou die kommentaar en ek “verstaan” dat Ladybug na die minister as die “big” one verwys. En verder af maak iemand ‘n “venynige” opmerking oor Ladybug se kommentaar.
En ek wonder oor daai stelling van die minsiter van almal wat dom goed se.
En ek kom tot die gevolgtrekking dat almal dom goed se maar dis nie noodwendig dat almal wat slim goed se noodwendig so slim is nie…….. En so skep almal soms humor vir ander – selfs al is jy nie ‘n parlementslid nie…….

Asjas ·

Ek is seker as Alex Ladybug se kommentaar weer mooi gaan lees sal hy om verskoning vra.

Dave ·

Snert Henk en Asjas. :-( As die skilpadbesie is wil sê en nie weet hoe om dit duidelik te stel, moet dit verduidelik word dat dit sin moet praat. Niemand is lus om raai te raai oor met wie en met wat gepraat word nie. Ek het ook eers gedink dat Alex verkeerd is maar tòe besef dat Motshekga nie hier lees nie. Dit is tog duidelik dat met iemand gepraat word wat hier lees.

Griet ·

Ja, almal sê dom goed, maar JZ sê NET dom goed. Nog nooit enige wyse stellings van die daai pampoen gehoor nie. Die dom goed wat die meeste van ons kwytraak, ruineer nie die land se ekonomie nie, dit verdeel nie die nasie nie, hits nie moord aan nie, is nie leun op leun op leun nie, ens, ens…….

Dave ·

Tòg het Motshekga iets gesê wat onthou behoort te word. Die eerste een van sy eie ministers wat erken dat haar president stupid dinge sê. Ek hoop sy wys hom daarop dat Jan Van Riebeeck nie verantwoordelik is vir Eskom se powere beplanning nie.

alex gous ·

@ Dave baie dankie dat jy vir Henk en die hoofmeisie naamlik Asjas reghelp dit wou vir my voorkom hulle lees maar ook soos ou Zuma.
Baie dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.