Minister verduidelik oor beoogde sertifikaat vir graad 9’s

Argieffoto

Die departement van basiese onderwys sê berigte dat leerders graad 9 binnekort met ʼn Algemene Onderwyssertifikaat kan verlaat, is misleidend.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Donderdag by die jaarvergadering van die South African Democratic Teachers Union (Sadtu) gesê die proeflopie vir die Algemene Onderwyssertifikaat aan die einde van graad 9 gaan na verwagting in Julie aanstaande jaar afgehandel wees. ʼn Konsepraamwerk daarvoor is ook reeds ontwikkel.

“Assessering en die voorgestelde eksameninhoud vir die Algemene Onderwyssertifikaat word ondersoek en is reeds tydens ʼn vergadering aan die hoër onderwyskomitee voorgelê. Die tegniese beroepsvakke is saamgestel en aan Umalusi [die raad vir gehalteversekering in algemene onderwys en opleiding] vir goedkeuring voorgelê,” het Motshekga gister gesê.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement, het Vrydag gesê die sertifikaat is gegrond op drie opsies vir leerders: die akademiese weg, die tegniese ambagsweg, asook die tegniese loopbaanweg.

Met dié plan hoop die departement om meer leerders na tegniese onderrig te stuur.

In die tegniese beroepsweg word daar gemik na ʼn teiken van 10 000 ambagslui per jaar. Die departement het ook nuwe vakke bekend gestel – tegniese wiskunde en tegniese wetenskap – wat ook as toegepaste wiskunde en wetenskap beskryf kan word.

Dit gaan gebruik word om spesialisrigtings te steun en skole waar dié vakke aangebied gaan word, word stelselmatig bekend gemaak. Die meeste daarvan is tans in Gauteng.

Mhlanga het gesê die openbare bespreking van die Algemene Onderwyssertifikaat is niks nuuts nie – pres. Cyril Ramaphosa het al voorheen daarna verwys. Dit is by die lekgotla oor basiese onderwys bespreek en ook vroeër in die minister se begrotingstoespraak genoem.

Die departement het gesê daarin is dit duidelik gemaak dat die Algemene Onderwyssertifikaat die baan tussen skole en kolleges op ʼn vlak laer as graad 12 moet fasiliteer.

Benewens dié fasilitering van die oorgang tussen skool en kollege sê die departement die Algemene Onderwyssertifikaat moet die probleem van derduisende leerders wat die onderwysstelsel jaarliks met geen nasionale kwalifikasie verlaat nie, help om die arbeidsmark te betree.

“Die doel van die sertifikaat is om leerders toe te rus met die waardes, kennis en vaardighede wat hulle in staat gaan stel of help om sinvol tot die samelewing by te dra, om ʼn platform vir onderrig in verdere opleiding te skep, asook om die grondslag te lê vir vaardigheidsontwikkeling wat leerders vir die werkplek moet voorberei,” het Mhlanga vandag verduidelik.

Hy het gesê die sertifikaat is nie ʼn aanduiding dat leerders skool verlaat nie, maar moet hulle help om beter keuses vir studie ná graad 9 te maak.

Volgens die departement gaan die sertifikaat ʼn NQF-geregistreerde kwalifikasie wees wat sal aandui dat leerders ʼn spesifieke stel vaardighede bemeester het oor die afgelope tien jaar van verpligte skoolonderrig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Nee wat ·

Jy hoef nie bo 18 of 21 te wees om te mag werk nie, maar bo 15.

Anoniem ·

Ongeag. Dis kinders waarvan ons praat. Minder skoolgaande kinders meer moeilikheid.

P ·

Nee kyk nou het ek als gelees. Het die mense nou totaal en al kop verloor. Asseblief dis nou n GROOT fout die een. Genade tog.

Erik ·

Kan iemand net vir my verduidelik hoekom dit ‘n slegte idee is? Dis niks nuut dat kinders skool in Gr.9 verlaat nie, nou gaan hul ten minste ‘n stukkie papier as bewys kry. Ek het my M. Ed en nog drie ander universiteitsgrade en verstaan glad nie die bohaai nie? Dit gaan eintlik niks beïnvloed nie, nie werkloosheid, armoede of enige iets anders nie. Standaarde word ook nie verlaag nie aangesien dit niks nuuts is nie?

Dolf ·

Indien die graad neges ‘n 5 jaar ambag voltooi is dit puik. Die probleem is dat bitter min dit sal/kan doen. Hulle sal ook nie as klerke of tellers aangestel word nie. TVETs vereis ook matriek vir baie rigtings.

Yvette ·

Eric dis presies wat Ek wou se. Weet nie waaroor die bohaai gaan nie. Dis net bewys dat j Gr 9 behaal het. Leerders gaan nou Gr9 uit met niks en geen toekoms visie. Hier is darem n voor uitsig om j self in iets te kan oplei. Daar is ongelukkig Baie leerders wat nie verder as Gr9 kom nie en dan in elk geval skool verlaat met niks.

Wesley ·

Dit is die uitkoms van n samelewing wat meer behep is met die papiertjie wat jy agter jou naam het as die vermoë en kundigheid van n mens. Hierdie sal net werk indien hul die standaardvlakke opstoot na graad 9, en indien iemand nie lyk of hul dit gaan maak nie, n ambag rigting moet aanhits onder hierdie leerders. Ons val vêr te kort op ambagmense in hierdie land, almal wil mos n prokereur, rekenmeester of dokter word.

Santie ·

Ek dink dit is ‘n baie goeie plan. Kinders wat verder in die ambagte wil ingaan hoef nie matriek te hê nie, want hulle moet vir ten minste ‘n 5 jaar kursus voltooi om ‘n ambagsman te word. Wat gelykstaande is aan matriek en meer. Sommige kinders kan dit gouer doen. Dit is beter vir kinders om vaardighede met hul hande aan te leer as wat hul sit en wroeg met onnodige vakke op skool en tou opgooi met geen kwalifikasie nie.

Se maar net ·

nie meer voor 94, ambagte deesdae sommer n jaar of minder

Drikus Kotze ·

Mense moet mooi lees! Jy gaan niks kan word met ‘n basise onderwys opleiding nie. Na graad 9 moet die leerling kies tussen 3 velde. 1 akedemies 2 tegnies ambagslui 3 tegnies beroepspad. My vraag gaan wees, hoe gaan die grondslag onderwys kinders so oplei dat hulle aan die einde van graad 9 presies weet in watter een van die drie rigtings hulle pas SONDER blootstelling aan die beroepslewe en beroepsrigtings. Ek herhaal my kommentaar, dit is net mooi woordjies, Oom Manie is reg in sy kommentaar, die ANC regering soek nie slim en geleerde mense nie. Nou maak hulle asof hulle weer die ou rigtings terugbring sonder die nodige opvoeders en ‘n puik onderwysdepartement.

Sê maar net ·

In beginsel dink ek nie dit is ‘n slegte idee nie. Maar of dit sinvol uitgevoer gaan word is ‘n ander saak

Pb ·

Glad nie sleg nie…talle kinders wat nooit matriek sou maak nie word jaarliks in die onderrigsisteem gehou en deur ander gesubsidieer. Nou kan hul uit die sisteem gehaal word…meer fondse vir die ander leerders. Gr9 sertigikaat gaan soos gr12 sertifikaat geen werk waarborg nie.

Dj ·

Kom ons wees eerlik.Daar is tienduisende wat tot graad 9 vorder nadat hulle ń paar keer deurgesit is omdat hul nie langer in die laer grade mog vertoef nie.Hulle is dikwels reeds 17 of 18 jaar oud.Daar is geen sin in om hul langer gevange te hou op skool nie.Laat hul gaan werk.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek stem saam. Gr 9 en dan ‘n “Tegniese skool” toe waar jy ‘n ambag kan leer. Ten minste kan jy dan na drie jaar ‘n baksteen lê, of ‘n waterpyp las, of sweis, of verf….of iets doen. Huidiglik haal sommige van hierdie mense nie 30% in matriek nie…..en dis nie 30% van die kurrikulum nie, dis 30% van die 10% van die kuruikulum wat in die vraestel gevra word. As jy dus 30% kry vir Wiskunde, ken jy 3% van die kurikulum……….beter vir jou om ‘n ambag te gaan leer, sodat daar baie minder van hierdie Wil’ie-Werk’nie Walse gehou word!!

aj ·

Minister Angie Motshekga is reg.

Die Graad 9 sertifikaat beteken nie die einde van SKOOLPLIG nie.

Die Graad 9 sertifikaat is die begin van gedifferensieerde beroepsopleiding .

Volgens die vermoëns en behoeftes van die leerders (aanleg en belangstelling) … kies hulle een van 3 soorte verdere opleiding.

Die hele wêreld doen min of meer dieselfde.

JohanR ·

As ‘n werknemer sal ek net een vraag vra…….hoekom het hy/sy nie matriek nie, en kom doen weer aansoek vir werk waaneer hy/sy matriek het. Hoekom uitval ‘n jaar voor matriek? As daar omstandigede was vat nie gehulp kon word nie, dan gaan doen jou matriek as daai omstandigede verbeter het. Daar is wat ‘n universiteit graad het, wat nie eers ‘n werk kan kry. Hoe nou ‘n std 9 leerling!

Lappies ·

En so was daar in my tyd funksionele graad vakke (wiskunde en wetenskap) waar die kids na st8 uitgegaan het.

Nou word dit weer ingestel, na 30 jaar se kinders opgeneuk is

Marietjie Stander ·

My seun kon nie meganiese studeer nie . Omdat hy nie wiskunde en wetenskap in matriek gehad het nie. Hy s baie goed meganies aan gelê . Hoe werk dit…

Sonneblom ·

Goeie idee wat net kan werk indien dit deurgevoer word en nie weer verander word na ‘n jaar of twee nie. Terwyl julle besig is, stel ‘n sertifikaat in vir Graad 2: vir dissipline en goeie maniere wat geleer word in die eerste skooljare….. Dan kan die kinders een van 3 rigtings kies aan die einde van Graad 2:
1 Vordering tot Graad 12
2 Lyfstraf
3 Tronk
Daarmee sal ons oor so paar dekades ons jeug op die pad kry….

LHS ·

Die huidige wet bepaal in elk geval dat leerders aan die einde van gr 9 of aan die einde van die vorige jaar van die jaar waarin hy 16 word, ongeag wat eerste kom skool mag verlaat. Sy rapport dui in elk geval aan of hy gr 9 geslaag het of nie. Ek sien egter uiters kommerwekkende rooiligte hierin flikker betreffende wat in die oorspronklike witskrif na 1994 vir die FET band (gr. 10-12) beplan was.

Wielspore ·

Stem saam met die besluit, met die kies van die regte skool vakke kan jy nou na Gr9 skool verlaat en direk Tegniese kollege toe gaan en binne 1 jaar reg wees om tegnies te gaan kwalifiseer.

Anoniem ·

Los dit net, moenie probeer om die wiel weer oor te ontwerp nie !
Dit GAAN nie werk nie !

Peet ·

Maak eerstens tegniese kolleges vir tegniese opleiding weer oop wat ANC toegemaak het.

Willem Grobler ·

Is daar dalk nog dingetjies wat hulle afgeskaf en verander het wat die ANC wil terug bring? Ek dink nou bv aan die spedialiseenhede van die polisie, die onderwyskolleges ens. Iets wat hulle met vrug kan ondersoek is die wegdoen van 9 provinsies – ons het voorheen goed reggekom met vier.

Abe ·

Daar is groot verwarring onder baie kommentators oor die benaming; graad 9 is n jaar voor graad 10 (die ou std. 8). Graad 11 is die ou std. 9 n jaar voor matriek.

Hanna Hoekom ·

Graad 9 moet een oorweging wees, maar so ook ouderdom. Hierdie 16 jariges wat nog op die laerskoolbanke sit, moet ook mee plan gemaak word. Daardie “learner” gaan in elk geval nooit n akademiese matriek slaag nie! Nie eens die minimum van 30% gemiddeld is haalbaar nie. Begin hulle ten minste vir iets oplei.

Ti-Jean Nabal ·

Dit is net vir my baie interessant hoe dit insinueer word dat ambagsmanne nie n goeie akademiese opleiding nodig het nie. Dit is oor en oor bewys dat n persoon met n deeglike akademiese opleiding net eenvoudig n beter ambagman is.

Dit is n duur storie om ʼn “kind” tevat op te lui en bloot te stel aan alles wat hulle nodig het om n behoorlike ambagman te word.

Dit verbaas my dat ouers geen probleem het om n kind op universiteit te laat sit om ʼn BA graad te kry wat hy of sy in elk geval basies niks mee kan doen nie. Maar verwag verniet opleiding vir n kind wat n ambad leer. Daai dae van verniet apprentices is verby. Dis al vir baie jare verby. Industrie is versigtig om opleiding te doen, een van die hoof redes is seer sekerlik dat na 3 of 4 jaar se investment loop daardie persoon vir R3 / Hr meer by iemand anders. Dan het jy nog geen return op jou investment gekry nie.

Een ding is baie seker. Ons land is in desperate nood vir behoorlik opgeleide ambagsmanne.

Moet nie die fout maak en dink n ambagman is n akademiese idioot nie.

Peter Murray ·

In verskeie Europese lande is daar in-elk-geval 3 soorte skole.
Almal word verplig om die “basisskool” te voltooi. Daarna gaan die kind na n skool waar hy sy toekomstige beroep moet kies.
Aan die einde van daardie skool moet hy kies tussen akademies; tegnies; of ‘n ander rigting.
Die 3de skool is 100% beroepsgerig. Wanneer die leerling op universiteit of kollege kom, is hy alreeds voorbereid vir verdere studies.

Foxi ·

Hulle HET geen keuse om dit so te stel nie. Oorbevolking in skole, moet plek maak vir die volgende stormloop.

Frans C ·

Weereens probeer die ANC die wiel herontwerp. In die vorige bedeling het die ‘ou ambagskole’ verander na Tegniese skole wat ‘n groot verskeidenheid vakke aangebied het.

Dit het nie altyd groot aftrek gekry nie omdat dit veral deur sekere onderwysers afgeskiet is as so dit op ‘n minderwaardige matriek uitloop. Dit is natuurlik nie waar maar wel omdat in die skole sekere vakke soos wiskunde verpligtend was tesame met die twee tale Afrikaans en Engels en dan ook ‘n vak soos tegniese tekeninge,wat baie insig vereis.

Dit het leerlinge van die skole ‘n groot voorsprong besorg oor leerlinge van akademiese skole wat ‘n tegniese beroep wou volg deur middel van ‘nuniversiteit of tegniese kollege.
Soos alles het die ANC dit weer afgeskiet en moes die skole ook weer deurloop ongeag
of dit die kinders se keuse was en of hul geskik daarvoor was.

Sê-maar-net ·

Dis die enigste positiewe besluit wat die anc ooit geneem het. Ons kleindogter wat in Europa skoolgaan, het vanjaar haar gr. 10 voltooi en die skool verlaat. Nie omdat sy dom is nie, ook nie om te gaan werk nie, maar om in haar beroepskeuse verder te gaan studeer sonder om nog tyd te mors met vakke waarin sy beslis nie belangstel nie! Leerlinge in Europa gaan op 4-jarige ouderdom skool toe en word van dag 1 af gemonitor oor waar hul belangstellingsvelde is, want dis daar waar hul gaan presteer. Sy is nou in ‘n kollege en was nog nooit só gelukkig op “skool” nie.

Chris ·

Goeie idee. Werk so in Europa ook. Gaan skool tot 15-16 en dan mag jy kies. Of jy maak jou skool loopbaan klaar met “Matriek” of jy gaan na ‘n skool waar hulle jou dan voorberei vir ‘n beroep van jou keuse. Nie almal moet skool toe gaan en dan gaan studeer nie. Suid-Afrika het klein ondernemings nodig en handarbeid net so belangrik. Dit werk baie goed hier. Die “one size fits al”l sisteem in Suid-Afrika is al lankal verby sy vervaldatum.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.