Minister vergader met taxibedryf oor Nyanga-geweld

Geweld in Nyanga (Junie 2021) (Foto: Stad Kaapstad/Facebook)

Daylin Mitchell, die Wes-Kaapse minister van vervoer en openbare werke, het Donderdag met die taxibedryf vergader in ʼn poging om die voortgesette geweld in Nyanga op te los.

Busse, staatsvoertuie en privaat voertuie word sedert verlede week in die Nyanga-gebied aan die brand gesteek. Dit het tot ernstige ontwrigtings en onrus in die gemeenskap gelei.

“Leiers in die taxibedryf het saam met my die geweld ten sterkste veroordeel tesame met die kriminele dade wat die afgelope paar dae aangemeld is. Die taxibedryf het homself gedistansieer van die geweld en kriminele dade wat tans in die gebied plaasvind,” het Mitchell bygevoeg.

Volgens hom is dit belangrik om kennis te neem dat onrus in Nyanga nie net oor vervoerkwessies handel nie, maar ook die gevolg is van kriminele aktiwiteit. “Ek het ʼn plig om pendelaars op openbare vervoer en ander padgebruikers te beskerm. As die geweld voortduur, sal ek geen opsie hê nie as om my mag uit te oefen en artikel 91 van die Nasionale Wet op Grondvervoer (Wet 5 van 2009) in te stel ten einde stabiliteit en vrede in die gebied te bewerkstellig. Dié wet stel my in staat om roetes te identifiseer en te sluit wat deur ontwrigtings geraak word indien die geweld voortduur of eskaleer.”

Mitchell sê gesprekke met die taxibedryf duur voort om langdurige oplossings te vind vir die kwessies wat aangeroer is.

Geweld in Nyanga (Junie 2021) (Foto: Stad Kaapstad/Facebook)

Posted by SABC News Western Cape on Tuesday, June 1, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Danie ·

Alles word uitgebrand maar net nie taxis nie.
En die taxibase sê dis nie hulle werk nie.
Mooi man

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.