Minister vergader vandag met SAL

(Foto: Suid-Afrikaanse Lugdiens)

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, is Dinsdag in onderhandelings gewikkel met die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) oor die lugdiens se toekoms. Dié stap volg nadat skeidingspakkette aan al SAL se werknemers aangebied is.

Gordhan se ontmoeting met SAL volg op ʼn marathon-vergadering van die kabinet gister oor planne vir Suid-Afrika se ekonomiese herstel ná die koronavirus-inperkings.

Die toekoms van SAL was onder die talle kwessies wat bespreek sou word. Pres. Cyril Ramaphosa sal later vandag die land inlig oor die besluite wat geneem is.

Die voorsitter van die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor), Mkhuleko Hlengwa van die IVP, het gesê die ineenstorting van SAL is nie onverwags nie en volg op baie jare van wanbestuur.

“Skoor sal nog nie kan besluit of ons die voorgestelde skeidingspakkette steun nie want  SAL het nagelaat om sy finansiële state in te handig. Skoor steun wel die nasionale tesourie se besluit om nie ʼn verdere reddingsboei van R10 miljard aan SAL toe te staan nie,” het Hlengwa gesê.

Dié besluit het daartoe aanleiding gegee dat skeidingpakkette aan elkeen van SAL se 4 708 werknemers aangebied is.

Die skeidingspakkette bestaan uit ʼn maand se salaris plus ʼn week se salaris vir elke jaar wat die werknemer vir SAL gewerk het, plus ʼn dertiende tjek indien die werknemer daarop geregtig is.

SAL-werknemers het tot eerskomende Vrydag om te besluit of hulle die skeidingsaanbod aanvaar.

Tot dusver het twee vakbonde, die Suid-Afrikaanse kajuitbemanningsvereniging en die metaalwerkersvakbond Numsa, die aanbod verwerp terwyl ʼn derde vakbond, die National Transport Movement, hul eie voorstel geformuleer het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Juffrou ·

Ag tog, kan ons tog nou ontslae raak van SAL?? Hoe lank moet ons NOG betaal? Nee man!

Fedup ·

So, a waiting game as usual. This is becoming a habit in this country. To and through we go. The winner will definitely be the loser.

Strandloper ·

Wat gebeur as hul nie die aanbod aanvaar nie…seekerlik nog meer anargie?

Remondo ·

Dis tyd dat die dooie perd begrawe word, spytig oor die mense wat werk verloor , maar vakmanne en goeie werkers sal seer seker n nuwe werk kan kry

Tino ·

Die loodse en die hoogs gekwalifiseerde tegniese ouens definitief in die buiteland…
Nog vaardighede in die pad gesteek

marius ·

Stuur sommer ‘n Whatsapp dan spaar hy nog die belastingbetaler eerste klas vliegkoste van BA ook.

Frans ·

Kom ons kyk of beee dai pilots werk gaan gee in ander lande ek dood seke die wit pilots wat gaan ansoek doen gaan met ope arms ontvang word

Eerlik ·

Is dit nog onderhandelbaar…..belaglik!!! In enige maatskappy is daar n standaard skeidings pakket, 1 week se salaris vir elke jaar diens, hoekom moet die n uitsondering wees, omdat die belasting betalers verantwoording doen daarvoor?

Boortor ·

Sal sien hoeveel biljoen hy vir die sewe agtergeblewe ” vlieeniers” gee sodat hulle darem n vliegtuig kan he!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.