Minister verklaar oorlog teen motorlisensie-korrupsie

Minister Blade Nzimande. Foto: @TrafficRTMC/Twitter

Dr. Blade Nzimande, minister van vervoer, het oorlog verklaar teen korrupsie met die uitreik van padwaardigheidsertifikate, bestuurders- en motorlisensies.

Nzimande het die parlementêre perskorps ingelig oor sy departement se begroting van R57,9 miljard, en gesê die hulp van die Valke is ingeroep om korrupsie en wanbestuur uit te roei – ook in die Padongelukkefonds.

Die Padongelukkefonds het verlede jaar eise ten bedrae van nagenoeg R1,5 miljard van die hand gewys weens bedrog. Dit het uitgeloop op 105 skuldigbevindings.

Nzimande het gesê die nasionale vervoermeesterplan (Natmap) bied ʼn visie vir volhoubare, bekostigbare vervoerinfrastruktuur tot in 2050. Die belangrikste doelwitte is om die nasionale en provinsiale padnetwerke in stand te hou, die spoornetwerk by te werk en openbare vervoer te verbeter.

Terselfdertyd wil die regering klem plaas op transformasie, veral op terreine soos lugvaart en skeepvaart, waar min transformasie glo tot dusver plaasgevind het.

Die departement van vervoer se begroting word grootliks aangewend vir die Suid-Afrikaanse Padagentskap, die Spoorwegpassasiersagentskap (Prasa), en toewysings vir munisipaliteite en provinsies om infrastruktuur in stand te hou en uit te bou.

Wat paaie betref, geniet die opgradering van die Moloto-pad tussen Pretoria en Groblersdal voorrang, en word baie geld opgeslurp daardeur dat Gautengse motoriste weier om tolgeld te betaal, wat padwerk in die res van die land kniehalter. R1,7 miljard van die departementele begroting word aan hierdie verminderde tolgeldinkomste afgestaan.

Daar word ook reeds geld opsy gesit vir die beplande N2 Wildekus-hoofweg, waarvan padbouwerk volgende jaar sal begin.

Nzimande het toegegee sy departement sukkel om die huidige provinsiale paaienetwerk in stand te hou binne die huidige begroting.

R1 miljard word wel spesifiek begroot vir die paaie in Mpumalanga wat voos gery word deur steenkoolvragmotors, het Nzimande gesê.

Ongeveer ʼn derde van die departementele begroting gaan aan Prasa. Dit word merendeels vir instandhouding aangewend, hoewel nuwe spoorwegwaens ook vir Metrorail aangekoop word. Sowat 125 nuwe treine word vir Metrorail verwag.

Die geïntegreerde vervoerplanne wat in onlangse jare in die land se groot stede vorm aangeneem het, is reeds na 13 stede en dorpe uitgebrei, het Nzimande aangekondig. Die stelsels vir Johannesburg, Pretoria, Kaapstad en George is die verste gevorderd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Zoro ·

Die probleem is dat verkeers dep. aan gewend word vir familie franchises en vriende wat net maak wat hulle wil. Daar is geen orde of verantwoordbarheid vir enige wangedrag. bestuurs skole is ook een van die organiseerde dorings in die vlees. Beamptes maak hul eie wette en reels as jy nie kan betaal nie kan jy ver geet, van enige morele toetse. Bring die ou beamptes terug wat norme , waardes en integriteit gehad het. Kyk maar hoeveel van die beamptes het krimenele rekords.

cor ·

Aag kom nou minister vir wie wil jy n rat voor die oe draai, dit is net lippe diens. Daar is hoeveel van hulle gevang en niks gebeur nie, want hoe se U en U mede kolegas “Iemand is nie skuldig totdat hy in n hof skuldig bevind is nie” So hulle hou aan werk en kom nooit voor n hof nie behalwe as hy van n ander kleur is. Kom bewys vir ons U is ernstig met U uitspraak

Genieve ·

Zoro..ek stem 100% saam met jou bring die ou beamptes weer terug..die beamptes van vandag weet nie wat dit is om by die reels van verkeers oortreding te handhaaf nie. Hulle het waarlik hulle eie wette soos dit vandag in die verkeer gaan.

E.K. die eerste ·

As hy regtig ernsitg is gee ons ‘n sms nommer waar mens naamloos mense kan rapporteer wat vals(lees: gekoopte) lisensies het of waar mens korrupte amptenare kan aanmeld.

wielie ·

Ag asseblief— doen sommer iets aan die tragiese Home Affairs. ……

Potties ·

Hy moet ook kyk na hoe lank n mens in n ry staan om n bestuurders lisensie te hernu hul die is regtig baie swak.

Piet Pompies ·

Ek koop ‘n gebruikte Citi Golf as ‘n projek voertuig, ingesluit die regstrasie dokument. Registrasie word nie goedgekeur agv uitstaande boetes teen die voertuig in ‘n ander provinsie. Oplossing is om die oortreder op te spoor, die boetes te betaal, koste is omtrent R2000. Besluit om die voertuig teen ‘n verlies te verkoop as scrap. Nuwe koper betaal die voertuig, vat die registrasie dokument saam hom en kom die volgende dag terug om die voertuig te kom haal. Klaar deur die toets, geen boetes meer met ‘n data dot sertifikaat, Polisie klaring, nuwe lisensie skyf en nommerplate. Koste vir hom, R700. Die voertuig ry daar weg met net die bestuurder sitplek wat vas is, die res lê in die voertuig, dash nog nie ingesit, gladde bande, van die deure en vensters kan nie oopmaak, die linkerkanste voor fender is af. Die lisensie kantore in ons omgewing is te besig met korrupte sake dat daar nie tyd is om eerlike kliente te help. Verlede week was Nelspruit lisensie kantore toe omdat hulle “off line” was en nie papier gehad het. Uiterste swak diens.

leon ·

Jammer Blade, jy is nie instaat nie.

Jy weet dit!
die amptenare weet dit!
almal weet dit!

Koos de Meyer. ·

Eerstens waar gaan ons lisensie geld heen. Die R30 sou eenmalig wees kamtig vir een of ander ding , nou is dit elal R72. 00. Ons lisensie geld was voor 1994 aan ge wend om die paaie te onderhou. Die heffing in die brandstof gaan vir belasting nie vir die paaie nie.

Alida 2 ·

‘n Derde van die begroting gaan aan PRASAvir nuwe metrorail spoorwegwaens en treine.
Lekker klomp goed wat wag om gebrand te word en niemand staan pa vir die verliese nie.
Min. Nzimande mag dalk goeie bedoelings hê maarmoet ook besef die publiek kan nie onwettige dokumente bekom solank korrupte amptenare dit uitreik.

Reguit ·

Ag seblief. Nóg ‘n string mooi klinkende leë Afrika woordjies. Die Azaniese hool is tot in sy fondament in onherstelbaar verrot. Beste is om te emigreer.

pieter ·

Die plan kan werk in n eerste wêreld land ,definitief nie in n derde wêreld piesang republiek soos waarin ons bly nie …nee lem goeie idee maar nie uitvoerbaar weens Ramaphosa se “our people” beleid.

Die Skim ·

Die verkeerswetgewing is dié lompste wetgewing in die regstelsel – waar deur die publiek gebielie word – aanklaers gee nie n dêm om hoe onvolledig en foutief n kennisgewing is nie waar sake terug getrek moet word , word dit op die hofrol geplaas – en landroste magtig lasbriewe vir die kennisgewings – dis tyd dat die publiek hul vrees vir hof sittings by te woon en hul sake stel en kyk hoe word hulle onskuldig bevind – ons betaal te maklik die beamptes is vrek bang vir die howe doen dit ek kyk 90 present van die publiek sal hul sake wen. Aarto is n boelie stelsel wat ons onnodig krimenele rekords sal gee ,dit werk vir eerste wêreld land waar goeie wetstoepasing van krag is – dink maar net hoe omkopery sal hoogtyd vier met aarto

Erika ·

Hierdie Korrupsie kom al lanng pad -Ek was persoonlik daardeur KZN die bestuurskole is net so kurrup en betrokke -hulle werk saam met kurrupte beamtes en die jonglinge wat buite op straat staan vir photos Bv ekt n lazy eye(My oogkundige weet ekt nie n brill nodig nie. .Toe die toets beamte dit agterkom stuur sy my na die foreign Nigier (haar maatjie ) daar aangekom sien ek iets is nie lekker nie dit is glad nie eers profesioneel opgestelde kantoor nie Hy wou he ek moes
R 500 (nou meer) betaal vir n certificate eye clearance wat Hy as selfaangestelde ” Dr “uitreik spesiaal aan my as guns sodat ek my licence kon kry toe ek dit bevraagteken beskuldig hy my “ek is nie wie ek voorgee nie..” Al wys ek my ID .. Hulle kom agter jy is bevoeg en saboteer jou dan juis – Gierige geldmaak storie . en dwing jou om te betaal . As jy nie doen wat Ons wil he nie -betaal nie. sal ons sorg jy kry nie jou licence nie ” houding en reel agteraf juis net beamtes wie hulle saamwerk wat publieke badkamer toe gaan toevallig saam buite kamera se sig en die geld verdeel daar -Skop jy bohaai op beskerm die kurrupte beamtes mekaar -Denial typical You as white person are considered a threat and sabotaged with authority behind them who will support them simply against you like a pack of dogs”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.