Minister ‘verklaar oorlog’ teen toustaan

Malusi Gigaba. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, gaan Sondag ʼn veldtog van stapel stuur om ʼn “Oorlog teen toustanery” te verklaar.

Gigaba se kantoor het in ʼn verklaring gesê die veldtog vorm deel van pogings om te verseker dat kliënte wat binnelandse sake-kantore besoek, op ʼn waardige wyse bedien word.

Gigaba het onlangs die departement opdrag gegee om voor te berei vir ʼn “omvattende verslag en strategie” om lang rye by binnelandse kantore landswyd te bestuur.

Hy gaan Sondag omstreeks 10:30 by die regering se kommunikasiesentrum in Hatfield, Pretoria, meer besonderhede oor die veldtog verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Francois le Cochon ·

Te laat vir my (ons). My vrou en dogter het presies 10 ure in ‘n ry gestaan vir my dogter se nuwe ID kaart in Bellville . Die ergste is die mense van St. Helena Baai wat net agter my vrou gestaan het vir paspoorte vir die hele famielie. Hulle is 16:45 gehelp met alles, fotos en vinger afdrukke. Toe hulle moet betaal, word aan hulle gese^ die kassiere werk net tot 16:00, en hulle moet als weer oordoen op ‘n ander dag. Weer nuwe fotos en vingerafdrukke.

Andrea van Vuren ·

Gigaba veg nou verbete vir sy pos. Hy moet eers ontslae raak van swak amptenare en dan begin met indiensopleiding. ‘n Paar lesse in interpersoonlike vaardighede sal ook help.

Reguit ·

Dit sal goed wees, want mense emigreer op strepe en hulle sal graag vinniger wil waai. Hoe vinniger, hoe beter.

Gerrit ·

Net so, gaan Australia die beste land in die wereld maak??

Duitser ·

Hulle moet dit net beter beheer ons staan ook maar in rye maar ek glo nie soos julle rye nie

??

TLC ·

Wag laat ek gou lag ????????????as ek reg onthou kan giegiegabie mos baie lieg

Amelita ·

Dan moet hy dit asb vinnig doen. My dogter nog net 2 weke in SA voor sy terug gaan Australia toe en ons sover elke dag vroeg na Brits se binnelandse sake dan staan mense al toue buite uit op sypad. Ons kan ni so lank wag met n baba en kleuter.

M ·

Hou eerder die kindertjies by die huis wanneer sy gaan, want mens weet nie watse kieme en peste hulle in daardie rye kan opdoen nie. Party mense weet nie dat jy jou mond of neus moet bedek wanneer jy hoes of nies nie. Iemand het ‘n paar jaar terug direk op my skildklieroperasie se sny gehoes. Ek was amper mal, maar het gelukkig niks oorgekom nie. Dalk was dit omdat ek darem reeds op hoë dosisse antibiotika was.

Hannes pretorius ·

Wat n grap. Kan nie eers die grenspote bestuur nie

Johan. H. ·

Die hele lot is n grap , sodra hulle iets,,,, wat eintlik hulle werk is, goeddoen , word dit an die grootklok gehang, Maar ek gaan nie imegreer nie , Ek bly net om hul sielle te versondig,,,

willie ·

Die regering moet oorlog verklaar teen plaasmoorde en plaasaanvalle!

SjN ·

Die amptenare moet minder op hul selfone wees in werks ure, by giggel baba geleer om games te speel in die parlement, swak.

Marlize ·

Het Donderdag vir die 2de keer verlof ingesit, het darem Donderdag net 4 ure geneem nadat ek 7 uur in Secunda was om in die ry te staan.

PJ ·

Gou gou vir julle sè wat gebeur met ons gaan herniue Paspoorte en doen aansoek vir nuwe ID kaarte op dieselfde dag by dieselfde kantoor ons word ingelig ons kan ons dokumente kom afhaal daar aangekom kry ons Paspoorte my vrou haar ID ek nie my ID vra waar myne sè sal my laat weet sè maar dieselfde dag aansoek gedoen sè ek moet geduldig wees hulle gaan volgens vinger afdrukke sal myne kry????? Vinger afdrukke ????

HPV ·

Skop die miljoene buitelanders die land uit dan word die toue gou baie korter. Dit is in elk geval onregverdig dat Suid Afrikaanse burgers soms agter hulle in toue moet staan. Stel meer mense aan, vir jare al oorskry die aanvraag die dienste wat julle lewer. Gaan kyk en leer by al die groot kettingwinkels,niemand staan daar ure lank in toue nie.

Koos1 ·

HPV. Jy haal die woorde uit my mond. Alleen sal hy dit nie regkry nie. Dit sal ‘n regeringspoging moet wees, en soos ons weet is die HELE regering net bekommerd oor hulle eie poste EN om ALLE wit mense die skuld vir alles wat fout gaan in hierdie land, te gee!

Nicola ·

Dit sal wonderlik wees as hulle sisteem ook vlot en heel dag sal aan wees. Kom daar en dan kan hulle niks doen nie want die sistem is aflyn.

Gerrit ·

Mense julle kan julle paspoorte en id dokument by sekere banke ook kry ek weet verseker standard bank in centurion is een.??

Tokkie ·

Zuma gaan nou sy 23 e kind hê waarvan ons weet, met so n groot bevolking en mense wat oor die grense stroom kan die staatsinstellings nie die massa mense hanteer nie

Gatvol ·

Ek kan net goed praat van George W Kaap se kantoor. Nie langer as n uur gewag nie. Paspoort hernieu en nuwe ID dokument.Dokumente gaan afhaal 7 dae na aansoek.

Martin ·

Het e home affairs gebruik om by bank paspoort te hernu. Glitch maak toe dat ons dubbel betaal. Hulle weet daarvan en se dat ek terug betaal sal word. Wag nou al agt maande vir my R1200 terugbetaling. Elke keer net hulle weet en sal my betaal. Raadop! Lang toue of by bank, jy betaal duur vir swak diens!

Martin ·

Ek staan liewers tou! Het in Augustus bank en online gesin se paspoorte hernu. Online glitch moes ons dubbel betaal. Doen navraag en word verseker ons sal terug betaal word. Hulle, die departement weet van die glitch. Wag tot vandag toe vir my R1200. Elke keer selfde storie. Hulle weet en sal betaal. Toustaan of dubbel betaal? Niks werk nie! Weet van ander wat dit ook mee gebeur het.

Grootoog ·

Ek dink nie hy kan oortuigend oorlog verklaar teen sy brekfis nie.

Colleen ·

Shame wat gaan hy nou doen? Seker sy familie wat in ‘n ry moes staan en toe gekla het. As daar minder asiel soekers oorvat by binnelandse sake dan sal daar nie rye wees nie. Ek ry elke dag verby binnelandse sake se kantore en sien dat byna die helfte van Somalië in die rye staan.

Marietjie ·

Ja nee ek en my dogter het ook die heel dag in `n ry tougestaan vir haar nuwe Id Aansoek. Maar dis omdat hulle hulle hele familie saamvat, die kinders, die oupas en oumas, ooms en tannies en wie weet nog seker die buurman en sy vrou ook om mekaar in die rye geselskap te hou. En net wanneer jy dink jy is voor spring daar weer `n klomp voor jou in want iemand het dan plek gehou vir die hele spul. Dis `n nagmerrie en wanneer jy wel bevoorreg genoeg is om gehelp te word dan is hulle so onbeskof dat jy maar net ja en amen om wel gehelp te word.

Gaaaaaaaaaaaaaaaaaaap ·

Kyk net soos ek die toustaan HAAT, en hulle beslis daaraan moet werk, moet hulle asb die OORLOG en REVOLUSIE en aggressiewe praatjies STOP. LEI julle mense op en STRAF hulle dissipliner omdat hulle so LUI EN SLEG is agter die toonbanke, ook omdat hulle so ONGESKIK en STADIG is . sal nie ‘n slegte idee wees as julle ook mense van MINDERHEDE sal ontplooi nie .. hoekom moet alle werkers NET die meerderheid verteenwoordig? Verdien die ander nie ook werk nie?

marous ·

Staan van 05h00 . Derde in die ry. Toe hulle oopmaak druk dit so in , dat ek myself alweer halfpad huis toe bevind….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.