Minister vermy vraag oor duur vlug

Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Foto: polity.org.za

Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Foto: polity.org.za

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die minister van verdediging, het Woensdag in die parlement geweier om ʼn vraag te beantwoord oor ʼn eersteklas-vliegtuigkaartjie vir die weermaghoof wat glo sowat R100 000 gekos het, het Beeld Donderdag berig.

Mapisa-Nqakula het Woensdag vrae tydens die Nasionale Vergadering beantwoord, toe dié kwessie opgeduik het.

David Maynier, ʼn DA-LP, het die minister uitgevra oor genl. Solomon Shoke se eersteklasvlug van die Emirates-lugdiens na Maleisië. Maynier wou by die minister hoor wat haar departement doen om kostes in die weermag te beperk en te hou by die tesourie se kostebesparingsmaatreëls wat eersteklasvlugte verbied

Maynier het aangevoer dat Shoke se vlug wys dat die departement sy eie vyand is en miljoene rande bestee, selfs al is die weermag finansieel in die knyp.

Mapisa-Nqakula het gesê dat sy nie Maynier se vraag gaan beantwoord nie, aangesien sy dit as ʼn opvolgvraag beskou.

John Steenhuisen, die DA se hoofsweep, het kapsie gemaak en gesê dit is nie haar keuse om te besluit watter vrae sy wil beantwoord of nie.

Sy het uiteindelik geantwoord: “Ja daar is kostebesparings in plek.”

Die DA het Maandag gesê hy gaan die ouditeur-generaal versoek om Shoke se vlug te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ben ·

Hierdie spesifieke vlug van Hoof van die Weermag en talle ander kon veel goedkoper afgehandel word, maar die Lugmag gebruik reeds sowat twee jaar nie meer die Reserwemag eskader wat wel die kapasiteit het om sulke VIP vlugte te doen nie….redes daarvoor is steeds onbekend. Die VIP staandemag eskader het boonop bloot nie die kapasitieit om “minder belangrike” VIP vlugte te doen nie weens te min VIP vliegtuie, onderhoud op VIP vliegtuie, nie genoeg VIP gekwalifiseerde vlieeniers nie, ens, ens – die geld wat wel daarvoor beskikbaar is word opgebruik deur die president, sy adjunk en die minister van verdediging.

Theresa ·

Altyd glad met die mond maar kies ook altyd die maklikste uitweg as die wind verkeerde kant toe waai……………..

veronica ·

Kyk na die foto: Blinkvet gevreet aan die vette van die land! Kom aan D A (ek stem nou wel nie vir hulle nie) vat haar bietjie hoek toe!!

Adoons ·

Ons moet maar begrip hê – eersteklas se sitplekke is darem breër……

se-net ·

Daar kan maar hoeveel ondersoeke wees, niemand gaan skuldig wees nie!!!!!!

Die Waarheid ·

Die vet ou vrou dink sy is ‘n regte queen, seker een van Zuma se rapse. Regte vergrypers.

anita ·

Tans is ek in Nederland by my kinders. Ek het met Emirates gevlieg, die prys ondersoek moet vas gestel word, en die vraag is…was daar persoonlike aankope gedoen die verwerk word as reis onkostes. Met die bedrag kan soveel wonings gebou word maar dit word nie meer in ag geneem nie en die belasting betalers word gestroop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.