Minister veroordeel universiteitsoproer

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Geweld en intimidasie by Suid-Afrikaanse universiteitskampusse is onaanvaarbaar het Jeff Radebe, minister in die presidensie, Donderdag gesê en bygevoeg optrede wat onderrig onderbreek en onredelike eise wat gestel word, is teenproduktief.

Radebe het joernaliste toegespreek na Woensdag se kabinetsvergadering waartydens die stand van die ekonomie onder meer bespreek is.

“Die regering is daartoe verbind om gratis tersiêre onderrig te verskaf aan studente wat akademies daarvoor in aanmerking kom. Dit sal egter binne die regering se begroting moet plaasvind,” het Radebe gesê.

Volgens Radebe moet die regering ook R2,3 miljard aan universiteite gee vir die 0%-klasgeldverhoging wat pres. Jacob Zuma vir 2016 aangekondig het.

“Ons gaan ook R2 miljard meer aan die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) beskikbaar stel vir studente wat weens geldtekorte nie hul studies kan voltooi nie,” het Radebe gesê.

Die regering beoog ook om R2,5 miljard aan 71 753 studente beskikbaar te stel in die vorm van lenings om by universiteite te studeer.

Suid-Afrika is hierdie week opnuut geruk deur oproer by universiteitskampussekampusse in Gauteng veral.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Andre

Die regering het die teelaarde geskep vir die bakhand sindroom. Hulle besef seker nognie dat die studente vereis gratis opleiding, nie lenings nie. Die oproerigheid sal net erger word en wie weet hoe hul dit in die kiem gaan smoor Hulle(regering) het reeds die knie gebuig met die geen verhoging toegewing en in homself maak die deure oop vir verdere eise. Hul het niks om te verloor nie en alles om te wen. Ons ekonomie het netnie genoeg vet in om alles wat die massas verniet vereis te bevredig nie. Die bydraende gemeenskap tot die tesoerie krimp daagliks. Witmense verlaat… Lees meer »

Gideon

Geagte Minister- besef julle nie dat julle wat regeer die oorsaak is van hierdie gemors nie! 1976 se opstande word jaar na jaar met groot vreugde gevier, hoe teenproduktief en skadelik was dit nie vir ons land se ekonomie nie, daar is tot ‘n vakansie dag om dit te onthou. Graag word vertel hoe ons boere grond gesteel het! Dit nadat ek die grond koop, belasting betaal ens! Die massas hoor dit en soek ons bloed. Nou is daar weer vertel dat opvoeding gratis gaan wees! Die massas hoor dit en soek (demand) dit. Ek sien al raad is maak… Lees meer »

Bruno Stef

Op E-nuus se n swart student dat”Fees must fall come hell or high water or Jesus”. Dit maar net die begin van baie poefies en die klompie wit studente en hulle ouers sal op die einde van die dag oor die hoof gesien word en maar moet voluit betaal.

Onderwys

Nog ‘n metode van Zuma om stemme te werf. Hy gee ni ‘n duit om vir di ekonomie ni.

marous

Julle het die saad mos natgegooi….oes maar lekker saam.