Minister veroordeel universiteitsoproer

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Geweld en intimidasie by Suid-Afrikaanse universiteitskampusse is onaanvaarbaar het Jeff Radebe, minister in die presidensie, Donderdag gesê en bygevoeg optrede wat onderrig onderbreek en onredelike eise wat gestel word, is teenproduktief.

Radebe het joernaliste toegespreek na Woensdag se kabinetsvergadering waartydens die stand van die ekonomie onder meer bespreek is.

“Die regering is daartoe verbind om gratis tersiêre onderrig te verskaf aan studente wat akademies daarvoor in aanmerking kom. Dit sal egter binne die regering se begroting moet plaasvind,” het Radebe gesê.

Volgens Radebe moet die regering ook R2,3 miljard aan universiteite gee vir die 0%-klasgeldverhoging wat pres. Jacob Zuma vir 2016 aangekondig het.

“Ons gaan ook R2 miljard meer aan die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) beskikbaar stel vir studente wat weens geldtekorte nie hul studies kan voltooi nie,” het Radebe gesê.

Die regering beoog ook om R2,5 miljard aan 71 753 studente beskikbaar te stel in die vorm van lenings om by universiteite te studeer.

Suid-Afrika is hierdie week opnuut geruk deur oproer by universiteitskampussekampusse in Gauteng veral.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Andre ·

Die regering het die teelaarde geskep vir die bakhand sindroom. Hulle besef seker nognie dat die studente vereis gratis opleiding, nie lenings nie. Die oproerigheid sal net erger word en wie weet hoe hul dit in die kiem gaan smoor
Hulle(regering) het reeds die knie gebuig met die geen verhoging toegewing en in homself maak die deure oop vir verdere eise. Hul het niks om te verloor nie en alles om te wen. Ons ekonomie het netnie genoeg vet in om alles wat die massas verniet vereis te bevredig nie. Die bydraende gemeenskap tot die tesoerie krimp daagliks. Witmense verlaat die land op strepe. Buitelandse valita is in ‘n afwaardse spiraal.. ons sien geen poging van die regering om dit te stuit nie
Die eens welwaarende land se reserwes is opgebruik. Die jaar sal vir ons as Suid Afrikaaners die moeilikste jaar ooit wees.

Dee ·

Andre, in reaksie op jou stelling dat witmense die land in strepe verlaat; dit is nie buitelandse maar binnelandse valute wat afwaarts tol. Aus is so aanloklik maar nou moet buitelandse valuta gekoop word met Suid Afrikaanse Rande wat al hoe minder werd word.

Gideon ·

Geagte Minister- besef julle nie dat julle wat regeer die oorsaak is van hierdie gemors nie! 1976 se opstande word jaar na jaar met groot vreugde gevier, hoe teenproduktief en skadelik was dit nie vir ons land se ekonomie nie, daar is tot ‘n vakansie dag om dit te onthou.
Graag word vertel hoe ons boere grond gesteel het! Dit nadat ek die grond koop, belasting betaal ens! Die massas hoor dit en soek ons bloed.
Nou is daar weer vertel dat opvoeding gratis gaan wees! Die massas hoor dit en soek (demand) dit.
Ek sien al raad is maak matriek weer moeilik, sodat net die slimstes slaag, en dan gaan daar nie soveel wees wat gaan bakhand staan vir “free education” nie!

Bruno Stef ·

Op E-nuus se n swart student dat”Fees must fall come hell or high water or Jesus”. Dit maar net die begin van baie poefies en die klompie wit studente en hulle ouers sal op die einde van die dag oor die hoof gesien word en maar moet voluit betaal.

Onderwys ·

Nog ‘n metode van Zuma om stemme te werf. Hy gee ni ‘n duit om vir di ekonomie ni.

Zelda ·

As hulle gratis gaan studeer gaan hulle ver wag om te slaag al druip hulle . Hulle ken nie van hard werk vir Wat jy soek nie. Alles word net gegee en gegee. So hoekom moet hulle hard werk vir hulle punte om te slaag want as hulle drip dan plunder hulle weer alles. Dan slaag hulle Skielik. Dan kom dit waar hulle werk kry. Dan soek hulle baie geld want hulle het Mos geleer. Maar vir een of ander rede kan hulle nie die werk doen nie. Want hulle verstaan dit glad nie. Dan plunder hulle weer as dit verhoudings tyd is. Maar Eintlik is hulle net daar vir die geld niks anders nie. En so gaan dit aan en aan en aan.

Liewe heksie ·

Gee hul die pinkie en hul gryp die hele hand met arm en al

Johan ·

Die ergste van als is, is dat daar wit studente is wat saam toi toi en klippe gooi en doen waar het julle groot geword in soweto ?

Sarie ·

Radebe julle ANC het hierdie kultuur van vernietiging al meer as dertig jaar gelede geskep toe julle die land onregeerbaar wou maak en in anargie wou laat verval en nou is julle vandag se leiers en lulle is steeds nie instaat om dit stop te sit nie. Mense wat hulself wil verbeter deur verdure studies behoort nie so op te tree nie, hierdie is die optrede van onopgevoede barbare wat niks omgee vir ander mense en mense se eiendom nie. Hulle besef nie hoe meer hulle vernietig hoe minder geld is daar vir hulle om te studier nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.