Minister verwelkom ondersoek ná N3-brug ineenstort

Foto: Verskaf.

Joe Maswanganyi, die minister van vervoer, het ʼn forensiese ondersoek verwelkom om vas te stel wat die oorsaak was van die ongebruikte voetgangerbrug wat Woensdag in die vroeë oggendure op die N3-snelweg ineengestort het.

Die ineenstorting het tot gevolg gehad dat die Geldenhuys-wisselaar en Van Buurenweg naby Germiston die hele dag in albei rigtings vir verkeer gesluit was. Die struktuur is gesloop, die puin is opgeruim en ʼn aanvanklike ondersoek is gedoen. Die pad is Donderdagoggend vroeg weer vir verkeer oopgestel.

Die departement van vervoer het in ʼn verklaring gesê Maswanganyi prys die vinnige optrede en samewerking van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), die Gautengse departement van paaie en vervoer en die Ekurhuleni-munisipaliteit vir hul hantering van die voorval.

Die oorsaak van die ineenstorting is nog nie bekend gemaak nie. Die brug is in 1978 opgerig en is al ’n geruime tyd nie meer in gebruik nie.

Maroela Media het vroeër berig vyf mense, onder wie ʼn sewejarige meisie, is in die voorval beseer. Een kritiek beseerde vrou is per mediese helikopter na die naaste hospitaal gehaas.

Joe Maswanganyi, minister van vervoer, beplan om die toneel Donderdagoggend te besoek. Hy sal vergesel word deur ʼn lid van die Sanral-raad, Sanral se hoof uitvoerende beampte en ook senior amptenare van die Gautengse departement van paaie en vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Oud Res ·

Aangesien daai brug so oud is en lank nie i gebruik was nie Wat het SANRAL dan gekeer om dit te verwyder Ek dink hulle het swak diens lewering op die hoofwegte Tyd om nou wakker te skrik en alle ou brugge te ondersoek en te verwyder Dan is dit mos nie weer apartheid se skuld nie Maar so verval ons hele land en apartheid kry skuld vir alles

Susan ·

Oud Res, jou opmerking dat ‘n brug van 1978 oud is en gesloop moes word is belaglik. Hopelik beteken dit nie jy argumenteer dat alle geboude strukture wat maar 40 jaar is (en dan ook ouer), nie meer veilig is nie en te oud vir gebruik.

B-man ·

Na die verbreëdings (ekstra lane) wat SANRAL aangebring het, is die area waarop die brug se voetstukke rus, verklein en versteur.
‘n Ander “tydbom” is die dubbeldek-brug op die M2, wat nie ver weg geleë is nie. Die gerug is dat hierdie struktuur ook al verby sy ontwerpleeftyd is.
Nuwe deurpaaie moet gebou word, dit help nie net om die bestaande paaie te verbreed nie… behalwe wanneer jy meer verkeer wil lok vir e-tol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.