Minister verwerp berigte oor korrupsie

Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Foto: ANA/Jonisayi Maromo)

Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, sal met prokureurs vergader oor ʼn koerantberig Sondag wat beweer dat hy by korrupsie betrek word.

“Die bewerings in die Sunday Times oor ʼn ‘fasiliteringsfooi’ van R4,5 miljoen wat ek glo geëis het vir ʼn lening wat deur die Public Investment Corporation aan ʼn maatskappy, Afric Oil, toegestaan is, is belaglik en ʼn kwaadwillige versinsel,” het hy Sondagoggend in ʼn verklaring gesê.

“Ek het nooit die loononderhandelinge gefasiliteer nie en ek het nooit enige ‘fasiliteringsfooi’ geëis van die betrokke maatskappy nie. Dit is absoluut onaanvaarbaar dat my naam betrek word by ʼn saak waarmee ek niks te doen het nie. Ek sal regsadvies bekom,” het Mkhize gesê.

Die Sunday Times het berig ʼn skrywe van ʼn Johannesburgse regsfirma het die eis van R4,5 miljoen aan die lig gebring vir die voormalige tesourier-generaal van die ANC en ander ANC-ondersteuners wat die oliemaatskappy gehelp het om ʼn groot lening te bekom van die Public Investment Corporation.

Die “fasiliteringsfooi” word deur regeringskenners beskryf as “hoogs onbehoorlik” en “niks meer as korrupsie nie”, berig die Sunday Times.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Johanna Botha ·

Gewoonlik as die mense iets ontken dan is dit waar …..

julius ·

Johanna ons dink dieselfde, eerste wat by my opgekom het is die ontkenning. Nou is die wiel aan die rol en hy gaan in die hof verskyn, nie dat hy iets gaan oorkom nie, maar hy gaan kleitrap vir afrika.

Johan.H ·

Koerante sal nie met n storie hardloop as dit 100% onwaar is nie,,! Maar gesien dat julle almal hand om die blaas is, en gekyk word na julle track rekord,,Is jy waarskynlik nie onskuldig nie,,,,Oranje pakkie vir jou???

Awie Opperman ·

Gaan lees bietjie die boek Rogue van Johann van Loggenberg.

Anti-Media ·

Die media is baie lief en bekend daarvoor om feite te verdraai. Die Rodney King saga is een van daar die stories. Die media was nou onlangs deur Cliff Darren beskuldig van bias met die Israel-Palistyne Konflik. Die media het geen geloofwaardig nie. Dit word gebruik vir propaganda deur wie ook al in beheer is. Die SABC is die ANC mondstuk. Sowetan, City Press en Beeld propageer al te vinnig hoe rassisties n wit-swart insident is. Of het almal al te maklik van die kfc saga vergeet. Ek glo wel die artikel.

Ver links ·

Let the courts decide if there was wrong actions and let us not throw stones to someone which is innocent until find quilty.

Selfbeskikking ·

So sal die korrupsie vir ewig maar net ontken word. Die huidige kultuur aanvaar korrupsie asof dit niks is nie. Ons enigste kans op oorlewing is selfbeskikkingsonderhandelinge, of dit, of vlug.

Joshua ·

Hy was betrokke by n Public Investment Corporation lening wat staat se pensioenfonds(GEPF) gebruik vir beleggings vir n oor die R200miljoen lening aan n BEE olie maatskappy waarvan hy beskuldig word dat hy oor die R1miljoen ‘kickbacks’ ontvang het.

Joshua ·

ANC corruption and thiefing x the billions and billions of rands cannot be stopped by any court.

zoom zoom ·

Hoekom prokereurs gaan sien as jy sê jy is onskuldig. Laat hulle wat dit sê bewys jy het iets gekry. Of is daar rook en ook nou ‘n vuurtjie.??? Onthou Zuma se woorde hy weet wie is betrokke by korupsie. Is daar iets wat Zumpie weet?

Cjan ·

So spring die hase nou uit hulle gate want die korrupsie vuur is warm onder in die gate. Ou Zumpie se kalante begin nou brand.

Alex ·

Korrupsie is al so deel van die regering se DNA. …..jammer dis deel van hulle samestelling.
Hierdie problem sal nie oornag verdwyn nie.

Ver links ·

Corruption was part of the previous regime before 1994 as well and many favoritisms towards one group. When there is suddenly an uplifment of all communities, then it gets framed as corruption. Why always the negativity and not then rather come forward for support than screaming that everything which is being done by Government is wrong. Yes of course in every business and or entity you will find a rotten apple, but it does not mean each and everyone is of such nature. Let us also see the good deeds.

Andre ·

The “good deeds” are so overshadowed by corruption that they are impossible to see Ver links.

Dassen ·

Haha kyk hoie die ANC verdedigers soos hy en Carl Nihaus blaam vir korrupsie erken. Vir julle info, korrupsie was n fraksie daardie tyd teenoor nou, soos objektief gemeet deur internasionale organisasies.

Koos ·

Whahahaha! As die stakende staatsamptenare hulle oë oopmaak is die PIC leeg en hulle pensioene by die venster uit! Of is dit dalk alreeds?

Skapie Me ·

Ver Links, Are you completely oblivious? Like our previous president claims he did nothing wrong, you insist that the courts must deal with corruption claims like this? Grow up and get a grip. Our courts are going to be kept busy for decades with remarks like this. Do you really think that a reputable newspaper will publish an article like this without thourough investigation? dream on.

Gel ·

Die ou is nie skerp nie, hy sê maar net wat die wat hom betaal om te sê sonder om mooi oor sy woorde te dink.

Hennie ·

Die gewone patroon: eers die onthulling, dan die ontkenning en laastens die rooi gesig. Daarna sal die ontkenning voortgaan. En die appelle as ‘n hofsake volg.

lewies ·

Erfgoed is swerfgoed. Beteken dit nie miskien dat ‘n mens geen respek het vir dinge waarvoor jy nie gewerk het nie ? Ek vra maar net.

Israel ·

Mandela het gesê “if you blame somebody else, you LOOSE the power to change “Die polisie is op die gums hulle tande is uit,bring die ou speurders terug en kyk wat gebeur, ??‍✈️??‍✈️

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.