Minister vol ‘verskonings’; slangteengif al skaarser

Groot kommer heers steeds oor ‘n tekort aan slangteengif. (Foto: Lowveld Venom Supplies)

Die tekort aan slangteengif in Suid-Afrika kan slegs gepak word as daadwerklike stappe gedoen word om die produksie daarvan te verhoog.

Die DA sê die minister van gesondheid hou egter aan verskonings maak, terwyl mense spartel om die laaste bietjie teengif in die hande te kry.

“Die minister se versekering dat hy die groeiende agterstand van teengifbestellings by die Suid-Afrikaanse Entstofprodusente (SAVP) monitor, is eenvoudig nie goed genoeg nie,” sê Gerrit Pretorius, die DA se woordvoerder oor gesondheid in die Wes-Kaap.

Dokters en veeartse spook al maande lank om meer slangteengif te bekom. Hul pogings word gekniehalter deur ʼn massiewe agterstand in bestellings by die staatsbeheerde SAVP. Die SAVP is die enigste produsent van monovalente teengif in die land.

“Amptenare het beurtkrag die skuld gegee vir die vertragings in produksie, maar hierdie verskonings doen niks om die situasie op grondvlak op te los nie,” sê Pretorius.

“Hoewel die Wes-Kaapse departement van gesondheid nog teengif tot sy beskikking het, raak dit al hoe moeiliker om die kwynende voorraad te stuur na waar dit benodig word.”

Meer as die helfte van die slangspesies in Suid-Afrika is skadeloos, maar verskeie slange hier se byt is wél dodelik. Ses van hierdie giftige spesies kom in die Wes-Kaap voor en sluit in die Kaapse kobra, pofadder, bergadder, boomslang, rinkhals en swart spoegkobra.

“Baie van hierdie slange word algemeen naby stedelike gebiede aangetref, daarom is dit veral belangrik om teengif in die Wes-Kaap te hê,” sê hy.

“Teengif is ʼn middel om lewens te red en wat dadelik toegedien moet word om slagoffers te red. Dit is daarom onaanvaarbaar dat Suid-Afrika se produksie daarvan toegelaat is om so ver agter te raak.”

Die DA sê die minister moes lank reeds die kwessie met groter erns gepak het en moet dringend werk daarvan maak om die produksie van slangteengif te bespoedig.

Intussen gaan Pretorius parlementêre vrae aan die Wes-Kaapse LUR vir gesondheid, Nomafrench Mbombo, rig “om te verseker dat alle stappe gedoen word om die Wes-Kaap teen hierdie agterstand te beskerm”.

  • Lees Maroela Media se vorige berigte oor die tekort aan slangteengif in Suid-Afrika hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Di ·

Ag asb, ons almal weet teen die tyd dat hulle net in poste sit om die groot paycheck te kry elke maand. Onbevoeg en te lui om hulle werk te doen waarvorr hulle ‘n hengse salaris kry

Johanna ·

Hulle is pal besig om verskonings uit te dink. Dit moet nou net so kom dat die minister of sy familie die serum benodig dan sal daar skielik baie wees

domheks ·

Ons is al so gewoond aan ‘promises’ van elke cANCer lid, glo niks want hulle lieg net.

Anel ·

Nou wonder ek wat maak die wes kaap so spesiaal? Die hele land het die entstof nodig, maar my!!!

Manie ·

In die berig kan ek aflei dat die Wes-Kaap oor die meeste dodelike slage beskik.

Pietertjie ·

Dis Regering is veronderstel om vol verskonings te wees. Anders is hulle nie onbeholpe en onbevoeg nie.

Eugene ·

Ek lag nou lekker. Weet die minister van gesondheid ooit wat is slangteengif middel???

Manie ·

Hy sal wel uitvind indien ‘n paar van die oukies in sy huis rondseil.

Casper ·

Nee Anel jy verstaan nie,die Wes Kaap is nie spesiaal nie,hulle word deur die DA gelei.Dit is die verskil.Hulke sorg vir hulle mense en neem die teengif sage ernstig op en die regering dink dit is ‘n vandermerwe grap.

Johann ·

Net nog ‘n instelling wat die onbevoegde ANC verwoes het. Bloot geen begrip of insig om te besef hoe ernstig dit actually is nie. En elkgeval is die krippe daar ook leeg gevreet.

Ansie ·

Die minister kla oor die publiek wat handgemeen raak met gesondheidswerkers, maar kyk nou dié artikel. Die minister en sy departement moet hulle werk doen, maar hulle is flou wanneer dit kom by lewensbedreigende situasies wat hulle kan verhoed. Is dit enige wonder dat die Gesondheidsdept se finansies so beroerd is as hulle hulleself so in die voet skiet en hulle blootstel aan eise vir nalatigheid?

Lynne ·

As well as the army. Back in the day it was the best defence force in the world….. what do they do now?
God hep us if we get into a war. Gone is SA. That bunch just eat all day and are as big as hippos

TruthDealer ·

The thing is, by now many people won’t even care if another country invades and takes over. Slegter kan dit beslis nie gaan nie. Noord Korea sal nie so goed uitwerk nie, ook nie Amerika met n Democrat regering nie (basies dieselfde as die ANC net meer boos.) Maar ek glo feitlik alle ander lande sou n werkende regering hier kon instel tot die voordeel van alle landsburgers.

Andries ·

Hy “monitor die agterstand” maar het nie die brein kapasiteit om iets daaraan te doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.