Minister vra dat eiendomsraad Penny Sparrow ondersoek

Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings. Foto: Flickr/GovernmentZA

Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings. Foto: Flickr/GovernmentZA

Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, het die Raad vir Eiendomsagentskapsake (EAAB) opdrag gegee om die voormalige eiendomsagent, Penny Sparrow, te ondersoek na aanleiding van uitsprake wat sy op sosiale media gemaak het.

Ndivhuwo Mabaya, woordvoerder vir die ministerie, het gesê die EAAB is gevra om Sparrow te ondersoek en ʼn verslag saam te stel oor die gepaste stappe wat teen haar gedoen moet word. “Minister Sisulu het die EAAB opdrag gegee om so gou as moontlik aan haar terugvoer te gee oor die bewerings [teen Sparrow] en die stappe wat gevolg moet word. ʼn Vergadering met al die betrokke rolspelers is bevestig, insluitende die eienaars van die franchise [Jawitz] waar Penny Sparrow as ʼn agent werk,” het Mabaya gesê.

Die vergadering sal na verwagting Dinsdag plaasvind. Sparrow kan van die EAAB se register verwyder en die eiendomsbedryf belet word, indien sy skuldig bevind word.

Penny Sparrow se Facebook-inskrywing is wyd op sosiale media gedeel. Foto: Twitter

Penny Sparrow se Facebook-inskrywing is wyd op sosiale media gedeel. Foto: Twitter

Maroela Media het vroeër berig Sparrow het ʼn herrie veroorsaak nadat sy op haar Facebook-blad na swart mense op Durban se strande as “ape” verwys het “wat net rommel strooi en moeilikheid maak”.

Die DA het intussen stafregtelike aanklagte teen haar aanhangig gemaak en gesê haar partylidmaatskap sal hersien word. Verskeie ander mense het ook aanklagte teen haar aanhangig gemaak en haar by die Mensregtekommissie (MRK) aangegee.

Intussen is Standard Bank se ekonoom, Chris Hart, Maandag geskors nadat hy ʼn inskrywing op Twitter geplaas het wat volgens die bank “’n rassistiese ondertoon” gehad het. Hart het later om verskoning gevra en gesê sy twiet moes in die konteks van stadige ekonomiese groei gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Joe ·

Ek is heeltemal gekant teen rassistiese opmerkings. Daarom is ek ook sterk gekant teen president Zuma se bewerings oor Jan van Riebeeck.
Hoekom is daar nie teen hom ook opgetree nie? Is rassisme net na een kant toe?

Stomgeslaan ·

Ek stem, ons het net nie minderwaardigheids komplekse oor ons agtergrond nie.

Stomgeslaan ·

Presies. Ons het nie minderwaardigheids komplekse oor ons agtergrond nie.

sarel pretorius ·

jip rasisme is net as n witte its se wat ander kleure ni van hou of wil gebriuk vir hulle uie dilema

Jannie ter Blanche ·

Wat van ‘n ene Kenny Barrel Nkosi van die Govan Mheki stadsraad se aanmerking op facebook? Gaan hulle nie nou te ver met die arme vrou nie?

Awie ·

Pleks dat ons verdomde regering al hulle aandag bepaal by die landswye droogte en waterkrisis nou hou hulle, hulle op met snert.

Francois le Cochon ·

Die antwoord oor hierdie tipe reaksie is vervat in die Bybel. Lees maar Spreuke 12:16.

tiki ·

Ons is in hierdie land absoluut behep met, en kleinserig, as dit kom by sg. “rassistiese opmerkings”. Mens hoor soortgelyke opmerkings om elke hoek en draai in die alledaagse wandel – ouers noem ook soms hul eie kinders “ape” – dis gewone spreektaal sonder kwetsende bybedoelings.

Komaan, politici, word groot en hou op tyd mors met sulke beuselagtighede! Ons het baie dringender landsprobleme wat aandag verg.

Strydom-:Stryslim eerder ·

Mens kan dink wat jy wil, maar moenie waag om iets te se nie…rassisme is mos net witwoorde!

Eliza-beth ·

Wat op aarde het dit met die Eiendomsraad te doen wat sy in privaat kapasiteit doen/sê? Sy het nie die raad skade berokken nie, kom tog by! Hierdie is absurd verby.

Stomgeslaan ·

Ek stem nou ruk hul die hoender (wit hoender) onder die ..uit, Ek se liewer wit hoender want netnou is ek rassisties. Haha!! absoluut belaglik.

Vicus ·

Laat almal wat nou ondersoek instel, dan ALMAL ondersoek wat al rassistiese opmerkings gemaak het. Gewoonlik begin mens met so n ondersoek heel bo. Mense, as ons bewus is van iemand wat ook so optree en die ANC se wakende oog ontglip, moet ons hpm bloot rapporteer. Dankie aan die DA.Sien julle wat gebeur as jy vir stemme baklei? My stem kry julle nie weer nie. Finis en klaar!

Liewe Lulu ·

REGTIG OMW REGTIG
enigeiets om die aandag af te ly van wat werklik in ons land aangaan
REGTIG

Robbie ·

Ek wil net weet mag jy niks meer se nie. Ek se baie daai ou bestuur soos n bobejaan dan is die persoon wit. Is dit nie maar net n vergelyking nie die persoon weet mos hy is n mens en nie n bobejaan nie. Ek dink mense is heeltemal te klein gevoelig. As hul al die aandag aan werklike probleme skenk en nie aan sulke gemors nie sal dit beter gaan.

Rynhardt ·

Minister Sisulu is gou om te praat dat Penny Sparrow ondersowk word.Hoekom is u, Sisulu nooit ondetsoek met die weermag wat u in ellende gedompel het nie? Hoekom is u ook nie ondersoek dat u belastingbetalers se gelde gebruik het om die hele wereld robd te vlieg nie? Selfs politici het na u verwys as SA se eie “top gun”.U en Anc kan gou julke monde rek oor rassisme, maar ek wil n nuwe liggaam sien wat julle van die more aanspreek oir regstellende aksie waarmee julle blankes ontneem van n toekims in hul land.Dit is abnormaal en n misdaad teen obs mense!

jakes ·

Ek seker ‘n aap, want wat op dees aarde is ‘n “menslike nedersetting” nogal? EN het mens regtig ‘n “minister” daarvoor nodig?

johan ·

Het die sogenaamde proffessors dan nie gese ons stam af van ape nie.

Gideon ·

Kom ons stel ‘n lys saam met voorbeelde van swart rasiste!!
Ek het al tientalle uitsprake daarvan gesien op fb maar dit afgemaak as, vat dit van wie dit kom!!

JWK ·

Hahaha
Ek word geklas as wit en is baie dankbaar dat wanneer ek more opstaan ek steeds wit sal wees.
Lindiwe kan nie dieselfde sê nie.

GES ·

Dit is die liberale mense se styl. Hulle wil haar nou vernietig. Wyle oom Niklaas v Rensburg het in een van sy visioene gesien hoe die kloof tussen engels – en afrikaanssprekende afrikaners toeval. Hierdie gaan ‘n gebeurtenis word wat engelssprekendes gaan laat besef dat die liberales, slegte nuus is en dat hulle, hulle eerder moet skaar by die Boere Afrikaners. Hierdie is die voorspel tot die Afrikaanse republiek wat nog gaan kom. Wees verseker dit gaan nie ‘n pynlose geboorte wees nie maar die moeite werd.

doep ·

Johan 2 daar is nie ‘n woord soos “onverskoning” nie…..

Elizabeth ·

“OM VERSKONING VRA”, m.a.w. vra om verskoon te word.

Henk ·

Iemand kan,en het my alle soorte name al genoem,maar nog nooit het dit my ontstel nie,want ek weet wie en wat ek is,waarom die sensitiewieteit?is dit dalk n skoen wat pas?

hettie ·

Betreffende haar kommentaar oor swartmense op strande op Nuwejaarsdag Gun elke diertjie sy plesertjie Sulke dae bly ek maar by my huis

chrisp ·

Hettie

Pasop wat jy se
. As jy aan die DA behoort gaan jy geskors word en strafregtelik vervolg word!
Jy verwys na mense as diere.

Sien julle hoe vinnig kan iets uit verband geruk word.

PK is ‘n belaglike lewenswyse.

Gaan kyk op Youtube na
Dr. Benjamin Carson’s Amazing Speech at the National Prayer Breakfast with Obama Present

Hy vat dit so mooi raak.

TTh ·

Hekse-haat-jag teen blankes is erg verskerp. Dit is verregaande. Hopelik kan ‘n instansie soos of soortegelyk aan Solidariteit hierdie ‘riool-duining’ stuit. Dit begin lyk soos ‘n ‘geraas-uitbarsting by ‘n dieretuin’ of wat.

Andre ·

In die selfde tyd kan die minister ook sommer Teddy Maile en Akhona Mabi ook ondersoek vir hulle haatspraak en rasistiese aanmerkings maar dit is toelaatbaar want daar mag teen die blanke ge diskrimineer word

Jan maak n Plan ·

Ek lees nou die storie so aandagtig deur, maar iets pla my verskriklik. Is die plaasmoorde wat ons as wittes in die land beleef, nie ook RASSISTIES nie. Maar ek hoor nie die lawaai makers van die regering dat hulle dit verdoen nie en wil ondersoek nie. Ek wonder of hulle ooit daarvan bewus is. Ek wonder altyd wat sou die regering gedoen het, as die plaasmoorde meestal swart mense was wat uitgemoor word. Laat ‘n mens dink ne.

snuffels ·

Daar is n Afrikaanse lied, Bobbejaan klim die berg…is dit nie maar omdat hy n berg van n molshoop gemaak het nie? Klink bekend

Chanel ·

http://www.sahrc.org.za/home/index.php?ipkContentID=23

Hier is die link om mense aan te kla by die mense regte kommisie. Hou op kla en kla Zuma en al die ander rassistiese mense aan. Ons MOET begin om iets daadwerkliks te doen. Om te sit en sanik gaan niks help nie. Ons kan al ons plaasmoorde artikels en so ook die ander artikels begin aanstuur na buitelandse koerante sodat die wereld daar buite die waarheid kan sien. Ons kan ook fotos begin neem en versprei van die haglike omstandighede waarin wittes woon. Want dis mos net altyd, shame. Staan van jul agterstewe af en begin baklei! Hou op vra wie en wanneer. Jy kan self iets doen. Elkeen van ons kan self iets doen. As elk een ‘n verskil maak, is dit op die einde ‘n groot verskil. Kom by mense!!!!! God vra leiers nie klaers nie. Staan op vir dit wat God vir ons gegee het en wees groot genoen om ook die waarheid te sien dat ons dit self weg gegooi het in die eerste plek. Wie hou regtig nog die belofte van 16 Des? Hoe wil ons dan geseen word?

doefploef ·

Goeie punt Chanel. Ek dink hierdie nuwe bedeling (Prez met beswaarlik ‘n laerskool kwalifikasie, swart of wit rasisme, ens,) is omdat ons nie ons voorvaders se gelofte nakom nie

Peet Schabort ·

Die volgende uit die boek “No Outspan” van Deneys Reitz is ‘n juweel en ek haal woordeliks aan in engels:
“On one of these trips (in die Krugerwildtuin) I was accompanied by Mr. Oswald Pirow, the Nationalist Minister of Justice who had piloted my Relief Bill through the House. He was on the Board and we were sworn political enemies (Reitz was ‘n Sap), but for our common interest in the Low Country we were personal friends.
The whole of the Kruger Park lies in my electoral division and once, as we stood watching a team of oxen pulling our car through a river (in die wildtuin), a troop of old-man baboons came barking towards us.
Pirow: Look here come some of your constituents to welcome their Member of Parliament.
Myself: If those baboons voted for me, they showed a damn sight of more intelligence than the people who voted for you.
Pirow: Shake hands; we’re all square.”
——————————————————————————————————–
Dit laat my wonder of die stemreg nie dalk uitgebrei behoort te word?

Ook behoort ek aan GEEN party en kan dus nie oor my uitlatings geroskam word.
Wê wê wê wê wê.

charmaine ·

Het hulle agterna op di nuus gewys hoe lyk di strande nadat di baaiers opgepak het? Nee dit Sal hulle nie wys Ni want waarheid maak seer.

juan ·

Liberalisme is n doodelike siekte wat nog almal gaan dood maak as “commen sense” nie die oorhand kry nie!

Peet Schabort ·

En wat nou Maroela? Het my aanhaling uit Deneys Reitz se boek ook nou rassistiese ondertone?
Wat van die “See no evil; hear no evil; speak no evil”? Dis ook seker nou rassisme? Indien ‘n witte nie aangespreek wil word as Boer, Engelsman, Jood, Griek, Italianer ens. dan maak ook hierdie beskrywing van jou ‘n rassis. Pragtig om te sien hoe mense op die loer is om ander net doodeenvoudig aan te vat en net wil hof toe sleep. Nou mag ek ook nie sê ‘soos aasvoëls’ want dan is die hel weer los. Dus sal ek my maar weerhou daarvan.

pat aldrich ·

Waaroor kla die anc. Die armsalige terroriste het mense doodgemaak nou is hulle sooo onskuldig. Die waarheid is die waarheid maar hullewil alles verbloem. DA is n slapgat nie wit organisasie en menseregte organisasie in anc ding. Wat het da met dit te doen of eiensomsraad. Hierdie sisulu minister moet liewer stilbly en iets vir die land doen

Dan ·

Skakel in by dstv kanaal 408(Parlement) Daar noem hulle mekaar slegter name.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.