Minister vra taakspan om Unisa te hersien

Unisa se Sunnyside-kampus. (Foto: Jacques Naude/ANA)

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het ʼn ministeriële taakspan aangestel om ʼn onafhanklike hersiening van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) uit te voer. Die minister is onder meer bekommerd daaroor dat die universiteit wegdryf van sy aanvanklike doelstelling.

Die departement van hoër onderwys en opleiding het vandeesweek in ʼn verklaring gesê Nzimande het reeds met belanghebbendes onder wie die visekanselier van Unisa vergader om die besonderhede van dié hersiening te bespreek.

“Gegewe die omvang van Unisa – nié net in Suid-Afrika nie maar op die hele Afrika-kontinent, met 407 759 studente in 2020 – is dit duidelik te groot om te misluk aangesien te veel mense van die sukses daarvan afhanklik is,” het Nzimande gesê.

Die minister meen dat die universiteit geleidelik van sy kerndoelstelling wegbeweeg deur meer “voltyds” te word. Volgens hom was daar egter nog nooit ʼn plan, wat deur die nasionale regering ondersteun word, ten gunste van só ʼn stap nie.

“Dié kwessie [van die wegbeweeg van die aanvanklike doelstelling] het groot gevolge vir die finansiële volhoubaarheid en toekoms van Unisa. Dit het ook wesenlike implikasies vir die regering vir subsidie ​​asook finansiële steun aan studente, soos ons gesien het aan die begin van die akademiese jaar 2020 toe segmente van die studentegemeenskap eise gestel het vir bykans voltydse regeringsteun soortgelyk aan die Nasionale Skema vir Finansiële Bystand vir Studente (NSFAS).”

Volgens Nzimande sal die wegbeweeg van Unisa se kerndoelstelling boonop groot druk op infrastruktuur en onderwyspersoneel plaas.

Die minister is ook bekommerd daaroor dat daar nie breedvoerig genoeg besin word oor die rol van nuwe tegnologieë en die uitwerking daarvan op die universiteit se bedrywighede nie.

Luidens die verklaring heers daar kommer oor Unisa se onaanvaarbaar hoë druipsyfer asook die terugtrek van sommige akademiese programme se akkreditering.

“Die onstabiliteit in die senior bestuur is ook kommerwekkend.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Frans ·

Dis soos room om te eet om dit te hoor almal moet mos betal dat net sekere mense mag leer so maak ma toe dit sal sal goed wees wat jy saai sal jy maai

Frederik C ·

Nee, Blade, met die ANC aan bewind is niks, maar niks te groot om te misluk nie.

JohanR ·

Kan ek ook UNISA toe gaan, leer vir drie jaar en niks betaal? Dis moes lekker, as ek as student NIKS betaal, dan WIE betaal vir my DRIE jaar by UNISA? Nee wag ek is spierwit…..sal seker nie op my van toepasing wees nie! Ek is EEEEEEBB en nie BBEEEEEE nie!

Piet Pompies ·

So will hulle net alles op neuk wat werk – as dit nie gebreek is nie moet dit nie probeer regmaak nie \

Johan ·

Wys jou as jy Afrikaans verwyder Dan is dit die begin van die einde

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.