Minister vra verslag oor ‘sekuriteitsbreuk’ by OVK-sentrum

Foto: Twitter

Foto: Twitter

David Mahlobo, minister van staatsveiligheid, het gesê hy wil ʼn volledige verslag oor die sogenaamde “sekuriteitsbreuk” by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se nasionale uitslagsentrum in Pretoria hê.

Dit kom nadat vier vroue Saterdagaand ʼn stil protesaksie gehou het tydens pres. Jacob Zuma se toespraak by die bekendmaking van die amptelike resultate van Woensdag se munisipale verkiesing.

“Hulle het die demokratiese reg om dit te doen ons respekteer dit, maar ons moet ook veiligheidsgrense respekteer,” het Mahlobo gesê.

“Ons wil ʼn volledige verslag hê wat verduidelik wat gebeur het by die spesifieke uitslagsentrum in terme van watter veiligheidspersoneel daar was en watter veiligheidsreëlings die OVK in plek gestel het.”

Mahlobo het ontken enige van die vroue is na die voorval in hegtenis geneem. Die vroue het voor die verhoog, waar Zuma sy toespraak gelewer het, gaan staan en plakkate omhoog gehou. Die vroue, wat in swart geklee was, het glo teen verkragting betoog. Hulle is glo lede van die EFF.

Van die plakkate het gelees “10 years later” en “Remember Khwezi”, glo met verwysing na Zuma se verkragtingsaak. Die betogers is ná Zuma se toespraak deur lyfwagte uit die uitslagsentrum verwyder. Khwezi is die vrou wat Zuma van verkragting aangekla het. Zuma is later vrygespreek op die aanklagte.

Die OVK het kort hierna Zuma en ander afgevaardigdes om verskoning gevra en gesê die betoging het hulle onkant gevang.

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, het kort hierna geëis die OVK moet weer om verskoning vra. Daar kon ook gesien word hoe Dlamini en Lindiwe Sisulu, minister van kleinsake-ontwikkeling op Nosiviwe Mapisa-Nqakula skree na afloop van die voorval en haar glo blameer vir wat gebeur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Lance ·

Tog SO tipies …skrik altyd te laat wakker …nou is dit ondersoek op ondersoek …tee na tee …neem net beheer en doen dit reg die eerste keer ASB !

Jan Jooste ·

Die voorval wys die ANC se korrupte prioriteite. Slegs Zuma is belangrik. Vroueregte is van geen belang nie. Wat van die klaagster Kwhezi geword het, is irrelevant. Dhlamini toon prioriteitskorrupsie op sy beste, deurdat sy vergeet sy lei eintlik die Vroueliga en net begaan is of Zuma nie ontsenu word deur vier stil vroue nie.
Daar het nie ‘n man verbygegaan nie …

Kobus ·

Die ANC is so pas ‘n les geleer, maar hulle het dit nie begryp nie, kry dit net nie reg nie, hulle lieg en bedrieg en spin storietjies nog net soos in die verlede, hulle het dit net nie in hulle om te vernuwe nie, dit is soos ‘n jakkals wat van hare verander, maar nooit van streke nie. Dis nie net Zuma, of net ander wat die probleem is nie, dis die hele topbestuur.

Pieta ·

Hulle moet nie vir Nosiviwe watsenaam hoesenaam kwaad maak nie. Sys mos minister v verdediging? Soos die druk opbou, begin die krake wys. Kry vir julle ‘dames’.

Lida ·

Kry vir julle! Veiligheid waar? Enigiemand kon Zuma net daar uithehaal het!

Asb tog ·

Shame. Arme Zumatjie. Enige iemand ñ tissue vir sy beskadigde ego. Kom ons mors nog R260mil op ñ glas kas waarin sy majesteid kan rond beweeg in die publiek. Sal die IFP waar hy woon of die DA waar hy werk die rekening betaal…..ek wonder maar net.

lynette ·

Ek tel vyf vrouens en vyf plakkate in die lug. Kyk asb mooi. Dis nie vier nie.

Lida ·

Is dit nou relevant? 4 of 5 wat is die verskil. Hulle was daar

Kiepie ·

Jou oë bedrieg jou Lynette, daar is wel net 4 vroue met 5 plakkate. Die linkerkantse een hou twee plakkate vas (een in elke hand). Maar soos Lida vra, is dit regtig televant?

Johanna Botha ·

Watse tiepe sekuriteit is daar dat vrouens gelate kan instap …is daar enigsens sekuriteit van enige aard wonder ek nogal

Louwrens ·

Gaan dit nou weer hier ook plaas: Ek het gehoor dieselfde persoon wat hoof van sekuriteit was tydens Mandela se begrafnis toe Obama sy toespraak gelewer het was weer aan diens die afgelope Saterdag toe Zuma sy toespraak lewer.

Rynhardt ·

Die vier vroue wat teen verkragting betoog het terwyl Zuma sy afgewaterde toespraak lewer, is helde!Vanaand op e-tv is gewys hoe hul hardhandig verwyder is Vroue,julle is almal helde van foemaat en jul het vir blankes gewys wat veggees is.Blankes sal nooit so veggees kan openbaar nie!

Pietman ·

Rynhardt, stem saam met jou-die vroue verdien ‘n medalje! As sg. nr. 1 se vliegtuig wat hy bestel het (ten koste van belastingbetalers ) al klaar gebou was, sou dit tot almal se beswil wees dat hy wegvlieg en sommer wegbly! Dit sou ons almal ook geld spaar as hy sy aerie vat en koers kry -les bes, sou die ”vantevore benadeeldes” dan ook beter daaraan toe wees! Kan nie verstaan hoe hulle net voort kan stoomroller en dan stem daardie einste mense wat deur hul te na gekom word weereens vir hul onderdrukkers !

Piet ·

10 UIT 10 VIR DAARDIE 4 DAPPER JONG VROUENS JULLE IS BAIE DAPPER BAIE GELUK WENS DAAR IS BAIE MEER VAN JULLE JULLE IS STERK VREESLOSE VROUENS JULLE VERDIEN ALMAL MEDALJASSE

Zirk ·

Vir u inligting; daardie 4 of was dit 5 vroue, was geakkrediteerde vroue wat amptelik daar toegelaat was. Wat nog onbekend is, het hulle vir ‘n politieke party gewerk, of vir die OVK.?
Wat Kwhezi aanbetref; sy is jare gelede al ‘n paar miljoen Rand in die hand gestop met ‘n eenrigting vliegkaartjie na Engeland, waar sy nog woon. Probleem opgelos. Zuma wen weer.

Ben Prinsloo ·

Daardie vroue is regtig dapper. As ek n vrou was sou ek nie so naby aan geagte prez wou kom nie, dit is te gevaarlik. Almal is al moeg vir die Oscar saak maar ek wil graag vir die sogenaamde ANC vroue aktiviste vra wat so by Oscar se saak betrokke was wat het van vroueregte geword as dit by die prez en by Marius Fransman kom? Dom vraag van my, as jy ANC is tel dit klaarblyklik nie.

Lance ·

Sonder om iets te breek te vernietig of te brand of selfs n woord te spreek het die vroue BAIE meer reggekry as die wat heeltyd met vuurhoudtjies in die sak ronloop en se vingers juik om skade te maak.

Anti DA ·

Dit is hoe ‘n vreedsame betoging veronderstel is om te wees ek hoop die klomp wat net brand en vernietig leer iets by hierdie dapper vrouens.

Joann ·

Ek stem,daardie jong dames was dapper en geen uitspatigheid gehad nie,nie boude geswaai en getoi toi nie,nee kalm en rustig hul ding gedoen.

E.K. ·

Zuma jou veiligheid was nooit in gedrang nie. Mooi so vrouens, laat die boodskap deurkom – die Pres is net so skuldig, almal weet dit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.