Minister vra vir aksie ná voorval by Gloria-myn

Gwede Mantashe (Foto: Courtney Africa/African News Agency/ANA)

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne, het versoek dat veiligheid by myne opgeskerp word ten einde aandag aan die kwessie van onwettige mynaktiwiteite te gee.

Mantashe se beroep kom nadat die liggame van 12 vermeende onwettige mynwerkers reeds ondergronds by die Koornfontein Gloria-steenkoolmyn naby Middelburg in Mpumalanga gevind is. Dié 12 is deel van ʼn groep van meer as 20 mense wat ondergronds vasgekeer is nadat ʼn ontploffing plaasgevind het terwyl hulle na bewering koperkabels gesteel het.

Volgens Mantashe is dit intussen steeds prioriteit om ventilasie by die Gloria-myn te herstel en vlambare gasse ondergronds te verminder sodat die soek-en‑reddingsproses met die nodige spoed kan voortgaan.

Gloria-myn (Foto: ANA)

Sewe liggame is Donderdagoggend gevind en die proses om die liggame na die oppervlak te bring sal voortgaan sodra die kragtoevoer herstel is. Koperdiefstal het daartoe gelei dat die kragtoevoer afgeskakel is wat veroorsaak dat die vlak van giftige gasse ondergronds vermeerder.

“Die proses om die liggame te verwyder is redelik ingewikkeld maar dit moet voortgaan sodat daar afsluiting oor hierdie saak kan wees. Die ondernemingredding vir Optimum, Koornfontein en die ander bedrywighede moet ook met ’n vinniger tempo voortgaan as wat dit tans ontvou, sodat die myn weer in bedryf kan kom en die plaaslike ekonomie aan die gang kom,” het die minister gesê.

Voorverlede week is vyf liggame uit die skag gebring. Een man is lewend uit die skag gered en na ʼn hospitaal geneem. Hy is in hegtenis geneem toe hy ontslaan is.

Die Gloria-myn, wat deur die Gupta-familie besit word, is verlede jaar onder sakeredding geplaas en werkers by dié myn het al maande lank nie hul salarisse ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Meerkat ·

Noujatoe, almal is bewus van die zama zamas wat vir jare bedrywig is, en nou kom die minister met sy wyshede uit. Mens was so lank daarvan bewus, mens het later gedink dis maar deel van die regering se oplossing om die werkloosheidsprobleem aan te spreek.

Dit laat my aan ‘n ander geval dink waar beweerde tekort aan onderhoud die oorsaak van ‘n tragedie was, en nou is daar met ondersoek gevind 70 skole het gebreke wat dringend aandag nodig het.

Johan ·

Bedoel die Minister die myne moet hulle veiligheidsmaatreëls verskerp sodat die zama zamas sonder gevaar onwettig kan myn?

Opisthophthalmus ·

Presies my vraag? WIE se veiligheid….
Nou staan die myn vir reddingswerk en herstel.. mynwerkers word nie betaal nie…Onwettige mynbedryf is mynsinsiens DIEFSTAL!!

Dries du Toit ·

Ai wat n deurmekaar spul in die land. Werkers het nie salarisse gekry nie.
Toe gaan myn hulle maar vir hulself.
Dit maak hulle nou kriminele.
Die minister beskuldig nou die mynbestuur.
Die Guptas wat die oorsaak is vir als. Loop vry rond.
Wie het die Guptas hierdie mag gegee om die land in sulke gemors te dompel.
Die Unies staak vir meer geld van al die operasionele myne. Maar se nie n woord oor staatskaping nie. Wat is die antwoord op al hierdie gemors. Praat nie oor al die ander staats entiteite nie

Frikkie Geld en huis ·

Kan Gwede nie vir Bossasa nader om die veiligheid by die myn op te knap nie ?? Hulle werk mos gratis vir die agbare minister.

Chris Ws ·

Die Guptas hoort strafregtelik aangekla te word omdat hulle nie verseker het dat niemand toegang tot hul myn kon kry nie.Die Mynbou Wet is baie duidelik hieroor.

John ·

Hoeveel gaan die ‘onskuldige’ Guptas ons nog kos? Waarom is myne so toeganklik? En dan moet mense hul lewens in gevaar stel om skelms te gaan red… meestal uitlanders.

Lerato ·

Die arme zama zamas waag hulle lewens om skraapseltjies uit te haal vir oorlewing.

Tel-op ·

Ag ou Gwede, gee biki van jou baie geld vir die armes, dan sal hierdie soort dinge nie gebeur nie, die mense is honger!

marous ·

Kry maar ‘n radio , uniform en ‘n kosblik , en gaan staan wag by die ingang . Vrinne goepas sal mos mooi vir jou sorg

George in Bloem ·

Gratis goeie raad vir die “agbare minister”.Sometimes when you are aware people suspect that you are an idiot it is better to keep your mouth shut rather than opening it and thus confirming their suspiscions .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.