Minister waarsku amptenare na kru taal-inskrywing

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, Dinsdag (10 Januarie 2017) tydens 'n mediakonferensie in Pretoria. Foto: ANA

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, Dinsdag (10 Januarie 2017) tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria. Foto: ANA

Ngoako Ramatlhodi, minister van staatsdiens en administrasie, het staatsamptenare streng gewaarsku om by die gedragskode van die staatsdiens te hou.

Sy waarskuwing volg op die herrie oor kru uitlatings wat Lumka Oliphant, woordvoerder van Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, op Facebook gemaak het oor bewerings dat Dlamini onder die invloed van alkohol was by ʼn geleentheid waar sy opgetree het.

Oliphant het onder meer geskryf: “Enigiemand wat die inskrywing wil gebruik vir ʼn artikel, gaan f****n voort! Ja, f****n voort. Jy kan sê wat ookal jy wil oor haar politiek wanneer jy nie saamstem met haar nie, ek gee nie om nie. Dit is deel van die spel. Maar moenie k*k praat oor haar nie.”

Ramatlhodi het in ʼn verklaring gesê hy veroordeel alle staatsamptenare “wat hulself op ʼn onprofessionele wyse” gedra. “Alle staatsamptenare, sonder uitsondering, moet te alle tye voldoen aan die gedragskode.”

Hy het gewaarsku diegene wat die kode oortree, sal aangekla word ingevolge die Staatsdienswet. Hy het die verantwoordelike beamptes in die onderskeie departemente versoek om nakoming van die wet af te dwing.

Volgens Ramatlhodi moet staatsamptenare ingevolge die gedragskode eiendom van die staat, insluitend skootrekenaars en selfone, eerlik en doeltreffend en slegs vir amptelike doeleindes gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Mari ·

Sjoe. Facebook is blykbaar die platform vir als. Het nou die dag ‘n baie oulike gesegde raakgeloop oor FB. Wat ek nie sal deel nie want dalk google iemand my profiel en die haatspraak begin! Amper niemand is meer mens nie want almal skuil agter hulle profiele!

Lance ·

Sy lyk baie suur op die foto …hoekom nou …iets wat ons moet weet ?

CHRISTA ·

Ja-nee, sy is so suur, as sy lag trek die gate in haar sokkies toe!!!

Johann ·

Wonder van wie praat die minister? So in die algemeen…Gee n nuwe definisie aan WOORVOERDER!

Justice ·

As jy so vir die spietkop gaan kyk gaan jy verseker blaas.

Doempie ·

Langenhoven het destyds gesê die helfte van die parlement is bobbejane. Toe hy aangevat word oor dit en verskoning moet vra vir sy stelling het hy mos gesê hy is jammer. Hy re”phrase” : “die helfte van die parlement is nie bobbejane nie.”

Fly ·

Daardie wyn was kwaai suur, sy lyk maar bitter bitter om n mINISTER te wees

Jan maak n plan ·

Sou die uitlating in die laaste paragraaf waar wees – dan moet iemand asb die hele staatsdiens onmiddelik “fire”, want almal is vreeslik skuld aan daardie versuim. En ek bedoel almal van nr1 tot die heel laagste op die betaal lys.

M A ·

Ek dink MM kry ook maar dikwels skelm stekies in. Al die fotos van daardie minister in MM is met dieselfde suur uitdrukking. Daar is tog seker beter fotos. One picture is worth a thousand words.

Piet ·

Ja die F woord kan nou weer aan enige persoon toegesnou word, solank mens dit in swart en wit tik en se dit is kuns!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.