Minister waarsku boere om minimum lone te betaal

Mildred Oliphant. Foto: The New Age

Argieffoto: Mildred Oliphant

Mildred Oliphant, die minister van arbeid, het plaas- en bosbouwerkgewers Saterdag gewaarsku om te voldoen aan die minimumloonregulasies, selfs tydens die droogte.

Oliphant het gesê sy is in kennis gestel die meeste plaas- en bosbouwerkgewers voldoen nie aan die minimumloonregulasies, wat onlangs verhoog is, nie. Die grootste rede wat werkergewers glo hiervoor aanvoer, is die droogte wat boere tans raak.

“Een van die voorwaardes wat aan boere gestel is as hulle droogtehulp van die regering ontvang, is om seker te maak werkers behou hul werk tydens die droogte,” het Oliphant se kantoor in ʼn verklaring gesê.

“Die minister wil werkgewers waarsku teen hierdie oneerlike praktyk, want dit is ʼn klap in die gesig van die droogtehulp wat die regering aan hulle bied,” het die departement gesê.

Die departement het ʼn beroep op werkers gedoen om die departement of Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie in kennis te stel as hulle nie voldoende betaal word nie.

Die departement het verder gewaarsku meer inspeksies gaan op plase en bosbou-instellings gedoen word en werkgewers sal voor die hof gedaag word as hulle nie aan die minimumloonvereistes voldoen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Veritas ·

Ou Tante Olifant maak nou die regte geluide want daar is verkiesings op hande. Sodra dit iets van die verlede is, sal ons weer niks van haar hoor nie.

Pieter dp ·

En waar gehasie???? Die blanke boere kry geen subsiede of droogte hulp nie. Hoe nou ge sè???

Paul ·

Sy wil net nie openlik sê dat dit die opkomende boere is wat hulle skuldig maak daaraan nie. Dis nou gerieflik om net te verwys na “boere”.

Adrian ·

Mildred hoe betaal jy mense as daar nie geld is nie, sien jy weet niks wat op die bestuur van n plaas aangaan nie is jy daarvan bewus dat eskom m hengse klomp geld soek op elke kragpunt al staan alles stil, nee wat jy wil kruisies agter die skelm regering inpalm

Kandas ·

Die arbeiders moet die keuse kan uitoefen….min van iets of niks van alles. As daar nie geld is vir verhogings nie dan is daar nie. Mens kan nie bloed uit ‘n klip tap nie.

dirk ·

dit is pure rassisme en propaganda vir die verkiesings op hande. Sy is duidelik ook ‘n zupta minister….siende dat selfs die droogte seker ‘die boere se skuld is’ . ek maak werk daarvan om in swart aanlyn koerante in hul eie taal kommentaar te lewer op hierdie soort snert en leuenagtige uitlatings soos hierdie van die minister. daar is min goed so lekker soos anonimiteit en ‘Google translate’. hou dit net kort en kragtig anders raak die ‘tenses’ deurmekaar en jy word uitgevang

yster 74 ·

Ek weet van geen blanke boer wat n sent van die regering gekry het vir droogtehulp nie. Waar val mamma olifant uit. Janee, dis verkiesings tyd. Hulle het in elk geval nie eers geld om skole se krag te betaal nie. Groot grap.

wessie ·

O,genade jammer maar ons het nie geweet van die verhoging en alles wat daarmee saam gaan. Pres het mos vir ons Vrydagaand gewys hoe word dit gedoen.

Manie ·

IS DIT NOU WEER ‘N GUPTA SLENTER OM DIE AANDAG TE VERSKUIF!!
AL WAT DIE BOER KAN SE IS
Sorry ek het hom nie geweet nie!!!!

Leon ·

Kyk die film, “Wag the Dog”. Robert De Niro en Dustin Hoffman. Dit sal jou stomslaan hou die “spindokters” goel met feite. Verdraai dit so dat dit aanvaarbaar word EN, geglo word.

Ouman ·

Tipiese Zuma aanstelling. Wat weet sy van boerdery. Sy ken net KFC en dink die pap wat sy vreet kom van PnP af. Droogtehulp is ‘n klug. Mens sukkel om te glo dat sulke weses ministers is

FM ·

As daar n minimumloon is weet ek nie daarvan nie. Ek het verkeerde inligting gekry. Dit was nie my intensie om nie saam te werk nie. Ek het nog nooit gesê ek sal nie die arbeiders betaal nie. Hierdie storie het onnodig lank aangehou en baie frustrasie veroorsaak. Ek vra om verskoning van my kant af en belowe ek sal ietsie betaal. Maar nou het die droogte veroorsaak dat ek nie geld het nie. Daarvoor apologise ek on behalf of myself and on behalf of wife and kids. Ons het nou almal n les geleer. By wie het ek gecrip?

Joann ·

Nou maar Olifant as die boere nie kan nie dan kan hul nie. Dan moet die ANC se beskermde wild maar hul goed pak en verlaat die plase. Zuma sal vir hul sorg. Bye Bye

lynette ·

Moenie laf wees nie Katrien, olifante, die diere, is slim.

Daisy ·

Wonder of hulle by swart opkommende boere ook gaan inspeksie doen

Grassie ·

Betaal minimumlone aan die hoeveelheid arbeiders wat jy kan bekostig en betaal die res af. Boere sal verbaas wees om te sien met hoe min arbeiders hul kan klaarkom as hulle moet. Ek het dit al ondervind.

M A ·

Dis n skreiende skande dat privaat mense moes water en voer aanry vir boere en dorpe terwyl die regering nie n vinger gelig het om te help nie. Sies! Waar kom hierdie vrou aan “droogtehulp”? Ek is so trots op ons mense wat kans gesien het om ander in nood te help.

My bydrae ·

Skenkings is deur privaat persone en besighede gemaak om boere in noid te help. Mense het gegee wat hul kon – geen kleurgrens – hulp is aan verskeie boere én plaaswerkers verleen asook die troeteldiere op die plase. Dít is wat omgee en saamstaan beteken. Die regering se stilswye was oorverdowend. Waar kom Oliphant daaraan dat die regering droogtehulp verleen het? Sy moet die bewyse voorlê…..As daar droogtehulp bewillig is aan boere is dit heelwaarskynlik dalk per ongeluk aan verkeerde persone uitbetaal?

Gerrie ·

Laat sy haar wilde veralgemening bewys. Kom gerus en vra ons arbeiders of hulle die minimum loon betaal word. Hoop sy is bereid om hulle antwoorde te publiseer en in die openbaar aan boere verskoning te vra.

Liesbet ·

Ek lees hier onder aan dat die kern van Maroela Media ‘n Christelike karakter het. Daarom kan mens aanneem dat die kommentaar lewers hul moontlik sal assosieer met Christelike beginsels. Ek glo Suid
Afrikaanse boere is finansieel kundig en spaar in die goeie jare om hulself en hul arbeiders in die maer jare deur te dra. ‘n Gesindheid van jammer ons kan jul nie betaal nie want daar is ‘n droogte is nie ‘n voldoende verskoning nie. Ek wil glo die Boere het integriteit en hul Christelike gewete sal hul die regte ding laat doen. ten opsigte van hul werkers.

Sarie ·

Moenie ‘n koei beledig nie sy is nuttig en gee melk meer as van hierdie individu gesê kan word.

Johan Steyn ·

Wat van die regering betaal my wanneer ek hulle paaie moet herstel, hulle heinings langs openbare paaie onderhou, brandbane langs openbare paaie en spoorlyne maak, die SAPD help om hulle polisiëringswerk te doen. Wanneer ek ‘n aansienlike bedrag moet betaal om my werf in ‘n fort te omskep, of alternatiewe krag te installeer omdat Eskom nie deurlopend krag kan voorsien nie, ondanks aanhoudende tariefverhogings.

Die sosiale kontrak tussen die staat en die burgery is lankal gebreek. Ek is geensins verder verplig om aan enige van hulle nonsens te voldoen nie.

Dirk ·

Versoek is altyd beter as waarsku. Maar dis verkiesingsjaar wat uitsprake beìnvloed. Ek meen egter dat selfs polities sou versoek beter wees.

GES ·

Ek dink die beste plek om te begin met die inspeksies is op die plase van anc ministers. Hulle moet sommer die DBV ook saam neem.

Raymond ·

My ouma se huishulp was ook Liesbet!! Kan jy spaar as jy nou ń kleiner salaris kry as vyf jaar terug. My mense kry minimum loon en meer. Hulle lewensstandaard raak nie beter nie hulle drink net meer. Gaan kyk wat is suid-wes se loon

Johannes Meintjes ·

“Goei politiek” inderdaad! Maar vrot ekonomiese redenasie. Ek het self op grondvlak verneem hoeveel “droogtehulp” is al toegeken en hoe bitter min daarvan uitkom by die mense of redes waarvoor dit kwansuis bestem is. Moontlik nog ‘n saak vir deeglike ondersoek teen ‘n onbekwame regering.

Frederik ·

Die persgesig galbrakery op US kom dalk van Me Olifant af!!

Jan maak n plan ·

Ja maar sy praat dit wat onder n koei se stert uit kom.

Koos ·

Om boere te dreig is net so gevaarlik soos om met n kort stokkie in n leeu se agterent te krap

Joann ·

Liesbet kom by. Of is jy ook deel van die wat boere sien as ondergeskiktes.

Dirk ·

Ons is nou twee met naam Dirk wat kommentaar lewer. Ek sal dus in toekoms my naam kwalifiseer. Liefdegroete van huis tot huis. Dirk. Voortaan ‘Dirk Kroonstad’.

hans ·

Vertrou LP sal paslikie vrae in parlement vra oor hoeveel inspeksies op swart boere se plase uitgevoer is en of daar ten volle aan regulasies voldoen is.

EB ·

Dit wil my voorkom dat die mense (massas) in die land hulle blind staar vir hoe sleg dinge regtig in ons land gaan. Die feit dat ons land met ñ stink spoed afdraand snel is bokant hul begrips vermoë. Hulle sien die druppeltjies wat die geld kraantjie nog so spoeg-spoeg uitsukkel as tekens van groter dinge om te kom en herken nie dit as die laaste doods stuiptrekings wat dit is nie. Binnekort gaan 10j terug se “arm loon” lyk soos ryksmans lone want iets is beter as niks en dis presies wat hulle mee gaan sit. Niks…..

Piet Piper ·

Ja, ou Mildred, net in Suid Afrika word minimum lone opgedwing deur die wankelende ANC regering………Zimbabwe bv. het nie eers werk-geleenthede en witboere meer oor, vir wie mal Mugabe kan dwing om minimum lone te betaal……………..en het jy geweet………in Afrika-lande bokant Suid Afrika was nooit ‘”apartheid”……………en in die meeste Afrika lande heers chaos, wetteloosheid, oorlog, korrupsie, armoede en vergrype van Despote wat aan bewind is. Onbevoegde wesens wat hul eie mense na hongersnood afgronde lei……en te onnosel is om dit te besef.

Veritas ·

Dagsê Piet Piper. Die ‘onbevoegde despote’ waarna jy verwys, is gladnie so onbevoeg nie. Inteendeel, hulle is bewus van die ekonomiese nadele wat ‘n groot bevolkingsaanwas meebring. Hier by ons is die omgekeerde waar en met goeie rede. Die regerende party is deeglik bewus daarvan dat ‘n arm, ongeletterde bevolking, hulle tot voordeel strek wanneer dit by stemtyd kom. Geen daadwerklike poging word, deur die regering, aangewend om die ekonomie te stimuleer nie. ‘n Sterk ekonomie beteken meer werksgeleenthede en sodoende minder afhanklikheid van die regering se welsynstoelae. Dit weer, lei tot afvalligheid wanneer daar gestem moet word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.