Minister waarsku oor spanning rondom buitelanders

Die polisie beheer die xenofobie in Durban se middestad (14 April 2015) Foto: @ECR_Newswatch, Twitter

Die polisie beheer die xenofobie in Durban se middestad (14 April 2015) Foto: @ECR_Newswatch, Twitter

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het Donderdag gewaarsku teen die spanning wat tussen Suid-Afrikaners en buitelanders opbou en gesê polisiebeamptes is ontplooi in plekke waar geweld uitgebreek het.

Hy het gepraat in aanloop tot die beplande optog teen buitelanders, wat die Mamelodi Residents Trust Vrydag hou. “Xenofobiese geweld hou geen progressiewe en volhoubare oorwinning in nie. Opportuniste wat aan die geweld deelneem, doen afbreuk aan die menslike samelewing waarvoor ons lank baklei het. Hoewel ʼn meer gematigde benadering sekerlik nie die gewildste uitweg is nie, glo ek dit is die regte ding om te doen,” het Gigaba gesê.

Gigaba het gesê hy het verlede week met die Mamelodi Residents Trust vergader om na hul besware te luister en ʼn beroep op hulle gedoen om hulle van geweld teen buitelanders te weerhou. “Ons moet op ʼn menslike en wettige manier optree, terwyl ons steeds die wesenlike frustrasies van gemeenskappe in ag neem. Humeure sal net lei tot geweld en ander onwettige optrede.”

Hy het gesê die immigrasie-uitdagings wat Suid-Afrika ervaar is nie uniek nie. “Baie lande sukkel met teen-immigrantgevoelens,” het hy gesê.

'n Vredesoptog teen xenofobie wat in 2015 in Durban gehou is. Foto: Verskaf

‘n Vredesoptog teen xenofobie wat in 2015 in Durban gehou is. Foto: Verskaf

Inwoners van Rosettenville het twee weke gelede huise aan die brand gesteek wat vermoedelik aan buitelanders behoort, wat bordele en dwelmhuise bedryf. Soortgelyke geweld het ʼn week later in Pretoria uitgebreek, toe talle buitelanders se winkels in Mamelodi en Atteridgeville geplunder is.

“Ons demokrasie verskans ons swaarverdiende menseregte. Ons is eerstens en belangrikste mense. Hierdie werklikheid kan nie ontken word net weens jou land van herkoms of die dokumente wat jy besit of nie besit nie.”

Gigaba het gesê die ongelukkigheid van die gemeenskapslede wat Vrydag aan die optog deelneem, hou verband met mededinging met buitelanders vir werksgeleenthede, toegang tot ekonomiese geleenthede en beweerde onwettige bedrywighede waarby buitelanders betrokke is.

“Ons het alle veiligheidsbeamptes opdrag gegee om Vrydag sigbaar te wees en wetteloosheid objektief te hanteer, ongeag of die oortreder ʼn Suid-Afrikaner of ʼn buitelander is,” het hy gesê.

“Die oproep vir verantwoordelike optrede is ook met sakeondernemings in die land gedeel. Die sakesektor is ʼn kritiese vennoot in ons pogings om teen-immigrantgevoelens te bestuur en daar word meer van ondernemings verwag.” Hy het gesê dit is noodsaaklik dat ondernemings aan Suid-Afrika se arbeids- en immigrasiewetgewing voldoen.

Pakistan het intussen gesê die land sal veiligheid vir sy burgers verskaf wat aan ʼn alternatiewe teen-xenofobie optog wil deelneem, wat ook vir Vrydag in Pretoria beplan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

AC ·

Was dit nie 4 buitelanders wat die Balfour plaasaanval uitgevoer het en 4 mense vermoor het nie? Dit veroorsaak rasse haat tussen Suid Afrika sw burgers. Ek dink ons land se mense is moeg vir buitelanders.

Gielie Hill ·

Dis presies dieselfde probleem wat Trump in die VSA besig om op te los. Hier is eenvoudig nie grensbeheer nie. Die infrastruktuur kan nie die massa buitelanders hanteer nie. Die ANC is direk verantwoordelik vir xenofobia weens hulle swak grensbeheer.

mel ·

Johan ek stem saam. Jy moet sien hoe gaan dit in Swede en Parys Frankryk en Trump wil keer dat dit in Amerika gebeur maar kry die wind van alle kante af. Ek wens ons het n Trump gehad. Hierdie uitlanders by ons hoort nie hier nie. Zuma en kie gee nie om nie want hulle stem vir die gespuis. Daar gaan nog duisende hiernatoe instroom. Wag maar en sien. Dit gaan kom.

Flibo ·

En so word ons wit mense vermoor. Deur buitelanders. En Zuma sit net en lag.

N Lourens ·

Gielie Hill ek stem saam Pres.Trump verdien respek en agting.Sê my wat is daarmee verkeerd om jou eie te beskerm.??
Elke land het beperkte hulpbronne soos grond en water en arbeidsvraagstukke ens.Die VN moet e NATO moet aandag gee aan swak regerings in die werêld – dit is hkm daar imigrasie plaasvind en daarom die vlugtelinge!

vermeende ·

Die agbare minister probeer die blaam na die publiek skuif. Sy party wenk nie n poging aan om verbode immegrasie te stop nie, self so ver gegaan om hulle ongedokumeteerde immegrante te noem.
Hierdie is n unieke immegrasie uitdaging. SA is seker die enigste land wat immigrante in nooi ten koste van sy burgers.

Geen simpatie met hom en sy uitdagings nie, die groepe moet maar in mekaar vlieg. Die swart burgers stem vir die ANC en sy oop grens beleid, so kry maar vir julle.

Al wat ek wil weet, hoe laat begin die skouspel more?

Nico K ·

Julle kan darem maar nonsens praat. Die ANC sal nie immigrante invoer nie. Die swart bevolking hou net so min van hulle. En om te sê hulle is vir kriminele dade veroorsaak is ‘n veralgemening. Die meeste moorde word deur SA burgers gepleeg. Glo julle werklik dat alle “crime” gaan ophou in SA as daar geen vreemdelinge is nie. Persoonlik glo ek, en talle mense wat jare in Zimbawe gewoon het het dit vir my vertel, dat daar nooit so groot haat van swartes teen blankes in Zim was nie. Buitendien hierdie mense vlug van ‘n land waar hulle gesien het wat doen ‘n swart president aan ‘n land. Natuurlik is hulle honger aangesien hulle geen kos het om te eet nie en is diefstal ‘n opsie. Maar om alle skuld op vreemdelinge pak is belaglik. En om te beweer dit was soveel beter in die ou dae is ook nie waar nie. In die 80’s het hier honderdduisende onwettige vreemdelinge die land ingekom. Ons grense is net te groot. Mens kan nie orals keer nie. (Trump sal dit ook nog uitvind.) En buitendien ons eie mense gee werk vir Zimbabweërs want meestal is hulle baie beter werkers.

Jane ·

Dit is so TIPIES~ Zuma en die Polisie is meer bekommerd oor die ONWETTIGE IMMIGRANTE in hierdie land as wat hulle oor die boere wat kos verskaf en belasting betaal is. Nou is almal bang vir die Suid Afrikaners se veiligheid in Nigerie? Suid Afrikaners wat ek ken wat in Nigerie werk, is LEGALLY daar, maar dit word nou opgemeet teen die ONWETTIGE IMMIGRANTE in SA wat hulle besig hou met prostitusie en DWELMS?? Dankie Zuma ons as Suid Afrikaners weet nou waar lê jou lojaliteit. Nooit het iemand gese hulle is teen buitelanders in SA nie, maar teen ONWETTIGE immigrante wat hulle met KRIMINELE dade besighou. Ek sien dit is waar jou simpatie lê, nog nie EENKEER het jy die boere gaan sien of gesê jy keur die aanvalle AF nie. Ten minste weet ons nou!!

Geskokte Suid Afrikaner ·

As jy ONWETTIG in ‘n land is moet jy UIT. End of Story. Ek kan myself nie net in ‘n ander land net vestig en van hulle hospitale en ander fasiliteite gebruik maak EN myself nog skuldig aan kriminele dade maak en verwag daardie land moet my beskerm nie. Kan nie GLO dat dit van Suid Afrika verwag word EN dat die regering dit toelaat nie. MAW onwettige immigrante wat hulleself skuldig maak aan kriminele dade het MEER regte in hierdie land en geniet meer beskerming as die wetsgehoorsame burgers wat belasting betaal. Die polisie kom nie by al die plaasmoorde uit nie, maar hulle moet nou onwettige immigrante se eindom gaan oppas? Nice going there Zuma en Kie!

Caylum ·

Pakistanis wat in SA wil betoog teen xenofobia. My wereld hoor . die Pakistanis en Nigeriers het meer regte as die boere. As die boere waag om op te trek word dit as ‘n onwettige protesoptog gesien en almal word verjaag en gedreig, ek onthou ‘n paar jaar gelede wat hulle met karavane en sleepwaens op ‘n hoofweg opgetrek het, en hulle soos honde verjaag is. Maar Pakistanis en Nigeriers het die reg om hier te kom betoog en kriminele dade pleeg en die MINISTER bekommer homself oor hulle veiligheid? Dit is tog te vreemd dat ons as blanke landsburgers GEEN regte het nie, maar die kriminele kan hulle op die reg beroep. Dit noem jy ‘n PIESANGREPUBLIEK>

Landi Maree ·

Cylum ek stem saam met jou
Ja as di onwettiges terug gejaag word sal ons mense werk he. Daar is baie wat vie daardi minimum loon n selfs minder salbwerk
Dis mos greieflik om di uitlanders in diens te neem want hulle kla ni
Nee ons moet saam staan en hulle uit sryf dan sal hier minder moord en roof wees

broos ·

niemand het ‘n probleem met buitelanders wat WETTIGLIK in die land is nie, die probleem is met die ONWETTIGE immigrante wat toustaan vir ONS behuising, toelae, medies, education etc etc…..wanneer gaan die klomp slimkoppe dit ooit klein kry????

William Atkinson ·

Vir Eenkeer in my lewe stem ek saam met die betogers vandag
As ons na die plaasaanvalle kyk is dit 80% buitelanders………so al wat ons blankes moes gereel het vandag is om saam te kan betoog……….en hulle help om die goed uit ons land te kry dan sit ons met net 20% aavalle wat ons binnehuis sommer self kan oplos

SE MAAR NET

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.