Minister waarsku restaurante wat regulasies oortree

(Argieffoto: Unsplash)

Die minster van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, het restaurante wat nie die regulasies van vlak 2 van die afsonderingstydperk nakom nie, gewaarsku dat voortgesette oortredings kan lei tot die herroeping van sekere toegewings wat aan die bedryf gemaak is.

Vlak 2 van die afsonderingsregulasies het op 17 Augustus in werking getree. Op hierdie vlak is byna alle beperkings opgehef sodat ekonomiese bedrywighede, met die nodige gesondheidsprotokolle en veiligheidsmaatreëls, hervat kan word.

Die verbod op interprovinsiale reise, ook vir ontspanning, is onder meer opgehef. Restaurante en kroeë mag bedryf word kragtens goedgekeurde protokol en slegs tydens sekere tye en met ʼn beperking op die getal mense, die verbod op die verkope van alkohol is opgehef en alkohol mag tot 22:00 op die perseel by gelisensieerde instansies genuttig word.

Volgens die minister het die departement egter talle klagte van “gewone wetsgehoorsame burgers, ander operateurs en werkers” ontvang oor restaurante wat die regulasies verontagsaam.

“Die gebruik om regulasies, direktiewe en protokolle te verontagsaam sluit in restaurante wat ná die aandklokreël steeds sake doen, die toelaat van wegneem-alkohol, geen sosiale afstandhandhawing nie en maskers wat nie ingevolge wetgewing gedra word nie,” het Kubayi-Ngubane gesê.

“Dit stel nie net die ondernemings se lisensies in gevaar nie, maar ook die veiligheid van lojale klante en toegewyde werkers.”

Volgens die minister het sy Dinsdag aan restaurateurs geskryf en ʼn beroep op hul samewerking in hierdie verband gedoen.

“Die bedryf kan nie bekostig dat die vooruitgang wat reeds gemaak is omgekeer word nie. Dit sal ʼn verwoestende uitwerking op die herstel van die bedryf hê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Harry ·

Sooooo minister wat net sekeres finansieel help. Wat moet hierdie sakemanne doen? Tyd om aan te beweeg. Hulle het lank genoeg swaar gekry terwyl julle salaris gekry het.

Michael ·

Ja nee, die kommunisme begin nou goed posvat waar burgers mekaar verklik by die kommunistiese regering-diegene gaan nog lang trane huil wanneer al meer regte weggeneem word. Al die regulasies verhoed abs niks en red abs geen lewens nie. Dis alles bog, mense moet tog maar vir hulself begin dink

Albert Willem ·

Ja en ek waarborg jou die is ons eie mense wat verkla.

Anel ·

Nou minister, vertel jy vir ons hoe eet en drink jy met masker op?

Jan ·

Dis hoog tyd dat alle perke opgehef word aangesien géén van die teen-covid maatreëls aldus die gesaghebbende https://www.pandata.org.za/ in enige land ter wêreld ‘n wesenlike verskil aan die verspreiding of impak van covid-19 gemaak het of maak nie.

Oomniklaassevriend ·

@ Jan jy is 100% korrek. Hierdie is net nog ‘n poging om die skyn te bewaar dat Covid -19 soooo gevaarlik is en dat die regering nie hopeloos oorgereageer het nie.

Jacobus ·

So word daar nuwe rekords van stupidity oortref. Net mense wat ‘n bestaan probeer maak. Wil nie graag rasse ding daarvan maak nie, maar kan sý of een van haar mede magsbeheptes ook sjebeens in townships en klein dorpies ook besoek.

Jack ·

Die maklikste manier om n paar te straf is wysig die toegewing want dis nie jou reg om besigheid te doen nie. Hoekom nie net die oortreders straf nie of weet hulle nie wie dit is nie. So tipies ons regering. Skiet met n haelgeweer.

Veronika ·

Julle hou julle op met nonsens (glo my ek wou eintlik ‘n ander woord gebruik!) ipv gee jul aandag aan waar dit nodig is – soos die plaasmoorde!! Tsk!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.