Minister weier om te bedank ná renoster-bewerings

'n Skermskoot uit die Al Jazeera-dokumentêr van die foto van David Mahlobo, die minister van staatsveiligheid, en Guan Jiang Guang, ʼn beweerde Chinese renosterhoringsmokkelaar.

‘n Skermskoot uit die Al Jazeera-dokumentêr van die foto van David Mahlobo, die minister van staatsveiligheid, en Guan Jiang Guang, ʼn beweerde Chinese renosterhoringsmokkelaar.

David Mahlobo, minister van staatsveiligheid, het Woensdag aan LP’s gesê hy gaan nie uit sy pos bedank oor bewerings dat hy met ʼn beweerde Chinese renosterhoringsmokkelaar verbind word nie.

“Met alle respek, ek gaan nie bedank nie. Ek is nog nooit skuldig bevind nie,” het Mahlobo gesê toe hy reageer het op vra in die nasionale vergadering oor bewerings in ʼn Al Jazeera-berig dat Guan Jiang Guang gespog het oor sy vriendskap met die minister. Mahlobo het gesê dit is vals. Hy het nie ontken dat hy die Mbombela Spa van Guan besoek het nie, maar beweer hy het nie geweet wie is die eienaar nie.

Hy het gesê hy het na die polisie in Mpumalanga gegaan om die bewerings te ondersoek. “Ek is nie bo die wet verhewe nie,” het hy gesê. Mahlobo het gesê hy sal homself vir ʼn ondersoek beskikbaar stel, sodat ʼn poging, om sy naam te skend, nie sal slaag nie. “Julle weet ek glo leuens het kort beentjies.”

Molapi Plouamma, LP van Agang SA, het aan Mahlobo gesê, wanneer hy die minister sien, kan hy nie help om in sy geestesoog te sien hoe ʼn renoster doodgemaak word terwyl die minister sindikate omhels nie. “Eerbare minister, dink jy nie jy is ʼn bedreiging vir veiligheid nie? Wil jy nie spesiale verlof neem totdat jou naam skoon is nie, as jy enige morele kompas het?”

Mahlobo het egter aan Plouamma gesê: “As jy dink jy het bewyse, moet asseblief nie medepligtig wees nie. Staan die polisie by, bring die bewyse, ons sal hierdie saak tot finaliteit bring.”

Lees alle vorige berigte oor David Mahlobo op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

thelsa ·

Natuurlik sal die man nie bedank nie. Dit was dan nog nooit die kultuur in hierdie land nie. Ons wag vir ‘n sak volgeld wat in die hand gestop gaan word voordat ons pad vat. So gaan die korrupsie aan want ons het ‘n goeie voorbeeld an ‘n slegte voorbeeld in onse Oompie Zoempie.
Klomp patete !!!

Simon ·

Renosterstroop is deur niemand anders as Zuma beskrywing as n be dreiging van Nasional sekuriteit.

David Mhlopo is die Minister vir Staatsveiligheid.

As Minister is dit sy taak dat hy kennis te dra van almal wat n bedreiging v Staatsveiligheid is. (Hy mag dalk nie bewyse besit vir suksesvolle aanklagte nie).

As hy nie weet dat Guan Jiang Guan n self erkende smokkelaar is nie en met hom bevriend is, is dit n duidelike bewys van onbevoegtheid in sy amp.
Hoe kan hy in n demokratiese staat dan nog aan bly met sulke aantygings teen hom. Waar daar n rokie is, is daar tog n vuurtjie

Will i am ·

Ek wil ook minister word fo ceo. As jy nie in shebeen is nie lê jy by ń spa. Lekker werk die

Gerd Lourens ·

Hy was maar net besig met ‘n “deep undercover” ondersoek na die Sjinees se bedrywighede…

Theresa ·

Word mense nie meer gekeur in Veiligheidsdienste nie? Geen manier wat ‘n man in die minister se pos of laer met ‘n smokkelaar van enige aard mag kontak hê nie, wat nog van pêlle wees! Hier is geen logika in die land oor nie.

Uys ·

Mnr, is daar nie n Spa wat nader aan jou huis is wat jy kan besoek nie. Ons as belasting betaler sal dan nie ń bloulig gevolg ten duurste moet betaal vir jou vermaak nie.
Jul reis mos met ń groot gejuug en faam.
Almal op die pad moet mos kennis dra as een van jul verby kom.
Jy kan dit nie eers in die geheim doen nie.

GES ·

Hy sal nie bedank nie. Hy is mos “onskuldig” tot hy skuldig bewys word. Die hofsaak gaan oor jare uitgerek word en hy gaan volle vergoeding met byvoordele en “byvoordele” ontvang. Teen die tyd dat hy uiteindelik miskien skuldig bevind word, kan niemand meer onthou hoe het ‘n renoster gelyk het nie.

Lance ·

Die anc is n groot mislukking …skandes op skandes …met geen gevolge …SA se ondergang !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.