Minister wil AfriForum ‘isoleer’ van grondkwessie

Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye. Foto: Flickr/GovZA

Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, het Dinsdag gesê die burgerregte-organisasie AfriForum moet “geïsoleer” word van die kwessie rakende onteiening sonder vergoeding.

Dit kom nadat AfriForum die afgelope naweek ʼn lys bekendgemaak het van plase, kleinhoewes en erwe wat na bewering deur die regering geoormerk is om as deel van ʼn “toetssaak” sonder vergoeding onteien te word.

Zokwana het Agri SA in ʼn verklaring geloof vir hul veroordeling van AfriForum oor die bekendmaking van die lys. “AfriForum is so vasbeslote om die huidige parlementêre proses rakende grondonteiening sonder vergoeding te stigmatiseer dat leuens, soos bewerings dat daar ʼn lys van plase bestaan wat deur die regering onteien gaan word, sonder skaamte versprei word,” het hy gesê.

“Hierdie jongste verwarring wat deur AfriForum geskep word, en wat volg op hul oorsese veldtog om negatiewe gevoelens teenoor Suid-Afrika aan te wakker, is ʼn vorm van sabotasie. Dit is doelbewuste optrede teen die nasionale belang van die land.”

Zokwana het ʼn beroep op alle landbou-organisasies gedoen om “soos Agri SA” saam met die regering te werk tydens die parlementêre proses oor onteiening sonder vergoeding. “Ons moet AfriForum in hierdie opsig heeltemal isoleer as ʼn organisasie wat hoegenaamd waarde tot die kwessie kan toevoeg,” het hy gesê.

“As die regering wil ons beklemtoon dat die wysiging van artikel 25 van die grondwet en die grondhervormingsproses nie voedselsekuriteit en die landbousektor as bydraer tot ons ekonomie sal ondermyn nie. Ons stel die publiek gerus dat die regering die proses omsigtig sal hanteer met al die faktore in gedagte.”

Maroela Media het vroeër berig Dan Kriek, president van Agri SA, het Maandag teen AfriForum uitgevaar oor die bekendmaking van die lys en gesê die organisasie saai paniek onder grondeienaars. Kriek het ook aangevoer die lys wat deur AfriForum bekendgemaak is, is vals en dat AfriForum onverantwoordelik opgetree het deur onbevestigde inligting aan die publiek bekend te maak.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het in reaksie hierop gesê Agri SA se kritiek is misplaas en die organisasie moet eerder die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming kritiseer omdat hulle nie oop kaarte oor die onteieningsproses wil speel nie. Roets meen dit sal onverantwoordelik van AfriForum wees om nié die lys bekend te maak nie en dat grondeienaars die reg het om hulself behoorlik voor te berei vir enige moontlike hofgedinge wat hieruit kan spruit.

AfriForum sal Dinsdagmiddag in samewerking met TLU SA en Sakeliga ʼn mediakonferensie hou waar hulle meer bekend sal maak oor gesamentlike optrede wat die organisasies teen die regerende party se planne vir onteiening sonder vergoeding beoog. Hou Maroela Media dop vir meer hieroor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

Celtis Africana ·

Die minderhede is al n kwarteeu geïsoleer in die gryptokrasie.
Afriforum sal steeds voortstu te midde van isolasie.
Dit sal wonderlik wees om te behoort aan die eerste verbode organisasie van die parrapot!
Doet zoo voort Afriforum!

Stem SA ·

Ek stem saam. Afriforum jou doring, my geld word goed spandeer. Gooi kole.

Carel ·

Minister dis nie in nasionale belang om jou burgers se grond after te need en vir anders burgers te gee nie – dis diefsral

Trekker ·

HOEKOM? omdat hulle julle uitgevang het? Julle het gese dit proses gaan TRANSPARENT wees wat dit toe nie was nie. VAN wanneer af kan julle burgerregte organisasies ISOLEER van ‘n grondkwessie? Hulle verteenwoordig BAIE boere, so wie is jy om dit te wil doen? Hoekom isoleer julle nie die EFF van die grondkwessie nie?? JULLE wil die boere stoomroller en AFRIFORUM sal dit nie toelaat nie …

Jan Gunter ·

Probeer laat ons sien. Jy gaan vir jou ñ perd opsaal wat jy nie sal ry nie

Shereen ·

JANEE nou kom AGRI SA se regte kleure te voorskyn, mens kan nou sien met wie hy wil onderhandel, ons kan nou sien wie almal onder EEN KOMBERS le. Mos maklik om te onderhandel met mense wat jou nie teestaan nie. DIE LYS BESTAAN en julle het self gese daar is ‘n lys … HOEKOM maak julle nou asof Afriforum jok?

Al ·

Ag siestog! Wie saboteer wie? Die ANC saboteer die ekonomie al vir baie jare.
Benoude katte maak benoude spronge

Vryheid ·

Kan en sal nooit die regering vertrou nie. Their track record speaks for itself!!

Hanna Hoekom ·

Ek wonder wat rook die betrokke minister? Moet iets baie sterk wees… Of dink hy regtig alle Suid Afrikaners is so onnosel soos die ANC en EFF ondersteuners? Hoe op dees aarde wil jy produktiewe grond onteien, n klomp plakkers daarop huisves en nie die ekonomie en/ of voedselsekuriteit van jou reeds toilet-status land benadeel nie? Die Rand val reeds is sy glory in en ook dit word nie erken nie, maar eerder op verre lande geblameer. Komaan, ons is nogals nie so stupid nie! Vertel maar daai stories vir jou ondersteuners.

Tiaan ·

Na berigte het Mnr Ronald Lamola gese dat die regering reeds 139 ‘expropriation targets’ gekies het na die ANC mandaat. Nou sê die minister dat daar nie so ‘n lys bestaan nie. Watse twak gaan hier aan!

marius ·

Die lys bestaan sonder twyfel en daar is lankal reeds begin om die lys baie noukeurig saam te stel. Agri SA gaan nog hul woorde sluk… Die regering het mos al telkemaal gewys jy kan hul nie vertrou of glo oor enige saak.

Anoniem ·

Mnr. Roets, ons ondersteun Julle Dan Kriek het sy eie agenda (hoeveel plase is hy belowe)! En ons Liewe Minister van Landbou weet nie hoe moeilik dit is om iemand te isoleer nie, juis het dit die teenoorgestelde uitwerking ‘ Skielik kom die boosheid na die LIG toe ! ??

Boer ·

Agri SA….dit was die laaste strooi!
Het so pas my jare lange lidmaatskap by julle beïndig

Stem ·

Ek is met jou en ek sal voorstel almal doen dit. Isoleer agri SA!

Lana ·

marius, geskiedenis het ons gewys dat dit ook nie die eerste keer sal wees dat Agri SA hul woorde moet sluk nie!

Snowball ·

Natuuurlik sal dit julle uitstekend pas as julle Afriforum kan is isoleer en heeltemal kan uitskakel, want dan kan julle voortwerk met julle duister planne om minderheidsgeoepe verder te vervreem en boere se plase te onteien; só sal julle populistiese gegil oor “our people” se regte, alle ander stemme uitdoof en die onreg seëvier. Goeie plan Zokwana, met Agri SA aan julle sy, lyk julle amper asof julle geloofwaardigheid het en asof grondonteiening sowaar in nasionale belang gaan gebeur. Gelukkig het mense verstand en sien deur hierdie fasade…

christa ·

is hulle nou ontstoke omrede Afriforum iets beethet wat hulle wou verberg?

Technik ·

Die minister praat soortvan die waarheid. Dis duidelik uit aanvanklike berigte dat die regering NIE die landbousektor in die begin as teiken het nie, maar wel die minerale regte.

Allan ·

@Technik – ek weet nie of jy weet nie maar die regering BESIT REEDS ALLE mineraleregte, vir jare al, maw hoe kan hulle die mineraleregte teiken as hulle dit reeds besit?

Dit is ALLE grond en ALLE bates, punt

Lana ·

Technik, hoe de dinges werk jou kop?
As hulle jou plaas vat, maak die rede daarvoor nie saak nie. Of hulle nou wil probeer boer, myn of plak.
Waaroor dit hier gaan, is die feit dat dit verkeerd is om enige eiendom van ‘n wettige eienaar te onteien.

Technik ·

Ai, dat mens moet verduidelik. ‘n Sarkastiese verwysing of mens die minister se uitlatings kan glo, aldan nie.

HP ·

@Ronnie: May I welcome you to our future? We live for the future

Thinus Erasmus ·

Ag hoe lekker kry hy nie dat AgriSA vir Afriforum so kaal vuis oor die kole haal nie en hoe bly is hy nie oor hul blindelingse lojaliteit nie!
Kan ek net die agbare Min. vra hoekom hy nie City Press wil isoleer nie want hulle het die storie gebreek, en sy eie Zizi Kodwa het die bestaan daarvan bekend gemaak.
Wie kan nie sien dat die ANC julle speel soos ‘n “puppet on a string” nie AgriSA?

Joe ·

so…die waarheid in die buiteland is sabotasie, maar om die N1 te versper, karre met klippe te gooi, trokke te brand, kabel diefstal en en en en is nie sabotasie nie?

Anoniem ·

10 uit 10 Mnr Roets en dankie vir sulke flinke optrede ! Daar sal nog lyste wees !

HP ·

Hoekom nie dieselfde reaksie oor die roiibaadjies nie?

Vreemde ding die

Andre ·

Hoe kan daar verwag word dat n persoon sy samewerking gee aan n proses om grond beslag op te le sonder vergoeding as jy in die proses so jou eie grond kan verloor? Die Regering vra samewerking vir iets waarvan die proses nog nie eens bekend gemaak is nie. Klink vir my na die teken van n blanko tjek.

willie ·

Jy word geken aan jou vriende! Agri SA hierdie ANC minister loof julle dan moet jy weet op watter dwaal pad van verraad is julle!

Snowball ·

So waar! Die Japanese gesegde wat lui: “When the character of a man is not clear to you, look at his friends.” klink vir my reg!

Anoniem ·

Mooi Afriforum julle moet aanhou om die ANC / EFF met julle optrede teen grondgrype te irriteer.

Penellope Jones ·

Dis ln welbekende kenmerk van die ANC – alles vir hulself, alles in geheimhouding, alles agter geslote deure.

Msp ·

Hier praat ek nie nou van die SAPD nie…hoekom lewer die regering geen kommentaar en veroordeel dit as grondgrype plaasvind nie, soos Ramaposa dit al genoem het is ons nou almal in die pot en die water begin kook. Hulle is nou besig om die minderheidsgroepe stelselmatig gewoond te maak en te sien wat ons reaksie gaan wees, as hulle sien dat daar geen ernstige reaksie of weerstand gebied word nie dan was mnr Ramaposa mos reg en gee dit hulle die groenlig om aan te gaan met hul diefstal. AfriForm is nie een van daai “paddas” wat stelselmatig gewoond aan die hutte raak nie en hou ons op hoogte van elke verandering wat in die pot aangaan en dit kan die eff/anc nie hanteer nie. Ons as minderheidsgroepe moet paraat wees en aansluit by AfriForm en Solidariteit om so doende hulle te ondersteun. Hier praat ek nie net van Blankes nie maar ook van Indiers, bruinmense en regdenkende swartmense. Maar net my siening.

koos1 ·

In Zim is die bevolking ook belowe dat voedsel sekuriteit nie geraak sou word nie. Dit was in die 80’e jare. En wat gebeur toe?

Piet ·

My lidmaatskap by agrisa is sopas gekanselleer. Ek wou dit al lankal beëindig het.dit is nou net die laaste strooi

HB ·

Hierdie sogenaamde saam werkery met die regering om jou eie ondergang te bewerkstellig is onsin, staan die regering en enige ander organisasie wat hierdie diefstal van eiendom goedkeur agressief tee. In die selfde asem moet Tim du Plessis en KykNet wat die afrikaners nog steeds probeer beinvloed in hulle programme om maar net alles te aanvaar ook tee gestaan word.

Wim ·

Agri Sa selfde as Zimbabwe Famers Union en waar sit hulle vandag? Bly weg van n organiesasie wat uit dieselfde mond as die anc praat. Agri Sa is net daar om die boere te verdeel en n linkse teenvoeter vir TLU . Gaan kyk maar na hulle uitsprake en praat bitter min oor plaasmoorde. Jammer ek vertrou hulle glad nie.

Jaco ·

Die kommuniste het ook almal wat nie met hulle standpunte saamstem ge-elimineer.

Klink bekend.

Frans C ·

Samewerking het ‘n vloekwoord geword,want soos in rugby wil elke haan op sy eie mishoop kraai.Die enigste verskil is is die grootte van die mishope.

danie * ·

Oom siener van rensburg – is DIT die mense wat teen ons draai?

Willem van der Merwe ·

Die enigste les wat ons uit die geskiedenis leer is dat ons nie lesse uit die geskiedenis leer nie!

De Villiers ·

Afriforum probeer doen wat die regering wil verswyg, en dan wil Agri SA hulle nog daarby veroordeel. Dis juis omdat die ANC nie oop kaarte met die land se mense wil speel nie dat sulke goed gebeur. Omdat mense in die duister gehou word oor hoe die ANC se grondonteiening presies gaan werk, en watter grond ter sprake is, skep hulle ‘n ideale klimaat waar organisasies soos Afriforum sulke lyste sal plaas, en waarom mense sommer dink hulle kan nou enige stuk grond net beset. Agri SA was nog altyd liberaal en meer aan die ANC se kant as die Afrikaners s’n, dus verbaas hul uitlatings my nie. Ek wonder wat sê dié klomp nou wat so positief was toe Ramaphosa president geword het?

Grysburger Pretoria ·

Agri SA gaan na my mening een van die ANC se grootste vennote word in die onteiening sonder vergoeding sage. In die hoop dat sommige van hul lede gespaar sal bly gaan hulle diegene wie se grond geoormerk is vir onteiening versaak met allerhande mooi broodjies wat gebak gaan word om die kleptokrasie tevrede te stel. Die Kapo’s van ons tyd. (‘n Kapo of Kamppolizei was ‘n groter en sterker gevangene in die Nazi doodskampe. Hulle is deur die SS beloon met ekstra rantsoene en het dan hulle mede-gevangenes in toom gehou, wrede strawwe help uitdeel en gehelp om mans, vrouens en kinders in die gaskamers in te dwing. Na ‘n vergassing en verassing het hulle dan dele vd liggame wat nie heeltemal verbrand het nie, bv skedels, fyner geslaan om te help om die Nazi’s se vergrype te verbloem). In enige stryd tussen ‘n onderdrukkende regime wat naderhand op volksmoord uitloop is daar gewoonlik diegene wat Kapo’s word om hul eie bas probeer red en nie die moed het om teen die onderdrukker op te staan nie.

Joshua ·

Hierdie minister en sy rassistiese BEE tranformasie kwota sisteem ANC regime leef in issolasie.

HP Hattingh ·

So AgriSA julle sê Afriforum lieg vir die Boere!
Regtig? En julle? Julle sê die grondwet MOET eers verander word voor …
En as die grondwet eers verander is… – en alles dui daarop dat dit nie eens nodig gaan wees nie, vandaar die lys! – wat dan? Gaan julle dan die Boere beskerm teen… wel “Onteiening SONDER vergoeding”? Volgens julle lê dit mos ver in die toekoms en agter baie prosesse wat eers moet plaasvind… so ons hoef nie nou daaroor te praat of slapende honde wakker te maak nie… laat die paddas maar rustig kook!

corne ·

lol lol lol ja jy wil hulle uit die weg he omdat julle nie weet wie gepraat het nie.PS ons as afrikaaners het n gesegte waar n rokie trek is n vuurtjie.

Ryan ·

Ek is en was en sal altyd trots wees om deel te wees van Afriforum. Die regering is met hul broeke om hul enkels gevang deur Afriforum. Hulle kan dit op hul maag skryf dat Afriforum geisoleer gaan word. Mooi so julle! JULLE MAAK MY TROTS!

Rupert Ashford ·

Die publisering van hierdie lys mag dalk net die plase daarop red, mits die ou klomp wil voorgee dit is nie ‘n vooraf bekookte slenter nie (gegewe hulle optrede in die verlede twyfel ek maar). Shame on you AgriSA.

Danie ·

Afriforum – Doen wat goed en reg is vir die minderheid, julle is nog die enigste burgerregte organisasie wie werklik die voortou geneem het vir die minderheid, ons is bykans alreeds heeltemal uitgedruk uit alles om ons. Julle bly in die spervuur omdat julle openlik standpunt in neem. Julle is verantwoordelike mense en jul dade tot hede spreek vanself. Behou jul identiteit en karakter as burgerregte beskermers, dit is besig om julle na hoër hoogtes te neem waar ons julle nodig het as bedrewe en uitgesproke aktiviste vir menseregte en minderhede.
Agri Forum is ‘n kommersiele gedrewe instelling, wie lankal reeds net ‘n uitgesoekte kliek in die landbou sektor bedien en “diens”. Hulle verteenwoordig slegs 80 % van ‘n klein groep kommersiele boere (van die rykes). Hulle het lankal reeds tred verloor met die bestaans boere en wat werklik op die grond aan die gebeur is- Nee manne an dames, julle (Agri Forum) kan die Afrikaner nie meer “verlei”met julle danspassies en konserte al rondom die waarheid en realiteit. Dit het tyd geword dat julle (Agri Forum) eerder terugkeer na skoenmaker by sy leus.
Afriforum bly asb uitsnuffel en maak openbaar wat agter toe deure gekonkel word, dit is ware aktivisme en bewys jul manmoedigheid om na die belang van minderhede om te sien.

DanKriekDanKraai ·

Daar is nie so iets soos “Agriforum” nie. Dit is “Agri SA”.

Stuiwer ·

Na my mening, sal ‘n organisasie nie sommer ‘n lys bekendstel as hulle nie seker is van hul saak nie. Waar daar ‘n rokie trek…..

DanKriekDanKraai ·

Agri SA… ALMAL sien julle vir wie julle is! Heuel lekker saam met die korrupte ANC!

CR ·

Die mense van hierdie land het geen sê, die regering het hulle besluite al lankal gemaak en sal dit deurvoer. Ek hoor vanoggend dat grondonteiening alreeds by belastingberekeninge ingebring is.

lewies ·

Glo die ANC nou nog nie dat dit wat jy in die donker en agter toe deur doen van die dakke af verkondig sal word nie.

Oud Rhodie ·

Uitstekende kompliment vir Afriforum ! As hierdie korrupte regering hulle wil “isoleer” dan is hulle op die regte pad. Agri SA het nie by Zimbabwe se Commercial Farmers Union geleer nie. Hulle het destyds vir Mugabe se mooipraatjies geval en almal weet wat toe gebeur het….

Danie (2) ·

Dit is loutere snert dat Afriforum paniek gesaai het. Vir gerieflikheidshalwe gebruik Agri SA nou die bewoording paniek gesaai. Nee Agri SA gaan verkoop daardie “sweety” aan iemand anders, nie aan ons Suid Afrikaners nie. Afriforum het sy ondersteuners in die openbaar ingelig oor wat tot hul beskikking gekom het, wat reg was. Dankie daarvoor. Ons het lankal nodig dat dit gebeur. Ons is in die onlangse verlede met soveel “surprise” implementerings deur regerings ondersteunde planne uit oorle. Baie daarvan kan nie meer tot orde geroep word nie. Ek is self ‘n eienaar van ‘n stukkie grond waarop ek my daaglikse brood verdien en waarvoor ek hard gewerk het, my grond is ook op daardie lys, dit het my nie paniekerig gemaak nie. Ten minste kan ek voortydig na groep organisasies soos Afriforum gaan en gemoedsrus hê dat dit waarvoor ek jare lank hard gewerk het, nie sommer so deur ‘n geslepe proses van my weggeneem word nie. Die buite wereld moet ook sien wat die ware werklikheid is in ons land, dit is nie rose en maanskyn wat Agri SA saam met sy regerings bondgenoot aan die wereld voorhou nie.

Die Stem ·

Liewe minister: Ons weet almal waar jy staan. Dis nie nuus nie.
Liewe Afriforum: Hou aan om die bod te skuld. Ons wil sien wat alles uitval.

Hoekom is niemand so ontsteld oor n president wat die saak voor uit loop of enigsins oorweeg om grond te vat, soos oor die lys nie.
Kom CR, gee die regte lys.

Jerry ·

Die minister hoef die forum nie te isoleer nie. Die forum het homself reeds van sy bestaan af geisoleer met sy onversetlike standpunt mbt n eie volkstaat asook regse agenda van ondermynende inisiatiewe, skoorsoekende optredes en propaganda. Die forum was gewaarsku dat dit net n kwessie van tyd sal wees voordat die forum die gevolge gaan moet dra vir die buitelandse veldtogte en dit nou ook tesame met die verspreiding van n vals naamlys vir OSV. Introspeksie by die forum is dringend nodig gesien in die lig dat die forum vanaf sy bestaan homself geisoleer het en net vyande gemaak het en geensins saamgewerk het om oplossings vir die kwellende vraagstukke en ekonomiese uitdagings te vind wat alle Suid Afrikaners in die gesig staar. Deur net op Afrikaner belange te fokus en op ondermyning van nasionale inisiatiewe het gelei tot amperse selfbeskikking maar ook isolasie. Dit het voortgesette alleenbevoorregting teweeg gebring wat ook daartoe gelei het dat die belange geteiken was en steeds geteiken word deur die van wie die forum openlik vyande gemaak het. Gelukkig vir die Afrikaner kon die forum tot dusver net deels daarin slaag om n nie noemenswaardige klein groepie Afrikaners te betrek by die absolute groot gat waarin die forum hulself ingegrawe het!

Tiaan ·

Ja Jerry, ‘n geldstuk het twee kante. Maar wie is daar regtig wat namens die Afrikaner praat? Deurlopend word die Afrikaner aangeval en geteiken. Beteken dan om saam te werk met die regering verlossing in jou opinie? Gesonde verhoudings bestaan uit gee en ontvang, en jy sal sien dat die Afrikaner baie gee en die regering baie ontvang. Daar is nie ‘n balaans nie.

Santie ·

Ek glo eerlikwaar dat CR met sy rug teen die muur staan. Ek dink tog hy is ‘n goeie man. Hy moet almal in Suid Afrika gelukkig hou, en veral die Parlement. Dit gaan daaroor dat die EFF die onteiening sonder vergoeding aan hulle self wil toedig om stemme weg te kry van die ANC. Nou moet die ANC iets doen om te wys dit was nie die EFF se idee nie – om stemme te behou in die verkiesing. Behoede ons as die EFF moet wen! Dié dat dit goed is dat Agriforum ons ingelig hou. Ons het die reg om te weet wat aangaan. As ons witmense net kan saamstaan. Maar helaas, ons het al in die Groot Trek gesien dat ons net kan kla en dwars trek. Hoe hartseer.

Antoinette ·

Isoleer ons eerder in ons eie tuisland. Ons moet ‘n tuisland kry en vinnig ook.

Agri SA leiers kry beskerming ·

Agri SA se leiers se plase gaan nie afgevat word in ruil vir samewerking nie, hulle verraai ons.

Ansie ·

Ek stel voor al die boere neem GROOT verbande op hulle plase uit. Die regering kan dan daai verbande erf. Bele die verband geld in die buiteland sodat die regering nie hulle hande daarop kan le nie en bou vir jouself ‘n neseier om van te lewe as jou plaas onteien word. Of beter begrawe die geld op ‘n plek waarvan net jy en jou gesin weet.

Johanné ·

Wat is die ergste: Afriforum se sabotasie of die regering se diefstal om net te onteien??????

John ·

Agri is net so blind soos die DKM-bus wat sonder kopligte die wildernis ingeploeg het en glo samewerking, hande-vat, gaan hulle die baas van die plaas laat bly. Voedselsekerheid beteken geensins dat die wit boer sy plaas gaan laat behou nie, dit beteken heel moontlik dat iemand anders die bestuur oorneem en die oes soos die boer dit sou doen sal in. Hoor die woorde. Agri SA sit reeds vas in die val en hy dink hy is by die drive-in met ‘n gratis pak popcorn.

Dokter Prokter ·

RSA doen nou presies wat Zimbabwe gedoen het , en ons gaan net soos hulle opeindig!

Danie (2) ·

As mens Jerry se kommentaar lees kom dit duidelik na vore dat hy sy eie mening ander se menings wil maak. Jammer Jerry dit is hoe jou vennynige boodskap oorkom, dan vra jy mos vir reaksie.
Jy probeer ‘n tipiese boelie, “bulldozer” en afkrakings taktiek volg of toepas, daardie “tricks” werk lankal nie meer nie.
Suid Afrikaners en veral Afrikaans sprekendes is deesdae soos die spreekwoord sê : “Mooi gesond geword waar die hond hom gebyt het”. Die leermeester tyd het baie van baie van ons Afrikaans sprekendes wyser gemaak om ons kragte te begin saam snoer vir sake en belange van gemeenskaplike en kulturele belang.
Die oorgrote meerderheid Afrikaans sprekendes wil in harmonie leef met al die ander taal groeperings en kulture. Elke taalgroep en individu moet die reg en voorreg hê om hulself uit te leef in sy kultuur waarin hy/sy gemaklik en tuis voel. Wedersydse respek kan ons ‘n paar tree vorentoe vat.
Gun Afriforum ook daardie ruimte om dit uit te bou vir sy ondersteuners.
Die eensydige benadering deur ‘n ene Jerry hierbo spreek vanself.

Danie Acker ·

Die Minister kan homself nie eers isoleer nie. Wat AgriSA betref, vat ek loshande Afriforum se kant as ek die twee organisasies se suksesse, aksieplanne, insette en pogings vergelyk. AgriSA was nog deurentyd deur die regering geïgnoreer en afgejak. Afriforum het die regering op hul agterpote.

Jos ·

Ramaphosa die President het self bevestig dat daar ‘n lys van 138 plase is wat hulle teiken vir onteiening sonder vergoeding en hierdie minister wil dit nou saam met Agri S.A. ontken. Punt is, die ANC kan nie vertrou word nie, van Jacob Zuma tot Ramaphosa en al sy ministers. Hoe akuraat die lys is wat Afriforum gekry het is debateerbaar, maar dat daar ‘n lys is, is ondebateerbaar. Afriforum ons is trots op jul vasberadenheid vir regverdigheid soos in die grondwet uiteengesit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.